Foto’s: Vragmotorbestuurder sterf in botsing

Brandbestryders op die toneel. Foto: Netcare 911

Brandbestryders op die toneel. Foto: Netcare 911

ʼn Vragmotorbestuurder is Vrydagmiddag noord van Stellenbosch in die Wes-Kaap dood in ʼn botsing teen ʼn brug.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het omstreeks 15:00 op die N1-snelweg naby die Engen 1 Stop plaasgevind.

Die bestuurder van die vragmotor het beheer oor die voertuig verloor en teen ʼn brug voor die vulstasie gebots, waarna die vragmotor aan die brand geslaan het.

“Die bestuurder was in die kajuit van die vragmotor vasgekeer en kon eers bereik word nadat brandbestryders die brand in bedwang gebring het,” het Botha gesê.

Paramedici kon niks vir die man doen nie en hy is op die toneel dood verklaar.

Die presiese oorsaak van die ongeluk is onbekend en word deur owerhede ondersoek.

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

vra maar net ·

Wie ookal die berig geskryf het, ken duidelik nie die Wes-Kaap nie. Die ongeluk het net buite Kraaifontein gebeur. Dit is die brug by Joostenbergvlakte, nie buite Stellenbosch nie – soos beweer. Dis ‘n goeie ent weg. Jammer vir die bestuurder wat dood is.

AL ·

Is dit nie dalk n Ford Kuga vragmotor? Jammer vir die verlies van die vragmotorbestuurder.

Bertie Vorster ·

Regtig, nie die tyd vir grappies nie, iemand het ‘n geliefde op die mees ondenkbaarste wyse verloor en jy maak ‘n grap daarvan. Word groot assebliek.

Christa ·

Die bestuurder verloor nie beheer oor die voertuig nie – hulle jaag met die goed TOTDAT hulle dit nie meer KAN beheer nie!!

Bertie Vorster ·

Nou wat noem jy dit, sien 1+1 in jou verduideliking is 2, maar dit is duidelik jy weet nie hoe jy by daai antwoord uitgekom het nie. motiveer jou antwoord, of het mamma jou geleer 1+1 =2. Sorry motiveer beteken hoe het jy tot die gevolgtrekking gekom?

Rupert Ashford ·

Vir die wiskundiges: Sy se spoed dra by tot die beheer verloor. Eintlik maklik…

Skarnier ·

Daar is mense wie daar naby bly wat iets soos n slag gehoor het wat hulle vermoed dit moes n band wees wat gebars het. Kyk na die 2de foto en kyk watse beeld verskyn in die vuur

Jan maak n plan ·

Duidelik het die ongeluk in SA gebeur, want die fotograwe en pizza aflewering was op die toneel voor die brandweer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.