Foto’s: Vragmotors deur swaar winde omgewaai

‘n Vragmotor op die N2 by die Sir Lowry’s-pas wat omgewaai het (Foto: Verskaf)

Stormsterk winde wat in die Wes-Kaap woed, het Donderdagoggend daartoe gelei dat ʼn paar vragmotors omgewaai en paaie versper is.

ʼn Vragmotor is op die N1 net voor die Hugenotetonnel buite die Paarl deur ʼn stormsterk wind omgewaai.

Jandré Bakker, woordvoerder van die provinsiale departement van vervoer en openbare werke, sê niemand het beserings opgedoen nie.

Die N1 in die rigting van Worcester is vir verkeer gesluit.

“Stop-en-ry is van krag, geen swaar- of kombinasievoertuie is deur die tonnel toegelaat nie en die verkeer is na die Du Toitskloofpas herlei.”

Voertuie is ook op die N2 by Sir Lowryspas deur die sterk winde rondgeruk en omgewaai.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het aan die begin van die week ʼn kouefront vir die Wes-Kaap voorspel wat met swaar reën, sterk winde en koue gepaardgaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Moedeloos ·

Ek vrees altyd daai passe as die wind stormsterk waai in die Kaap

Renier ·

Suid Afrika se ekonomie is gedoem tot mislukking solank as wat die ANC-soustrein aan die beweeg is. Korrupsie en wanbesteding het ons die afgelope jaar die grond ingedryf.

Niklaas ·

Dis nie sommer ‘n briesie nie. Dis gròòt winde daai. Natuurkragte is iets ysliks

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.