[Foto’s] ‘Vreemde reuk’ lei tot reusevonds

Foto: Verskaf.

Twee mense is in Caledon in hegtenis geneem vir die onwettige besit van perlemoen ter waarde van sowat R5 miljoen.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê polisie het op ʼn wenk reageer en só die twee verdagtes vasgetrek. “Caledon-polisie het omstreeks 11:00 Vrydag ʼn klagte ontvang oor ʼn vreemde reuk wat van ʼn perseel in Ian Toerienstraat in die industriële gebied in Caledon afkomstig was,” het Van Wyk gesê.

“Hulle het die perseel deursoek en perlemoen, asook gaarmaak- en droogtoerusting aangetref. Twee verdagtes, onderskeidelik 29 en 32 jaar, is in hegtenis geneem.”

Volgens Van Wyk is 67 258 eenhede perlemoen aangetref wat sowat R5 miljoen werd is. “Ses 48 kg-gassilinders, 22 plastiekbaddens, een termometer, twee vlekvryestaalstowe, drie Jojo-watertenks (inhoudsmaat 1 500 l elk), een yskas, twee vrieskaste, 141 droograkke, ʼn digitale skaal en afkoelwaaiers is aangetref.”

Die verdagtes sal Maandag in die Caledon-landdroshof verskyn op aanklagte van die onwettige besit van perlemoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

John ·

?.. maar beslis vir die uitvoermark… of is dit wat bedoel word met die groei van ons see-ekonomie. Verseker sou geen uitvoerbelasting betaal word nie. En wat gaan nou met die reuse fonds gedoen word?

Mielie ·

Ek vra weer !!!!!!!!
Waar is die visserye inspekteurs en ondersoek eenheid wat sulke stroping moet voorkom ?????
Seker besig om strand hengelaars en kinders se visvang permitte na te gaan.
Bangbroekke !!!

SKANDE, DIE SEE LOOP LEEG

E.K. - ek sê net! ·

Nee Mielie, hulle is besig om omkoopgeld in hul bankrekenings te sit…. Dis ‘n ope geheim.

bgj van der westhuizen ·

die wat kla hulle maak n lewe uit die see is besig om vir hulle self dit swaar te maak wand as dit op is is dit op en alles gaan oor hoe gou hulle kan ryk raak

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.