Foto’s: Vrou erken dagga behoort aan haar

Foto aan Maroela Media verskaf deur die SAPD

Foto aan Maroela Media verskaf deur die SAPD

‘n 31-jarige vrou het in die hof erken dat 50 kg se dagga ter waarde van meer as R50 000 aan haar behoort.

“Lede van die narkotika-taakspan het Dinsdag omstreeks 15:45 inligting ontvang dat dagga in Umbilo in Durban verkoop word,” het kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie in KwaZulu-Natal, in ʼn verklaring gesê. “Die lede het op inligting reageer wat deur misdaadintelligensie in die gebied bekom is.”

Volgens Zwane het die polisie ʼn klopjag uitgevoer op ʼn huis in Brisbaneweg en emmers en swartsakke vol dagga is in die motorhuis opgespoor. “Drie vroue tussen 21 en 49 jaar oud is in hegtenis geneem op aanklag van dwelmhandel,” het hy gesê.

Die verdagtes het Woensdag in die hof verskyn waar Thandiwe Pamela Ngcemu (31) erken het die dagga behoort aan haar. Die ander twee is deur die hof vrygelaat. Ngcemu is vrygelaat op borgtog van R2 000 en die saak hervat op 15 Augustus.

“Dit is duidelik dat lede van die SAPD hard werk om dwelmhandelaars aan te keer,” het lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, provinsiale polisiekommissaris, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.