[Foto’s] Vrou sterf ná kar onder trok beland

Die motor wat teen die vragmotor gebots het. Foto: ER24

Die motor wat teen die vragmotor gebots het. Foto: ER24

ʼn Vrou is dood en twee mans ernstig beseer toe die motor waarin hulle gery het teen ʼn vragmotor in Johannesburg gebots het.

Volgens Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het die botsing Woensdagaand by die kruising van die N12 en R28 in Westonaria plaasgevind.

“Die vrou was reeds dood met paramedici se aankoms op die toneel. Een van die mans was in ʼn kritieke toestand en een in ʼn ernstige toestand,” het Vermaak gesê.

Die mans is met die hulp van ander nooddienste uit die voertuig se wrak gehaal. Hulle is op die toneel gestabiliseer en na die Carletonville- en Chris Hani Baragwanath-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die oorsaak van die botsing word ondersoek.

Foto: ER24

Foto: ER24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Uncle Buck ·

Wil vir my al voorkom of die motor ‘n hou op sy regterkant ook weg het wat nie deur die trok kon veroorsaak gewees het nie

Ruby ·

Uncle Buck, nog nie gehoor dat ‘n motor kan tol nie?

My innige meegevoel aan almal betrokke.

Irene Myburgh ·

Die merke aan die deur is dalk gemaak deur “jaws of life” om die mense uit die wrak te kry.

Louis ·

Ek sal graag net wil weet hoe word bestuurders getoets vir hulle kode14 lisensie.Ons het ń nuwe trok gekoop en sukkel om ń volwaatdige bestuurder te kry.

Sam ·

Hi Louis
In NZ doen mens jou lisensie deur bestuurder maatskappye. Dis so een dag kursus. Die grap is as jy kan vorentoe, en stop en indikators gebruik dan kry jy jou lisensie. Dan klim jy in en begin bestuur. Ek het my trok en trailer lisensie so maklik gekry, die verkeersman het my agter uit laat ry deur te se wanneer ek die stuurwiel links en regs moet draai. Ek het ‘n jaar se ondervinding en ek leer elke dag iets by. Jy sal self daardie persoon moet oplei en dan moet jy as eienaar ook die pad saam met die bestuurder stap. Bv motiveer hom, Maak seker hy verstaan sy veiligheid is belangrik vir jou, en as daar ongelukkies is, onthou dis nie altyd maklik om dit te vermy nie, veral nie waar RSA onbeheerbare motoriste het nie. Beloon die mens met ‘n bonus, dan sal jy ‘n betroubare getroue bestuurder nehou. BAIE sterkte.

Retief ·

Ons gee almal hoog op oor Afrikaans, maar hoekom praat ons dan van ‘n “trok” as ons “n “vragmotor” bedoel? Mens kan mos nie die Engelse “truck” net so klakkeloos vertaal nie!

Landi Slatter ·

Dagsê Retief

Dankie vir jou terugvoer. Die woord “trok” word informeel (raadpleeg byvoorbeeld HAT 6) algemeen aanvaar as ʼn sinoniem vir “vragmotor, lorrie”.
Die woord “trok” word gereeld in opskrifte by mediaberigte gebruik, ter wille van spasie en leesbaarheid. Die woord “vragmotor” word telkens op Maroela Media in die teks gebruik.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Penellope Jones ·

Dis so tragies dat een persoon haar lewe verloor het en twee ander ernstig beseer is in hierdie ongeluk!

Ek verstaan egter nie dat die opskrif meld dat “kar onder trok” beland het teenoor die
berig wat meld dat “motor teen vragmotor bots” nie, dis verwarrend.

Die opskrif en berig is egter verwarrend omdat dit verskillende dinge weergee.

Renette ·

Ek wil net vir almal wat altyd die trok en trokdrywer blameer reg help, ons bly op n plattelandse dorp waar honderde trokke hulle basis het met die gevolg ons dorp en omliggende paaiebis altyd besig met veral trokke. Julle kan nie glo hoeveel ongelukke word veroorsaak deur onverskillige moer bestuurders en nie deur die trokdrywers nie

Sam ·

Dis hartseer. Ek kan sien dat daardie trok korrek gemerk is met oranje weerkaats band. Dis nie maklik vir vragmotor bestuurders in RSA waar hoë snelhede en onbevoegde mense rond rits nie. En ek het baie ervaring waar karre sommer net voor jou inry en dan nie genoeg versnel nie, dis moeilik om met ‘n 40Ton vrag te stop vir onbedagsame bestuurders. Ek weet nie wat hier gebeur het nie, maar baie sterkte aan almal wat betrokke is, dis werklik hartseer.

Baie dankie Renette, ek stem saam met jou oor die motor bestuurders.

rina ·

hare kloof oor suiwer afrikaanse woorde is nie hier ter sprake nie, daar is ‘n mens dood in die ongeluk en 2 ander ernstig en kritiek beseer, kom ons fokus op dit eerder, los die alewige gestry om te bewys ek is beter as jy as dit kom by dit of dat

Willie ·

Dit is ongelooflik dat daar twee mense lewendig uit daardie wrak gehaal is.

amanda strauss ·

daardie kruising is n bja gevaarlike kruising…ons bly so 5km van daar af…die probleem is mense gehoorsaam nie padverkeers reëls nie. stop net wanneer hulle wil so 1 van die 2 het nie gestop nie…ons het dit die kruising van die dood genoem…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.