[Foto’s] Vroue, kinders uit bordeel gered

Die mans wat op die perseel gevind is en ondervra word. Foto: Valke

Die mans wat op die perseel gevind is en ondervra word. Foto: Valke

Die Valke het Vrydagoggend op ʼn bordeel in Klerksdorp in Noordwes toegeslaan.

Kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die Valke, het gesê 26 vroue, insluitend verskeie kinders, is uit die bordeel gered. Volgens Rikhotso is hulle tussen 14 en 37 jaar oud. Die vroue is van provinsies van regoor die land afkomstig.

Rikhotso het gesê 19 mans wat op die perseel gevind is, word tans ondervra. Een van die mans is glo ʼn Nigeriër. “Die Valke het ʼn wenk ontvang dat die perseel as ʼn bordeel bedryf word deur buitelanders. Niemand is nog in hegtenis geneem nie, maar ons is op soek na die beweerde meesterbrein.”

Die vroue wat uit die bordeel gered is. Foto: Valke

Die vroue wat uit die bordeel gered is. Foto: Valke

Volgens Rikhotso staan die departemente van maatskaplike ontwikkeling en binnelandse sake, die polisie en die Nasionale Vervolgingsgesag hulle by in die ondersoek. “Die departement van maatskaplike ontwikkeling sal seker maak die slagoffers kry die nodige mediese bystand en sielkundige hulp soos nodig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

26 Kommentare

jongste oudste gewildste
Johanna Botha

Dit ook nog !

Cas

Ai….. Word hulle nou gesteur wyl hul besig is met versoenings werk!!!!

Buitestander

Waar gaan dit eindig?

GES

Dit is so opmerklik dat elke keer as daar op bordele, mensehandel, en verdowingsmiddels misdade toegeslaan word is daar altyd sekere mense van ʼn sekere nasionaliteit betrokke. Ontvang hulle opleiding in hulle land van herkoms? Dit is ook opmerklik dat Suid-Afrilaners op ʼn baie kleiner skaal betrokke is.

Simon

Die Nigeriers is altyd besig met plannetjies om geld te maak.

Wie het nou aan daardie idee van geldmaak gekom.

Ek sou nie in n maand van Sondag op die idee gekom het nie.