[Foto’s] Vrystaat-boere loop deur onder veediewe

WAARSKUWING: Die foto’s onderaan die berig is grafies van aard en kan sensitiewe lesers ontstel.

Argieffoto

Argieffoto

Boere in die Steynsrus-gebied in die Vrystaat het die afgelope paar weke erg onder veediefstal deurgeloop, met tientalle vee wat brutaal op plase geslag en weggedra is.

Arnold Smith, ʼn plaaslike inwoner en dominee by die NG Kerk Steynsrus, het aan Maroela Media gesê veediefstal kom nou so gereeld in die gebied voor dat baie boere dit nie eens meer by die polisie aanmeld nie. “Dit is ʼn krisis in ons gemeenskap, wat groot emosionele en finansiële skade veroorsaak. Daar is net so baie diere wat doodgemaak word dat dit nou ʼn alledaagse gebeurtenis word,” het hy gesê.

Smith vertel van drie gevalle waarvan hy bewus is oor die afgelope drie weke toe skape uit plase deur grensdrade aangejaag is en naby die pad geslag word. In een geval is 23 skape, waaronder top-teelramme, tot naby ʼn treinspoor gejaag en daar geslag. In ʼn tweede geval is meer as 20 skape op ʼn plaas in die gebied in ʼn kamp vasgekeer en geslag.

“Hulle het Saterdagaand weer op ʼn plaas op die pad tussen Lindley en Steynsrus 31 skape geslag. Dit was almal dragtige ooie en die binnegoed en fetusse is net daar gelos,” het Smith gesê. “Dit was ʼn aardige gesig. Mense besef nie die trauma van hierdie voorvalle nie, omdat dit so baie gebeur. Hulle aanvaar dit net as ʼn deel van boerdery, maar dit is eintlik baie traumaties. En hierdie is maar net in die Steynsrus-omgewing, hoe gaan dit nie in die res van die provinsie nie?”

Konst. Peter Kareli, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die 31 ooie wat geslag is, was meer as R74 000 werd. “Dit was die tweede geval van veediefstal in Steynsrus daardie aand. Vroeër die aand is twee Bonsmara-beeste ter waarde van R41 000 op ʼn ander plaas gesteel,” het hy gesê.

Navorsing wat Willem Lombard en Hermias van Niekerk aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) se departement van landbou-ekonomie in 2015 gedoen het, toon Vrystaatse boere ly jaarliks meer as R144 miljoen se direkte skade weens veediefstal. Wanneer bykomende aspekte, soos die koste van verhoogde sekuriteitsmaatreëls in ag geneem word, kos veediefstal die provinsie se boere meer as R182 miljoen per jaar.

Volgens die navorsingsverslag kom die meeste voorvalle van veediefstal in die Lejweleputswa-distrik voor, wat onder meer Welkom, Bothaville, Dealesville en Bultfontein insluit. Die Moqhaka-distrik, wat Steynsrus insluit, is reg langs die Lejweleputswa-distrik geleë.

Smith het gesê ʼn biduur sal Woensdagaand om 18:00 in die NG Kerk Steynsrus se saal gehou word oor die hoë voorkoms van veediefstal en –slagtings in die gebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Justa ·

n Siek land met baie siek mense. Voel niks vir mens of dier nie.

Johann ·

baie lelik om te dink iemand wat iemand anders se skape steel is n dief? Aikona.is dit nie maar net NOG n toepassing van die voorbeeld wat Zuma en trawante stel as hulle die land se staats kaste plunder nie? vat want ek wil en ek mag en ekt n verskoning en ekt pelle wat saam stem want hulle doen ook so.en as jy DURF my aanspreek is jy n rassis OF steeds apartheid se skuld.Interessant dat ons honger,miskende, ontneemde voorvaders na die wreedhede van konsentrasiekampe NIE gesteel en geplunder en verwoes en gemoor en verkrag nie.Al het hulle AL die rede in Gods genade gehad om dit wel te doen. NEE.hulle het GEWERK om te lewe en aan te hou leef. Maar dit word ontken in geskiedenis boek.Want sien in my oe en die wat n Vader in die hemel bely is iemand wat moor…n moordenaar…wat steel…n dief…wat verkrag…gelyk aan n dier wat sy instikte uitleef…en KULTUUR iets wat ek in taal en daad op trots is! GATVOL vir hierdie aanslag op mens en dier en eiendom in die naam van disadvantaged en rights en freedom en demokrasie. Demokrasie is in kern dit: die keuse van assosiasie EN/OF disassosiasie met wie en wat saam met my in n gedefinieerde konteks funksioneer. En ek KIES om NIE geasosieer te word met wat in ons kele afgedwung word as die enigste opsie.

D ·

Nee, net so siek soos hulle regering. Korrupsie, bedrog aan die orde van die dag.

Jan maak n plan ·

Irene dus duidelik dat jy nie boer nie. Ons het nie vee om ander kos te gee nie maar ons het vee om self te kan oorleef en n inkomste uit ons grond te probeer maak. Doen ons dit nie dan het ons nie n inkomste nie en die regering voer dan net eenvoudig dit wat hulle kort van die buiteland in.

Flibo ·

Help ook nie jy vang die kriminele nie. Hulle kom op goedkoop borg uit en se net in die hof hulle het dit gedoen omdat hulle families honger ly, dan is hulle vry en terug op straat. Dis siek !!! En dit gaan net erger word. Sterkte boere !!!!

Ander Koos ·

Baie sleg, nou nie net boere wat vermoor word nie, maar ook hulle vee Veediefstal was nog altyd daar, maar die skaal hiervan raak krisis en bedreig boere se voortbestaan, wat ook sommer die anc help in die toepassing van hulle beleid oor grond.

Koos ·

Goed om te bid maar doen ook kry die boere bymekaar en trek die skelms vas en moet asb nie so dom soos die Parys boere wees nie.

Koorsanger ·

Maak hulle bang met die tokolossie. Spookstories hou moeilikheidmakers van plase af weg.

Duitswes ·

Vrinne, AfriForum, Solidariteit, Steve en Jan Alleman wat kontakte en familie in die buitelande het (veral Europa, VSA, Midde Ooste en Asie) gebruik tegnologie (YouTube, ens) tot sy greintjie en basein kloksgewys hierdie anargie en misdaad teen die mensdom uit. Dit is tyd dat die wereld ons stem hoor maar ook die harde werklikheid in beeld sien want sien is glo. Te lank verdra ons die skeinbeeld van ‘n demokratiese wetgehoorsame land en funksionerende regering terwyl die werklikheid van as en hartseer spreek.

Berhalet Beukes ·

Jy is doodreg, dit is presies wat ons moet doen. .. Maar, glo my… Dié wat dit doen word deur buitelanders wat dink hulle ken ons land se politiek beter, vertel dat ons nie ‘n idee het waarvan ons praat nie. Só asof hulle hier grootgeword het, apartheid en die oorskakeling na ‘n demokrasie beleef. Só asof hulle hier woon om te sien watter slagting hier aangaan. Só asof hulle dan nou self die slagoffers van apartheid was. Só asof hulle enigsins die mentaliteit van die Suid-Afrikaanse menigte verstaan. Buitelanders vertel jou graag dat alles wat nou gebeur die resultaat van apartheid is en dat ons “white supremists” is wat alles op ‘n skinkbord gekry het. Dat ons erkenning moet gee en berou moet hê (of jy nou deel daarvan was of nie) Dat ons moet vergeet van die huidige korrupsie, dis nie so erg soos apartheid nie. Nou ja, dan krap ‘n mens jou kop en wonder van watter planeet hierdie selektiewe denkers dan nou eintlik vandaan kom? Die internasionale media hou al hulle skapies in een kraal. Keer op keer verdwyn Suid-Afrikaanse berigte as ‘n mens ‘n “link” op veral die gewilde internasionale sosiale webblaaie (met miljoene aanhangers) se kommentator afdelings plaas of dit word summier geblok en die wys “error” as jy daarop klik. Maar ons vir jou Suid-Afrika… Sal ons aanhou veg!

ig ·

Moenie vergeet van die manne wat veronderstel is om ons te beskerm se betrokkenheid nie.In sommige gevalle is Wolf Die Skaapwagter.

Johann Marx ·

Dit is wat gebeur as die ekonomie knak, ‘n droogte ons tref, en die supermarkte steeds mense uitbuit. Die ekonomie is swak…..as gevolg van die regering en sy trawante en ondersteuners se aksies (of gebrek daaraan) in hierdie land. Die droogte is ‘n feit, en kom in ‘n sewe jaar siklus…en moes voor voorsiening gemaak word, maar is nie gedoen nie, want ons swak geld-eenheid kan nie genoeg mielies invoer om die vee-kuddes te voer nie. En dan…..die boer kry ongeveer R20 op die hoef vir sy skape by die veiling……en die Supermarkte wat die karkasse koop, opsny en op ‘n polistireen bakkie uitstal….vra R129/kg daarvoor. Wat se waarde het hulle toegevoeg om daardie pryse te regverdig? Ek’s ook lus en steel skaap…..

Leeukop ·

Dit is die monopolie supermarkte en die reguleerders in die regering wat die publiek so uitbuit. Hulle buit boere ook uit.

christine ·

Hiers so baie sterk jong seuns wat kan help in die land. Afrifoum kan ook help. Ons moet voedselsekerheid kry en gister al. Die stomme boere kannie meer nie eers die droogte en nou dit, hoe gaan hulle anders hul kuddes opgebou kry kom aan stadsjappies julle verniet hulp sal waardeer word seker sal hulle jou kos gee en miskien ook slaap plek. Gaan vind uit waar julle kan help. By die kooperasies sal julle hulle kry dis dieoomies met trokkies en hoede vra hulle hoe jy kan help

Johannes Meintjes ·

Hoeveel van ons hier is aktiewe lede van die plaaslike Buurtwag, Plaaswag, GPF of ander Burgerlike Beskermingsinstansie, elkeen in ons eie omgewing, wat daadwerklik bydra tot misdaadvoorkoming en misdaad ontmoediging?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.