Minstens vier mense is naby Welkom in die Vrystaat dood toe ʼn Interkaap-bus in ʼn stilstaande vragmotor vasgery het.
“Minstens 56 persone is met verskeie beserings na ʼn hospitaal in Welkom geneem,” het ao Malebo Khosana, woordvoerder van die polisie in die Vrystaat, gesê.
Die Interkaap-bus, met 54 passasiers en drie personeellede aan boord, was op pad na Kaapstad toe die ongeluk omstreeks middernag plaasgevind het. Die vragmotorbestuurder het glo stilgehou om te bepaal waarom ʼn bakkie in die middel van die Virginia-pad stilstaan, toe die bus die vragmotor van agter getref het. Volgens Interkaap het die vragmotor verf vervoer.
“Die busbestuurder en sy assistent is op slag dood,” het Khosana bygevoeg. Hulle liggame moes met meganiese toerusting uit die wrak gesny word.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het intussen aan OFM gesê nog twee persone het ook aan hul beserings beswyk.
Volgens ʼn verklaring deur Interkaap is slegs drie van die beseerdes nog in die hospitaal. Die res van die passasiers is glo reeds weer op pad na Kaapstad.
Khosana het gesê die bakkiebestuurder het stilgehou toe hy iets in die pad sien lê, wat hy aangeneem het is ʼn persoon. Hy het egter binnekort bepaal dit is bagasie, en nie ʼn persoon nie.
Dit is verstaanbaar……Toe ons nou terugkom van vakansie in KZN het ons gesien hoeveel bestuurders van trokke en van die busdienste is op hul selfone wanneer hul bestuur…feitlik elke drywer bestuur met een hand dié ander een hou die foon vas…..kommerwekkend
My kind het met Interkaap van Bloem af gery … gelukkig deur die dag …
Ek en my vrou het op 14/12/2014 van Midrand na Upington to gery en dit was wonderlik hoe die personeel opgetree het.Dit was ons eerste maar mie die laaste