[Foto’s] Vrystaat-ongeluk eis tien

Nooddienste op die toneel. Foto: ER24

‘n Foto van die toneel. Foto: ER24

JONGSTE: Die dodetal het intussen gestyg. Lees hier.

Tien mense is Vrydag dood en talle beseer nadat ʼn bus met sowat 42 insittendes verskeie kere in die Golden Gate-natuurreservaat in die Vrystaat gerol het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het omstreeks 11:50 op die R712  plaasgevind.

“Dit is nog nie bekend wat tot die ongeluk gelei het nie, maar die bus het die pad verlaat en verskeie kere teen ʼn skuinste afgerol,” het Botha gesê. Verskeie mense is uit die bus geslinger terwyl dit gerol het.

Nege mense was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. Die beseerdes is op die toneel behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem. ʼn Pasiënt wat kritiek beseer is, is by die hospitaal dood. Volgens onbevestigde gerugte is dit ‘n Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag-bus.

Die polisie ondersoek die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Annika ·

Ek het NET gister daardie pad gery!!! Die 8.8km bergpas voor jy by Golden Gate kom, is verskriklik vol draaie en is eintlik nie gemaak vir ‘n bus nie. Sjoe … daardie afgronde is ook iets om mee rekening te hou.

Lida ·

As jy die berig gelees het sou jy kon sien dit is n weermag bus.

Jan maak n plan ·

Nou van wanneer af die die weermag met n bus “sight sighing” in die Golden Gate met n bus.
Proudly wer South Africa.

Kode 14 ouhand ·

Kyk bietjie oral in die nuwe SA se toets terein word die kanidaat met n Canter voertuig getoets. Dit gee hom kode 10 lisensie. Met die lisensie skuif hy/sy agter die stuur van die grootste viertuig in die kode 10 klas. Ondervinding niks.
Met nuwe toetse word jy VERBIED om jou hande van die stuurwiel af te haal om terug te rat om die voertuig se spoed te verminder. Jy MAG net die voetrem gebruik. Dis waarom hul praat van weg hol voertuig. Die remme op n swaarvoertuig is daar om die swaar ding dood te laat stop die laaste 3m of minder by n stop straat of so. Ratte moet gebruik word soos voor 1996 om n swaarvoertuig stadiger te laat ry en bulte te sak.
As jy nie oefen voor jou lisensie dag hoe im ratte te gebruik nie sal jy NOOIT n betgpas veilig kan sak nie.
Ek stel net bestuurders aan wat Kode 14 gekry het voor 1998. Die “NUWES” KAN NIE BESTUUR NIE HUL RY N VOERTUIG.

c de beer ·

Stem saam met bogenoemde,kode 14 se uitpasering is die grootste grap .Toetse word gedoen met lee vragmotor,op toetsterrein,in een rat teen 40 km/u deur paar strate in dorp.Dan klim daardie selfde man agter die stuur van n interlink met 30 ton plus in en moet dan bergpasse en verkeer aandurf.Dit is net so goed n vliegtuig loots kwalifiseer met n ha

nglider en gaan vlieg dan boeings.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.