JONGSTE: Die dodetal het intussen gestyg. Lees hier.
Tien mense is Vrydag dood en talle beseer nadat ʼn bus met sowat 42 insittendes verskeie kere in die Golden Gate-natuurreservaat in die Vrystaat gerol het.
Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het omstreeks 11:50 op die R712 plaasgevind.
“Dit is nog nie bekend wat tot die ongeluk gelei het nie, maar die bus het die pad verlaat en verskeie kere teen ʼn skuinste afgerol,” het Botha gesê. Verskeie mense is uit die bus geslinger terwyl dit gerol het.
Nege mense was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. Die beseerdes is op die toneel behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem. ʼn Pasiënt wat kritiek beseer is, is by die hospitaal dood. Volgens onbevestigde gerugte is dit ‘n Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag-bus.
Die polisie ondersoek die ongeluk.
- Die bus wat op 19 Augustus 2016 in die Golden Gate-natuurreservaat in die Vrystaat gerol het Foto: Via @kopereend / Twitter
- Die bus wat op 19 Augustus 2016 in die Golden Gate-natuurreservaat in die Vrystaat gerol het Foto: Via @kopereend / Twitter
- ‘n Foto van die toneel waar ‘n bus op 19 Augustus 2016 in die Golden Gate-natuurreservaat gerol het Foto: ER24
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
9 Kommentare
Ek het NET gister daardie pad gery!!! Die 8.8km bergpas voor jy by Golden Gate kom, is verskriklik vol draaie en is eintlik nie gemaak vir ‘n bus nie. Sjoe … daardie afgronde is ook iets om mee rekening te hou.
Dis tragies. Sterkte aan die families.
Die bus het ‘n militêre nommerplaat.
So jammer. Meegevoel met die wat agterbly.
Nou van wanneer af die die weermag met n bus “sight sighing” in die Golden Gate met n bus.
Proudly wer South Africa.