Foto’s: Vrystaat se verskroeide aarde

‘n Skilpad wat van die vlamme ontkom het. (Foto: Johan Barkenhuizen)

WAARSKUWING: Die berig bevat inhoud wat sommige lesers kan ontstel.

Mense het hul harte oopgemaak vir boere in die Vrystaat wat die afgelope paar dae steier onder talle veldbrande.

ʼn Brand wat Donderdagaand tussen Boshof en Kimberley in die Noord-Kaap opgevlam het, is in die vroeë oggendure in bedwang gebring.

Meer as 100 000 ha is in die afgelope paar dae verwoes, verskeie mense is ernstig beseer en tientalle strukture het in die slag gebly.

Johan Barkenhuizen, ʼn Wes-Kapenaar wat spesiaal na die gebied gereis het om hulp aan te bied, het gesê die brande woed oor ʼn uiters groot gebied.

“Dit is onwerklik,” het Barkenhuizen die duisende hektaar verskroeide aarde beskryf.

Hy en sy seun is deel van die vrywilligers wat help om brande te blus of selfs net water aan te ry.

“Hier is baie voer wat reeds afgelewer word. Hulp kom van oral, selfs van plekke soos Calvinia wat self sukkel weens die droogte. Mense maak hulle harte oop.”

In een geval het ʼn barmhartige samaritaan ʼn vrag lemoene en nartjies gestuur wat as voer vir beeste gebruik kan word.

Op video’s kan duidelik gesien word hoe wyd die skade weens die brande is.

Sommige van die boere in die streek het hulle hele kuddes verloor. Duisende hektaar weiding het afgebrand, pype na damme het weggebrand wat beteken damme het drooggeloop en water moet nou aangery word, lyndrade is verwoes en erg verbrande diere moet van kant gemaak en begrawe word.

“Die manne trek swaar …” het Barkenhuizen gesê.

Andrea Campher, ramprisikobestuurder van Agri SA, sê die brande het ook na dele van die Noord-Kaap en Noordwes versprei.

“Die plaaslike boereverenigings is besig om skadebepalings te doen en die omvang van die skade te bepaal,” het sy gesê.

Volgens Campher word die organisasie oorval deur oproepe van mense wat enigiets van vervoer tot geld en voer wil skenk. Sy sê talle van hul lede het hul ook gekontak om te vra vir hulp.

“Die prentjie van die brande het mense se hartsnare geraak,” het sy gesê.

Trevor Abrahams, besturende direkteur van die organisasie Working on Fire (WoF), het Donderdagaand gesê verskeie verenigings bied onder meer lugsteun om die brande te bestry, terwyl tientalle brandbestryders op die grond help om die situasie in bedwang te hou.

“Ons wens alle grond- en lugbrandbestryders net die beste toe en vra lede van die publiek om veilig, waaksaam en versigtig te wees. Ons gedagtes is saam met julle almal,” het Abrahams gesê.

Vir baie boere is die brande nóg ʼn bittere terugslag. ʼn Uitbreking van bek-en-klouseer, die Covid-19-pandemie en die gevolglike afsonderingstyd en nou die verwoestende brande eis hul tol op die gemoed.

Henk Maree, woordvoerder van die burgerregtegroep AfriForum, sê talle organisasies werk in hierdie stadium saam om hulp te koördineer.

“Die reaksie was onbeskryflik goed en mense maak ongelooflike bydraes. Ons wil mense aanmoedig om asseblief aan te hou skenk. Die behoefte is groot.”

Maree sê danksy die onderlinge samewerking tussen organisasies kan ʼn skenking van voer aan een organisasie byvoorbeeld blitsig danksy ʼn ander organisasie met beskikbare vragmotors, aangery word.

“Die samewerking is uitstekend,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Zandra ·

ek sien manne soos Malema en Bheki is doodstil, wonder hoekom

Persheks Adri ·

Skuldig beslis! Hulle worrie nie oor ons nie. Rig net skade aan en plunder maak my siek

Pieter ·

Prof Thuli Madontsela ook. Vinnig reaksie gelewer oor die boere se gedrag by die hof in Senekal. Het nie meer respek vir haar nie, sy wys haar rassisme.

Anel ·

En die regering en die lot wat die oorsaak was is so stil soos die graf. Maar nou ja, ons kom nog altyd sonder hulle klaar. Sal nogsteeds. En as alles weer voorspoedig is, kom staan hulle bakhand. Hulle vermoor ons mense, brand en verwoes alles en dan verwag hulle ons moet vir hulle sorg!!! Baie stetkte aan elke boer in hierdie land.

Kokerboom ·

Ons lewe in gevaarlike en hartseer tye. Dit alles te danke aan die siek ideologieë van die ANC.
Dis NOU tyd dat ons saamspan en voorsorgende strategieë in plek stel. Die verwoesting is nie ydele waarskuwings en moet nie ligtelik opgeneem word!!My innige meegevoel met diegene wat so swaar getref is

Jojo ·

Ek haal my hoed van my kop af kruis my hande voor my bors sak op my kniee net soos manne sou doen want eks n Boer vrou en kyk maar net op na Bo. Want my Vader verstaan trane in 2020. n Jaar wat vir menige tot einde moet Kom…

Maggies ·

Hierdie dorps vrou stem met jou saam. Dit breek my hart om alles te sien, te luister. Groot mans wat huil. Al wat ek kan doen is saam bid. Sterkte aan al die boer vrouens, hul hele gesin, grond en besittings is in my gebede.
Mag God ons genadig wees.

Dries ·

Kan al die wit linkses wat ‘n maand of so terug te kere gegaan het oor die brande in California, in Amerika (‘n land waarin ons nie bly nie, en wat ‘n veer voel vir wat hier in SA gebeur) asseblief nou net so groot bohaai maak oor hierdie brande op julle eie drumpel.

Snowball ·

Ek stem saam, waar ek bly het hier ‘n plakkerskamp in die omgewing ‘n jaar of wat tot op die grond afgebrand, toe moes jy sien hoe spring die dames in die ‘estate’ rond om donasies in te samel en te gaan instop – gister plaas iemand Afriforum se Pak ‘n Boks vir ‘n Boer veldtog, ter hulp van die slagoffers van die brande en die reaksie is doodse stilte, nie een samaritaan nie …. asof hulle bang is om hulle eie soort te help.

Andries ·

Gaan lees gerus Nahum 1 of sommer die hele boek en Habakuk ook

Jacobus ·

Comrade Cele – die aanstigter van die soort vernietiging MAG nie nog ‘n sekonde vryloop nie.

Diva ·

Oh mense my hart is stukkend saam met die boere en gesinne. Ons volk gaan le nie.

Mieke ·

Nou wonder ek of dit sal help om ‘n nasionale fonds te stig op ‘n permanente basis vir boere wat deur die nood getref word deur vrywilliges van SA. Sodat wanneer daar weer so-iets gebeur dat daar reeds geld beskikbaar is wanneer daar weer nood kom. Ons het nie die ANC nodig nie.

Cecilia ·

O nee hel d korrupte ANC en EFF sal wel hulle vuil vieslike hande op n manier op daai fondse kry.

Mariana ·

Dit is nie in ons aard om net te gaan lê nie, ons sal weer opstaan en met God se hulp nog sterker raak.

Cecilia ·

My hart skeur in 1000de stukkies.
Nog steeds geen woord vd regering nie. Wonder waar dink hulle gaan hulle vlgnde pap en vleis vandaan kom? Seker uit Checkers bokse?
D verskroeide aarde laat my terugdink aan toe d Engelse d boere se plase so afgebrand het met d boere oorlog. Vrouens en kinders verkrag en in konsentrasie kampe gegpoi het en d boere mans doodgemaak het.
Al verskil is nou is dit ons eie regering wat bankvas staan agter d krimenele en d EFF wat hul opsweep om aan te gaan.
Vreeslik hartseer

Miskruier ·

Ek staan verstom oor die hulp wat aangebied word, vanmore op die GPF groep word gevra vir 5 inter-link trokke om voer van ons dorp in Limpopo aan te ry. 5 minute later is dit voorsien. God met ons.

Friedrich ·

Ek dink dis EFF lede wat so skade maak. Hulle leiers bende moet toegesluit word, en die EFF moet verban word. Die is wat hulle haat spraak veroorsaak.

Gert Johannes ·

My liewe vriend. die EFF is in diens vd ANC en word deur hulle betaal en kry hulle vondse van linkse geldmag. Ons moet die geveg daar begin. Het jy ooit gesien die polisie tree op teen EFF met die Klicks debakel, so beplan en opdrag gegee.

Friedrich ·

Manne, staan saam. Verbied die EFF lede om enige kos te koop. Dan sien ons wat maak hulle as die pap potte leeg is. ????????????????????

Gert Johannes ·

Ek is op my knieë vir ons BOERVOLK, maar ook dankbaar vir soveel wat na hulle uitryk, ons loof en prys SY GROTE NAAM daarvoor. HY is ons enigste HOOP, TROOS en REDDING.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.