Foto’s: VSA-oorlogskip maak Kaapse draai

(Foto: Darren Bergman, Facebook)

Die USS Hershel “Woody” Williams-oorlogskip het dié week ’n draai by Kaapstad gemaak as deel van ’n geskeduleerde hawebesoek en om die goeie verhouding tussen Suid-Afrika en Amerika ten toon te stel.

Tydens die hawebesoek van dié Lewis B Puller-skip word brandstof en voedselvoorraad weer aangevul. Bemanningslede het ook gedurende die besoek maritieme veiligheid probeer bevorder, deur nou saam met hul Afrika-vennote te werk.

Na afloop van die hawebesoek het die skip Woensdag vertrek en gaan nou voort met sy geskeduleerde ontplooiing as deel van die vlootmagte in die Europa-Afrika-operasiegebied. Die skip bied hoofsaaklik humanitêre en rampverligting.

Suid-Afrikaanse regeringsamptenare en lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het die geleentheid gehad om die skip te besoek.

(Foto: Darren Bergman, Facebook)

Volgens ’n verklaring uitgereik deur die Amerikaanse vloot, het kapt. Chad Graham, bevelvoerder van die skip, gesê hulle stop gereeld aan die Suid-Afrikaanse kus om hul toewyding aan hul Suid-Afrikaanse eweknieë te toon. “Dit wys ook ons is verbind aan die kwessies van wedersydse belang en maritieme veiligheid in die streek,” sê Graham.

“Ons sien uit daarna om voort te bou op die reeds goeie verhouding tussen die Verenigde State en Suid-Afrika. Die VSA deel ’n gemeenskaplike belang met Afrika-vennootlande om sekuriteit, veiligheid en vryheid van navigasie op die waters om die vasteland te verseker, want hierdie waters is van kritieke belang vir Afrika se welvaart en toegang tot globale markte.”

Hierdie besoek bou ook voort op die skip se onlangse reis om die Afrika-kontinent.

In September verlede jaar het die skip Kaapstad besoek waar bemanningslede met die Suid-Afrikaanse regering en weermag vergader het.

“Die Verenigde State sien baie duidelik die reeks belange en waardes wat ons met Suid-Afrika en die SANW deel,” sê Todd Haskell, die Amerikaanse konsul-generaal in Kaapstad.

“Dit sluit in verbintenis tot die oppergesag van die reg, die bekamping van mensehandel, die hantering van gedeelde veiligheidsbedreigings, en die versekering van vrye en oop vervoer en handel, veral in die Indo-Stille Oseaan.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Harley Davidson ·

Die goeie verhouding ,wat ‘n grap die ANC ondersteun Rusland, Cuba,en al wat ‘n komunistiese land is openlik alles waarteen die VSA is ,ek glo nie as Pres Trump weer in beheer is sal dit nog steeds die geval wees nie

Jurie ·

Dit is nie ‘n oorlog skip nie dit is ‘n “Lewis B. Puller-class expeditionary mobile base” wat wel aan die USA vloot behoort.

Dries ·

GOEIE VERHOUDING ???? WAARVAN PRAAT HULLE. Die Amerikaners bly maar snaakse mense. SA is aan die komuniste en radikale moslems en palistyne se kant regoor die wereld. Trump is die enigste een wat hierdie weet

domheks ·

Wonder wat is cANCer se reaksie? Moet dit nie liewer ‘n Russiese besoek gewees het nie?

Samuel ·

‘n Russiese besoek sou met groot fanfare verwelkom gewees het.

Koos 100 ·

Ek sou hoop dat hulle in Simonstad sou draai maak om die “drywers” van ons duikboot te leer hoe om nie in die seebodem vas te vaar nie!

George ·

Amerika train baie in SA ook, nes die Britte in Kenya getrain het vir Afghan.

Nie Verbaas ·

Dit is seker skokkend vir die lede van ons vloot om te sien hoe n skip lyk wat onderhou word en waar die bemanning top opleiding het en weet wat hulle doen.

Di ·

Dis net vandat BIDEN die president geword het. Hy is mos so lief vir ons ANC Regering. Mos ‘n mond vol gehad oor SA tydens “apartheid” en nog steeds mal oor our people

Koos 100 ·

Watter USA president het laaste iets positief vir SA gedoen? Hulle is goed met praat, maar het genoeg probleme daar om nog oor SA te bekommer. SA het ook nie olie nie, daarom is hulle nie oor ons gespanne nie!

piet ·

Nee, hulle besoek al van lankal af. Ek het die Franklin Roosevelt in 2008 gesien toe dit in Tafelbaai anker gele het. Massiewe ding.

piet ·

So ‘n paar jaar terug (2008) was die Franklin Roosevelt ook in Tafelbaai. Ek onthou hoe ons dit dopgehou het vanaf Milnerton-strand. Massiewe ding.

Samuel ·

Net jammer ons het nie meer ‘n vloot, lugmag of leër nie.

Nierkie ·

In 1863 het Kaapstad ook ‘n besoek van die Amerikaanse vloot gehad. Toe was dit die SS Alabama en vandaar die liedjie ‘Daar kom die Alibama’ (veranderde spelling en al)

Boatsie ·

Wonder of dit nie oor China is nie.
Bang die Chinese vat oor hier, nou stop hul net om te wys “moenie van ons vergeet nie”

annie ·

Mutual interest? Die VSA se mag eerder. Die Kaap is ‘n strategiese punt. Punt. SA se vriendskap met Rusland en Sjina is ‘n sakie wat die FBI en CIA pla. Die Kaap sal beset word sou probleme met die Ooste opvlam. Die besoek is nie sommer net vir proviant nie. Dit was nog nooit ooit nie. Waarom word SA deesdae as ‘n planeet buite bereik van wêreldgebeure gesien?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.