[Foto’s] ‘VVV-ongeluk’ in Sandton laat motoriste kopkrap

Foto: @JoneHallatt op Twitter.

Foto: @JoneHallatt op Twitter.

Talle motoriste het Dinsdagoggend foto’s op Twitter gelaai van ʼn vreemde vlieënde voorwerp (VVV) wat glo in Sandton neergestort het.

Die toneel op die hoek van William Nicol- en Sandtonweg het motoriste behoorlik laat kopkrap en ook verkeersontwrigting veroorsaak. Talle gebruikers het dadelik begin bespiegel dat ʼn rolprent of televisie-advertensie dalk verfilm word.

Die reklame-agentskap Joe Public het intussen aan Maroela Media bevestig dat dit wel ʼn televisie-advertensie is wat vervaardig word. “Dit is die bekendstelling van die nuwe ‘smart drink’ wat ʼn vennootskap is tussen Clover en FutureLife,” het Tarryn Pitchers, bemarkingsbestuurder van Joe Public, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Aijajjai! ·

En nog nooit het ek so ‘n niksseggende artikel gelees nie. Wat van of was dit nou ‘n advertensie wat skeefgeloop het, of ‘n advertensie wat so moes wees, menende soos ‘n ongeluk moes lyk. Is daar skade, iemand beseer ens ens ens. Gee tog net meer inligting, dit is mos wat nuus is.

helenkuhn ·

Ek geniet nuus kyk of nuus lees hkm plaas jule nie meer nuus oor wit mense en boere wat vermoor word nie …..of is dit net allerdaags vir jule wat nuus skryf…..ek vra maar net

Willie ·

Ek het baie simpatie met al die plaasmoorde,glo my,dit raak my ook diep in my hart,maar maqgtig mense,is dit nodig dat ons op elke artikel vashaak oor plaasmoorde? kan ons dan wragtig NIKS anders in die lewe raaksien en waardeer nie. Helenkuhn nee man.kom ons probeer die negatiwiteit bietjie omdraai deur die lewe wel rondom ons raak te sien, die arme nuusmense probeer hul bes om ons almal tevrede te stel. Ek is seker jy wil nie in hul skoene wees nie,ek weet ek wil nie. Baie dankie vir oulike en interresante berig gewing,ek waardeer dit baie.
Groete
Willie

Charmaine ·

Wil net se dat nie net witmense en boere alleen dood gemaak word nie,of is dit reg dat andere met hul lewens moet boet?Nee wat almal is ewe belangrik vir hul families,en dus beslis nie lekker vir enigeen om op so n wyse te sterf nie.Laat ons bid dat Here almal in Suid-Afrika Sal bewaar en beskerm.

Piet ·

Lanklaas sulke temerige en nuttelose kommentaar gesien.
Die werklike lewe bestaan uit vele uiteenlopende gebeure, mense, belangstellings, interessanthede ensovoorts ensovoorts ensovoorts.

Kate ·

Willie, ek stem, kom ons sien ook die komiese in die lewe.
Dalk was dit ET wat in Sandton wou shop vir xmas of dalk ou kersvader wat kom kyk het wie is naughty or nice.

Adriaan ·

Helenkuhn: Skryf in op Netwerk24 en betaal jou R 100-00 Maandeliks, hier is baie van ons wat ten minste Maroela se gratis nuus waardeer. Dit is die enigste gratis nuusmedia wat oor elke plaasmoord berigte plaas. Glo nie hulle kan oor plaasmoorde berigte plaas as daar nie een plaasgevind het onlangs nie.

Miemie ·

Lees en geniet die klein dom dinge eerder as wat mens verder oor seer en moord wil lees. Dis so of party mense plesier vind uit die stories oor ons boere wat gemartel word. Ek vir een weet wat is aan die gebeur in Suid Afrika, het nie nodig om op hoogte gehou te word met die onmenslike dodetal van ons boere, ons kos, ons bloed nie.

Bloues ·

Dankie Maroela. Ek was daar naby in my motor en het heeltyd gewonder wat de dinges daar gebeur het. Nou weet ek.
Dankie

Chris ·

Nou waar is die aliens dan?? Is daar beloning vir iemand wat hulle opspoor?

amelia ·

Chris, kom haal my. Ek sal die alien wees en dan deel ons die beloning. Jy kan my vryelik vir ‘n gyselaar hou vir so 2 weke. Maar dan wil ek huistoe gaan. Ek vra net brood en water vir die 2 weke. Tog jy moet net goed onderhandel, want daarna wil ek graag ‘n maand se kruideniers kan koop met daai geld.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.