[Foto’s] Vyf beseer in botsing buite Pretoria

Vyf beseer in botsing buite Pretoria (Foto; ER24)

Vyf mense is Vrydagaand beseer in ʼn botsing tussen drie voertuie op die N4-snelweg net buite Pretoria.

Annine Siddall, ER24-woordvoerder, sê die ongeluk het net ná 17:00 by Ga-Rankuwa, sowat 40 km buite Pretoria, plaasgevind.

Motorwrakstukke het oor die pad verspreid gelê en dié snelweg was vir ʼn geruime tyd afgesper.

ʼn Vrou, vermoedelik in haar 30’s, is in ʼn kritieke toestand na die hospitaal gehaas. Vier ander mense, waarvan twee matige beserings en twee geringe beserings opgedoen het, is ook na die hospitaal vervoer.

Siddall sê die omstandighede rondom die voorval is nie in dié stadium bekend nie. Polisieowerhede was op die toneel besig met ʼn ondersoek.

Volgens ʼn verklaring van die nooddienste was die vrou wat in ʼn ernstige toestand na die hospitaal gehaas is teen Saterdagoggend steeds in ʼn bedenklike toestand.

Vyf beseer in botsing buite Pretoria (Foto; ER24)

Vyf beseer in botsing buite Pretoria (Foto; ER24)

Vyf beseer in botsing buite Pretoria (Foto; ER24)

Vyf beseer in botsing buite Pretoria (Foto; ER24)

Vyf beseer in botsing buite Pretoria (Foto; ER24)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Leatitia ·

Ek wil graag weet wat die doel is daarvan om elke motorongeluk in die koerant te sit. Ek sien glad nie doel daarvan nie. Wie vind enige baat daaruit? Party van ons het geliefdes aan die dood afgestaan agv n ongeluk en elke berig oor n ongeluk breek my hart ?

Gerhard ·

Die doel is om mense bewus te maak van wat op die paaie aangaan. Ongelukkig kan nuus nie altyd goeie nuus wees nie.

thelsa ·

Ek sien wrakke. . Ek sien soliede sperstreep . .ek sien ons leer nie

Boerseun ·

Sigometriese toetse, haal die lae IK mense van die pad af. Wit Streep,iemand weer die aankomende verkeer geruik.

Protes ·

Hoekom moet die ongelukke alewig in ons kele afgedruk word of is dit net n situasie van hou op MM nuus lees.

Richard van den Berg ·

Ek wardeer al die inligting wat gedeel word oor motorongelukke. Dit laat mens besef hoe onveilig ons paaie is. Kan ons nie meer verkeers personeel op ons paaie kry om die onnodige dood te verhoed nie?

Tersia ·

Die mense leer nie om ordentlik te bestuur nie. Kode 10 en daar gaat ons. Koop n vinnige kar ry teen die spoed van lig om draaie teen sperstrepe verby!!!! Het nie n cooking clue van n moterkar nie. Dit is om van angs te bewe!!!!!

Sanet ·

Sien ek ‘n verkeerspolisie voertuig in een van die fotos?

marous ·

Waaromkan die polisie nooit die omstandighede wat aanleiding gee tot ongelukke , bepaal nie? Betrokkenes en getuies het dit mos duidelik gesien . Die indruk wat geskep word is dat hulle die feite oor daaglikse chaotiese bestuur wil verberg.

Oosie ·

Dink net die spoed hier ter sprake… Jy kannie n ander motor se neus en 2 bakkies se wiele afry ens. teen 120km/u nie. Dit is spoed en die owerhede gee nie meer n flenter om nie. Dankie MM vir die voortdurende bewusmaking, hierdie is nie dinge wat ons sommer onder die mat kan invee nie.

Gerhard ·

Ek stel voor jy kyk op YouTube na die toetse wat hulle doen om voertuie se veilheid bepaal. Jy sal sien selfs 50km/h kan soortgelyke skade aanrig as op sommige van die fotos hierbo.

Henrico ·

Kyk na die kleur van die bakkie……silwer…….dieselfde kleur van teerpad…….jy sien nie sommer sulke voertuie in die dag nie….Ouma en kleinkind wat naby Laingsburg gesterf het,het met n wit polo gery in die kop aan kop ongeluk daar……die voertuig waarteen hulle gebots het was ook n dubbelkajuit bakkie gewees……ook silwer…….ek is amper seker sy het dit nie gesien nie,want hy was op sy kant van die pad……reguit stuk pad……moeilik om die silwer,rooi en donkerige kleure te sien……vernaam in oggend en as son sak

BANG JAN SE VROU ·

Kleur van motor het beslis ‘n aandeel in wat ookal op paaie gebeur. In lande waar dit altyd vol sneeu is is jou onveiligste motor WIT. Beweringe dat silwer en donkerkleurige motors ook in hierdie klas val in ons land, bring ons by die miskien mees aanvaarde kleur onder alle omstandighede : GEEL. Moontlik is WIT en GEEL ook die kleur vir ons land. Enige kommentaar?

anton ·

Ek stem 100% saam met boerseun!!!
En ja, silver, charcoal, swart, donker kleur motors is die onsigbaarste op ons paaie.
En as dit reen en snags, is dit nog moeiliker om hulle te sien.
Weet wraggies nie hoekom mense sulke kleur motors nog koop nie.
Maar die punt is, daar is BAIE mense wat gladnie op ons paaie hoort nie!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.