[Foto’s] Vyf dood ná mislukte transitorooftog

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Vyf mense, onder wie vier verdagtes, is dood nadat lede van die polisie se misdaad-intelligensie-eenheid, die taakmag en die Valke ʼn transitorooftog naby Secunda gefnuik het.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, het gesê hulle het Maandag inligting ontvang oor ʼn sindikaat wat glo beplan het om ʼn SBV-kontantwa te beroof.

Die vermeende rowers is omstreeks 17:00 naby Secunda voorgelê en ʼn skietgeveg het tussen die beamptes en die verdagtes uitgebreek. “Vier verdagtes is op die toneel dood en vyf verdagtes is in hegtenis geneem.”

Volgens Sekgotodi is twee verdagtes in die hospitaal opgeneem vir behandeling. “Een van dié verdagtes is reeds ontslaan en in aanhouding.” ʼn Polisiebeampte is intussen in ʼn motorongeluk tydens die skietery dood terwyl twee beamptes beseer is.

Die beseerde beamptes is per helikopter na ʼn hospitaal geneem vir behandeling. “Daar is op die voertuie, ʼn AK47 en twee pistole beslag gelê,” het Sekgotodi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Piet ·

Dit lyk of die polisie deesdae baie van die sindikate vastrek. Hulle sal egter ook moet ophou om regstellende aksie toe te pas in die hele regstelsel, dan sal die beste persone in aanmerking kom vir hierdie belangrike poste. Behalwe dit moet kriminele behoorlik gestraf word, die doodstraf moet terug kom, lewens lank moet beteken lewens lank. Sonder dat die regering radikale veranderinge maak sal die misdaad tendens net die selfde pad volg en nog erger word.

Pieter van der Merwe ·

Piet. Is jy doodseker jy wil die Doodstraf beskikbaar maak vir die huidige regering?

Piet ·

Nee Pieter ek dink onskuldige blankes sal dalk die doodstraf ontvang as dit opgele word, ek kan egter ook aflei dat kriminele hulle nie steur aan die gereg nie, want hulle word nie behoorliik gestaf nie. Waar sien jy byvoorbeeld dat jy n man doodmaak en sy kop afsny dan ontvang jy slegs 21jaar tronkstraf? Het jy ander voorstelle wat misdaad beter sal beheer, dalk wil jy dit met ons deel.

Jaques ·

Piet,

Doodstraf is debateerbaar, maar wat nie behoort te wees nie is die feit dat al die kriminele in die tronk nogsteeds sy reg om te stem behou. Dit moet weggevat word, self al het jy jou tronkstraf uitgedien, mag jy nogsteeds nie stem nie, jy verbeur daai reg, jy het dan iemand anders se reg op lewe / veiligheid / ens weggevat.

WitBlits ·

Welgedaan SAPS en daar is soveel lojale, opregte en dapper van julle lede wat elke dag hulle lewens wag om die korrupte gemors vas te vat!

KarooKlong ·

Goeie inligting, goeie opvolg werk. Knap gedaan SAPD Secunda & Valke. Medelye met die afgestorwe Lid se familie.

tom ·

Kyk hoe geroes is daai ak hulle het baie begrawe om te gebruik

humor ·

Pieter vd Merwe, geen probleem met Piet se kommentaar rakende die doodstraf nie. Hy beklemtoon ook tog die staak van transformasie en n verantwoordelike regstelsel.

Straf ·

Die doodstraf sal nooit terug gebring word nie.
My voorstel is om die duime van verkragters, moordenaars ens te verwyder of te “verlam”. Sonder duime hou die hande nie veel gevaar vir ander in nie.

Kapenaar ·

“4 Verdagtes is dood en 5 is aangekeer” waarom is 9 nie geskiet nie?. Volgende jaar loop die 5 en beplan die volgende roof!!

Leonie ·

Hoop alles misdaad word so in die wiele gery. Geluk aan almal betrokke en ook dan aan die lid wat oorlede is sterkte aan sy familie en kolegas. Ons hou julle in ons gebede.

Neels ·

Goeie werk SAPS en Valke! Steekte aan familie van die afgestorwe beampte en spoedige herstel aan die beseerde beamptes.
Ja doodstraf (ek sou ook dit graag wou terug sien) sal seker nie teruggebring word nie. Dalk kan ‘n vinger geamputeer word vir elke 5jr tronkstraf opgelê?

jennefer ·

Wys hul gesigte, dat hul uit gewerp word deur hul gemeenskap.

Jaques ·

Jennefer,

Oppas wat jy se, hulle mag dalk as helde gesien word in hulle omgewing.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.