[Foto’s] Vyf huise in Gordonsbaai-brand verwoes

ʼn Brand woed in Gordonsbaai (7 November 2017). Foto: Twitter via @GordonsBaySA

Die Kaapstadse brandweer en reddingsdienste het Dinsdag gesê vyf huise is reeds verwoes deur ʼn hewige brand wat teen die berg by Gordonsbaai uitgebreek het.

“Die brandbestryders is verspreid vanaf die N2 al langs die berghange tot by die riviermond by die Steenbrasdam,” het Theo Layne, die woordvoerder, gesê. Volgens Layne is geen beserings aangemeld nie.

Die brand word aangeblaas deur baie sterk suidoostelike winde en daarom sou brandbestryders na verwagting dwarsdeur die nag en deur die loop van Woensdag op die toneel bly. Layne het gesê 200 brandbestryders en 30 brandweerwaens is op die toneel.

Volgens die SAPD is die oorsaak van die brand nog nie bekend nie. Inwoners in die gebied het Dinsdag begin om hul huise te ontruim.

Richard Coleman van die Kaapstad-verkeersdienste het gesê die N2 is gesluit by Broadway Boulevard weens die brand op Sir Lowryspas en in Grabouw is die snelweg by Eskom gesluit.

Charlotte Powell, woordvoerder vir die stad se rampbestuureenheid, het gesê die dierewelsynvereniging in Helderberg in Gordonsbaai is ontruim en die perseel heeltemal deur die vlamme verwoes.

Sy het gesê weens die koolstof wat op die kraglyne opbou, is kragtoevoer na Gordonsbaai en die Sir Lowry’s Pass-nedersetting onderbreek. “Twee kragsubstasies is deur die brand verwoes. Stad Kaapstad se elektrisiteitsdienste en Eskom is tans besig om die kragtoevoer te herstel,” het Powell gesê.

Powell het die publiek gewaarsku dat onderbrekings in kragtoevoer in hierdie gebiede sal voorkom en het beklemtoon dat geen geraamde hersteltyd beskikbaar is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Mariska ·

Op die “Helderberg Aniaml Welfare” se facebook blad, het hulle bevestig dat hulle perseel glad nie afgebrand het nie, en dat dit fals gerugte is.

bgj van der westhuizen ·

wel sal my nie verbaas as dit aan die brand gesteek is nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.