Brig. Motlafela Mojapelo, provinsiale polisiewoordvoerder, het Maandag gesê vyf gevangenes het omstreeks 22:00 daarin geslaag om te ontsnap. ʼn 29-jarige verdagte is kort daarna net buite die polisiestasie weer in hegtenis geneem. Die ander vier het in die donkerte verdwyn en is steeds soek.
Hulle is Silence Dube (29) van Shoshanguve, Philani Sithole (30) van Mabopane, Thabang Dube (30) van Mabopane en Joshua Mogashoa. Mogashoa se ouderdom is in dié stadium nog nie bekend nie en die polisie het ook nie ‘n foto van hom beskikbaar gehad nie.
“Al vyf verdagtes is weens ʼn gewapende rooftog in hegtenis geneem wat op die N1-snelweg tussen Pienaarsrivier en Bela Bela plaasgevind het,” het Mojapelo gesê.
Die omstandighede rakende die ontsnapping word ondersoek.
Die polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om foto’s van die verdagtes te versprei in die hoop dat hulle vinniger opgespoor kan word. Mense wat die verdagtes sien, kan die polisie by 086 001 011 bel.
Wanneer gevangenisse na die polisie se selle geneem word vryf hulle hulle hande en se vir mekaar “Dis net ‘n kwessie van tyd dan ons ons weer vry”. Dit gebeur klokslag dat kriminele ontsnap uit polisie selle en so gaan dit aan, week vir week.
”Inside job” weereens.Arresteer die polisie lede wat aan diens was.
Stem Chris Ws – dis die hoeveelste keer war dit gebeur dis defnitief “inside job” – arresteer hulle en sluit hulle ook toe – die waarheid sal vinnig dan uitkom.
Oppas die leeus wag vir julle daarbuite.
Niks nuut. Inside job. Ons weet mos hoe korrupsie werk.
Ag dis lankal nie meer nuus nie. Daar ontsnap meer as wat daar gevang word!
Die ontsnapping van gevangenis uit aankouding in Suid Afrika is nie meer iets nuut nie, net soos plaasmoorde algemeen is. In ‘n land met rommelstatus verbaas die president se skandes nie eers meer die nasie nie .