[Foto’s] Vyf sterf in gru-botsing op R21

Vyf mense in dié motor is op die toneel dood verklaar. Foto: ER24

Vyf mense in dié motor is op die toneel dood verklaar. Foto: ER24

Vyf mense is dood nadat twee motors Donderdag in die vroeë oggendure op die R21-snelweg in Pretoria gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die botsing het omstreeks 02:00 in ʼn suidelike rigting naby die Nelmapius-afrit in Irene plaasgevind.

“Na wat verneem word, het een van die motors teen die versperrings langs die snelweg gebots en in verskeie dele geskeur,” het Meiring gesê.

Die Audi. Foto: ER24

Die Audi. Foto: ER24

“Met paramedici se aankoms op die toneel het hulle ʼn Audi Q7 op sy dak aangetref én die wrak van die geskeurde motor.”

Meiring het gesê die bestuurder van die Audi was alleen in sy motor. Hy het geringe beserings opgedoen en het op die ongelukstoneel rondgeloop. “Vier insittendes van die ander motor is tydens die impak uit die motor geslinger. Hul liggame is op die snelweg aangetref. Nog ʼn persoon se liggaam is in die wrak aangetref.  Daar kon niks vir hulle gedoen word nie.”

Die bestuurder van die Audi is met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir waarneming. Die presiese oorsaak van die botsing word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Griet ·

Verseker! En dan moet ons ook nie van Bachus vergeet nie. Saam met hom is jy BAIE slim en sterk en spoed, spoed en nogmaals spoed is ‘n gegewe…………

Peet Schabort ·

Ja-nee Lillie, dit laat mens wonder hoe op aarde twee voertuie ALLEEN daardie tyd van die nag in ‘botsing’ met mekaar kan kom terwyl hulle in dieselfde rigting beweeg.
‘n Gewilde modus operandi is om by ‘n afrit aan jou regterkant verby te jaag (terwyl jy 120km/h ry), vóór jou in te sny en dan met die afrit die snelweg te verlaat en dit terwyl jy self REGUIT aangaan.
Dit word ook só gedoen dat daar net-net op die afrit se regterkantse teeroppervlakte gebly word en die neus van jou voertuig ook net-net gemis word.
Dit is van die uiterste belang om vir plekke te kompeteer op die pad want dit gaan ‘n GROOT verskil maak aan die wedren.

JoeV ·

Niks met spoed te doen nie. Onnoselheid en voertuig bestuur, selfde as vuurwapen en onnoselheid, gewoonlik baie ongesond.

Johan 2 ·

Ek glo nie net spoed is die oorsaak nie…dis wel lekker maklik vir almal om geld te maak uit spoedlokvalle….probeer maar n ander oorsaak soek jul leen jul ore uit v snert.

Christie Joubert ·

Seg ek ook altyd JoeV. Dit is nie spoed wat dood maak nie. Dit is onnoselheid, arrogansie en drank.

Landie ·

Beslis spoed. Want as jy teen ‘n normale, wetlike spoed ry sal jou kar nie SO lyk as jy ‘n padversperring tref nie. Nonsens, daar is geen manier nie!!!!

Johan 2 ·

Spoed het dalk sy kar so laat lyk maar dit was nie die oorsaak v die ongeluk nie…as hy teen 60 teen die versperring vasry was daar ook n ongeluk…en as hy onverskillig was kon hy dit teen 60km/h ook regkry.

werner wonder ·

Kan Maroela Media nie namens al die Krion beleggers, uitvind hoe al die Krion swendelaars, vir ses jaar nog steeds op appèlborg uit is nie? Blykbaar leef, van die agente weer in weelde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.