[Foto’s] Vyf sterf in grubotsing

Vyf mense is Saterdag in ʼn grubotsing in Limpopo dood nadat ʼn bakkie en ʼn vragmotor gebots het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, het gesê ʼn rooi Mitsubishi- dubbelkajuitbakkie en vragmotor het omstreeks 07:00 op die Dendron-pad (R521) gebots.

“Die bakkie, met vyf insittendes, het in die rigting van Polokwane gery toe die botsing plaasgevind het. Die bakkie het daarna aan die brand geslaan en al vyf insittendes is onherkenbaar verbrand,” het Ngoepe gesê.

Die bestuurder van die vragmotor is ongedeerd.

“Die identiteite, geslag, ras en ouderdom van die oorledenes is glad nie bekend nie en sal deur DNS-toetse vasgestel moet word.”

Ngoepe het gesê die oorsaak van die ongeluk is in die stadium nie bekend nie, maar die Westenburg-polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag en sal die oorsaak bepaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

???Uiltjie??? ·

5mense verbrand in n botsing…
Hoe kom jy by Corruption uit..?

marlene ·

Ai dis so tragies. Sterkte aan almal wat geliefdes verloor het. ?⚘

My mening ·

Ons padgebruikers word moedswillig deur swaar vragmotors dood gery. Want hul kom niks oor nie. Dit is dieselfde tendens as die bestuurders wat met hul groot vragmotors ‘n u-draai oor die snelweg maak. Passasiers in motors het geen kans op oorlewing. Dieselfde met die pa en 2 seuns wat van Mosambiek af terug gekom het. Die vragmotor swaai REGS uit om ‘n botsing te vermy. Ek glo dit nie.

Fred ·

My mening is nie dieselfde as joune nie. Ek sal jou wed die bakkie het ‘n ander voertuig verbygesteek teen ‘n helse spoed en reg op die vragmotor afgepeil. Die vragmotorbestuurder het links van die pad af gegaan om ‘n botsing te vermy. Toe hy sien HKGK het hy sy trok ge-knipmes om sy eie lewe te red. As die bakkie die trok reg van voor, teen daai spoed, sou tref, het die trokbestuurder ook doodgebrand.

Wessel ·

My mening… Jou kommentaar is nie relevant tot hierdie ongeluk nie. Jou stelling dat motoriste moedswillig doodgemaak word deur vragmotorbestuurders is ook absolute snert. Die meeste vragmotorbestuurders ry meer km in n jaar as baie motoriste in n leeftyd, en die dag as hy nie werk nie,is hy ook net n gewone motoris!! Die R521 dra baie verkeer, veral met trokke, taxis en busse. Na my mening is dit een van die heel gevaarlikste roetes in SA. Sou mens na bogenoemde fotos kyk, dink ek die motoris was die sondebok en nie die vragmotorbestuurder nie. Maw eersgenoemde was die moedswillige een

LB ·

‘n Mens kan nie veralgemeen nie, daar is trok bestuurders wat baie bedagsame padgebruikers is en ook die wat werklik nie omgee nie en mense intimideer met die grootte van sy voertuig. Wat my egter bekommer is die aantal motoriste wat nie besef hoeveel langer dit vir ‘n swaar gelaaide vragmotor neem om tot stilstand te kom nie. Mense druk reg voor ‘n vragmotor in en trap rem asof dit ‘n gewone ligte voertuig agter hulle is en as die trok jou vermorsel is dit die trok bestuurder se skuld? ek dink mense moet bietjie begin dink en almal kan werk aan hul gesindheid op die pad. Raak kalm en wees eerder laat as dood. Dit is ‘n geweldige groot verantwoordelikheid as jy in daardie kar klim en jou en ander se lewens in jou hande neem maar mense hanteer hul voertuie baie keer as ‘n “speelding”, iets om jou frustrasies mee uit te woed of sommer windgat te wees en as jy wonder oor iemand se karakter, gaan ry saam in die spitsverkeer en let op…

Nico ·

Dis nie net vragmotors of taxis nie maar motors ook almal is ongeduldig meer visable patrolies moenie net op spoed ,dronkbestuur en roadblocks vashak nie

Skokkend ·

MM is dit regtig nodig om sulke fotos te publiseer? Die persoon wat dit geneem het is gevoelloos.

Katrynkie ·

Skokkend, ek stem saam met jou. As ek n familielid was sou dit die laaste ding wees wat ek sou wou sien na so n tragedie.

Delia ·

@Skokkend….ek dink dis wel nodig om die foto’s te plaas…..ander bestuurders sien wat kan gebeur as hulle nie padreels na kom nie! Laat mens 2 keer dink om nie roekeloos te bestuur nie (dis as mens enige breins het).

My mening ·

Fred ek aanvaar jou verduideliking. Ander oogpunt om na die ongeluk te kyk.

Tharina ·

Net Vrydag het ek daardie pad gery en moes meer as eenkeer rem trap oor ander bestuurders (trokke, taxi’s en persoonlike voertuie) onverantwoordelik ry. Weet nie eens hoeveel keer ek oortuig was hier kom verseker n botsing! Mense wat op dubbel lyne verbygaan, kanse vat en n abnormale groot trok (gemerk) wat my en my kind letterlik van die pad af gery het, indien ek nie afgegaan het nie was ons in n ongeluk, sonder dat die bestuurder eens stadiger ry, almal moet net padgee.

Sover moontlik vermei ek die pad!

Boerseun ·

Hulle ruik mos die karre. Sigometriese toetse voor jy lisensie kry, party mense moet nie agter n stuurwiel toegelaat word nie.

Kathleen ·

Ek verstaan hier is mense dood gaan asb en Kyk mooi waar die vragmotor staan Hy is onskuldig Hy is aan die sy regte Kant so die bakkie is in die geval die skuldige een men’s moet as ook in ag need ‘n vragmotor vat Langer om tot stilstand the kom as ‘n ligte voertuig en ons pad gebruikers is Baie ongeduldig

Ig ·

Ek ry gemiddeld 6000 km n maand en myns insiens is motoriste die grootste sondaars teenoor motorfietse en vragmotors as gevolg van totale ongeduldigheid.Motoriste moet besef dat sonder vragmotors sal almal se daaglikse lewe tot stilstand kom want daar is geen ander manier om produkte te vervoer nie.

A. Mac ·

Dit is nie die pad wat gevaarlik is nie, dit is die bestuurders van voertuie, hetsy vragmotors, double cabs, taxi’s en sedans. Sommige bestuurders raak onsigbaar in hulle “bubble” as hulle agter die stuurwiel inklim. Net jammer dat onskuldige mense met lewens moet boet a.g.v. sulke bestuurders. Mense wat elke dag daardie pad moet gebruik neem omtrent hulle eie lewens in hulle hande want die arrogansie van party ander padgebruikers is net afgryslik. En soos mense mekaar met flitsende ligte waarsku dat daar verkeerspolisie is maak die verkeerspolisie ook nutteloos op die pad.

Renjo ·

Ek ry elke oggend en aand ‘n pad in die Noord Kaap en sien byna daagliks die gebruikers, in baie gevalle busse vol mense, se absolute minagting van padreëls! Waar is die wetstoepassers??

Watter ·

Watter wetstoepassers? Hulle is alleenlik op diens oor langnaweke ens., wat hulle ander tye doen weet nugter alleen.

Jack ·

Ek het al op baie gery in ons land.Die bestuurders van voertuie neem nie ag van ander mense nie.Die meeste ongelukke vind plaas waar dit nie moet plaas vind nie.Speerstrepe,draaie,bulte.Ek het sl op baie ongelukke afgekom waar mense die padreels oorskry.

vrikie ·

Die verkeer op die land se paaie neem daagliks toe en so ook die gru ongelukke wat deesdae gebeur. Die enigste beskerming is om verdedigend te bestuur, som alle situasie op.

Griet ·

Die Dendronpad is ‘n pad van dood, uit en klaar! Swaargelaaide vragmotors wat vanaf Botswana en Zimbabwe afkom gebruik hierdie pad wat net uit 2 bane bestaan. Jy moet hare op jou tande hê om hier te ry, want dit gebeur meer dikwels dat groot lorries met swaar vragte tot 7 van hulle agtermekaar ry en motors nie kan verbykom nie. Hoekom word daar nie gekyk dat hierdie pad breër gemaak word nie!! Daar is verskriklike lelike ongelukke op hierdie pad! Ek praat van ondervinding!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.