
Die polisie neem ‘n verdagete in hegtenis. Foto: Verskaf
WAARSKUWING: Die foto’s onderaan die berig is grafies van aard en kan sensitiewe kykers en kinders ontstel.
Te danke aan wenke van ʼn keelvol gemeenskap, is vyf verdagtes vandeesweek in hegtenis geneem weens hul betrokkenheid by hondegevegte in die Roodepoort-omgewing, wes van Johannesburg.
Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het Vrydag in ʼn verklaring gesê deeglike ondersoeke na hondegevegte in die Tshepisong-informele nedersetting het tot die inhegtenisnemings gelei.
“Inwoners van Tshepisong loop erg deur onder misdaad,” het die NDBV gesê. “Dié gemeenskap is een van vele waar die landswye hondegevegte-epidemie vinnig versprei het. Hondegevegte gaan ook hand-aan-hand met ander kriminele dade en is ʼn aanduiding van ʼn gemeenskap se morele verval.”
Die organisasie het gesê inwoners van Tshepisong het toenemend bekommerd geraak oor die gruwelike omstandighede waaraan die honde blootgestel is, meestal aan die hand van jeugdiges wat by hondegevegte betrokke is. “Hulle is ook bekommerd oor die gevaar wat die ‘sport’ en honde vir die gemeenskap en hul eie troeteldiere inhou.”
Die gemeenskap het aanvanklik hul bekommernis onder die aandag van die dierewelsynsorganisasie Community Led Animal Welfare (CLAW), wat in die omgewing bedrywig is en eienaars van troeteldiere bystaan, gebring. CLAW het opgemerk daar is ʼn toename in mense wat Amerikaanse veghonde aanskaf, asook ʼn toename in hondebeserings. CLAW het hul bekommernis met die NDBV gedeel en inwoners aangemoedig om voorvalle by die NDBV se spesiale ondersoekeenheid aan te meld.
“Die NDBV het baie inligting van die publiek ontvang in die vorm van video’s, foto’s, inligting oor waar bloedige hondegevegte plaasvind, die adresse van mense wat daarby betrokke is en waar beseerde honde weggesteek word.”
Die inligting is deeglik ondersoek en inspekteurs van die NDBV en polisiebeamptes van die Wes-Randse honde-eenheid het vandeesweek op die verdagtes toegeslaan en hulle in hegtenis geneem.
Die NDBV het agt beseerde en siek honde, wat slagoffers van hondegevegte is, gered.
“Ons salueer die inwoners wat opgestaan en opgetree het om hierdie gruwelike misdaad aan te meld,” het die organisasie bygevoeg.
Die verdagtes sal vervolg word vir die oortreding van die Wet op Dierebeskerming.
WAARSKUWING: Die foto’s is grafies van aard en kan sensitiewe kykers en kinders ontstel.
- Argieffoto: NDBV
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
19 Kommentare
Hoop hul dit lank. Kyk hoe barbars is hul om na sulke gevegte te sit en kyk
Vieslik man, ek het ook n amerikaanse veg hond, dis die sagste en liefste hond,gooi die klomp barbare vir die leeus of vir my,!!!
Sulke mense moet vrot in die selle! Stenig hul in mense gevegte laat hul baklei tot die dood teen mekaar!
Stem saam Irene, dit is barbaars! Kan nie dink watter soort siek barbaar so iets sal toelaat, en die spul wat nog daarna kyk ook. Hoop hulle kry wat hul toekom.
Die vonnisse vir hierdie tipe misdaad is heeltemaal te lig. Hulle behoort vir ‘n hele paar jaar in die tronk te sit, sonder parool. Dit is dieselfde klas mens wat bejaardes tydens plaasaanvalle met strykysters brand en met pangas kap. Net die feit dat hulle hier op aarde mag asemhaal maak my m***ig.