[Foto’s] Vyf vas vir hondegevegte aan Wes-Rand, nes oopgekrap

Die polisie neem 'n verdagete in hegtenis.  Foto: Verskaf

Die polisie neem ‘n verdagete in hegtenis. Foto: Verskaf

WAARSKUWING: Die foto’s onderaan die berig is grafies van aard en kan sensitiewe kykers en kinders ontstel.

Te danke aan wenke van ʼn keelvol gemeenskap, is vyf verdagtes vandeesweek in hegtenis geneem weens hul betrokkenheid by hondegevegte in die Roodepoort-omgewing, wes van Johannesburg.

Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het Vrydag in ʼn verklaring gesê deeglike ondersoeke na hondegevegte in die Tshepisong-informele nedersetting het tot die inhegtenisnemings gelei.

“Inwoners van Tshepisong loop erg deur onder misdaad,” het die NDBV gesê. “Dié gemeenskap is een van vele waar die landswye hondegevegte-epidemie vinnig versprei het.  Hondegevegte gaan ook hand-aan-hand met ander kriminele dade en is ʼn aanduiding van ʼn gemeenskap se morele verval.”

Die organisasie het gesê inwoners van Tshepisong het toenemend bekommerd geraak oor die gruwelike omstandighede waaraan die honde blootgestel is, meestal aan die hand van jeugdiges wat by hondegevegte betrokke is. “Hulle is ook bekommerd oor die gevaar wat die ‘sport’ en honde vir die gemeenskap en hul eie troeteldiere inhou.”

Die gemeenskap het aanvanklik hul bekommernis onder die aandag van die dierewelsynsorganisasie Community Led Animal Welfare (CLAW), wat in die omgewing bedrywig is en eienaars van troeteldiere bystaan, gebring. CLAW het opgemerk daar is ʼn toename in mense wat Amerikaanse veghonde aanskaf, asook ʼn toename in hondebeserings. CLAW het hul bekommernis met die NDBV gedeel en inwoners aangemoedig om voorvalle by die NDBV se spesiale ondersoekeenheid aan te meld.

“Die NDBV het baie inligting van die publiek ontvang in die vorm van video’s, foto’s, inligting oor waar bloedige hondegevegte plaasvind, die adresse van mense wat daarby betrokke is en waar beseerde honde weggesteek word.”

Die inligting is deeglik ondersoek en inspekteurs van die NDBV en polisiebeamptes van die Wes-Randse honde-eenheid het vandeesweek op die verdagtes toegeslaan en hulle in hegtenis geneem.

Die NDBV het agt beseerde en siek honde, wat slagoffers van hondegevegte is, gered.

“Ons salueer die inwoners wat opgestaan en opgetree het om hierdie gruwelike misdaad aan te meld,” het die organisasie bygevoeg.

Die verdagtes sal vervolg word vir die oortreding van die Wet op Dierebeskerming.

WAARSKUWING: Die foto’s is grafies van aard en kan sensitiewe kykers en kinders ontstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

irene ·

Hoop hul dit lank. Kyk hoe barbars is hul om na sulke gevegte te sit en kyk

Dennis ·

Vieslik man, ek het ook n amerikaanse veg hond, dis die sagste en liefste hond,gooi die klomp barbare vir die leeus of vir my,!!!

tanya Roarty ·

Sulke mense moet vrot in die selle! Stenig hul in mense gevegte laat hul baklei tot die dood teen mekaar!

Elbie ·

Stem saam Irene, dit is barbaars! Kan nie dink watter soort siek barbaar so iets sal toelaat, en die spul wat nog daarna kyk ook. Hoop hulle kry wat hul toekom.

Grassie ·

Die vonnisse vir hierdie tipe misdaad is heeltemaal te lig. Hulle behoort vir ‘n hele paar jaar in die tronk te sit, sonder parool. Dit is dieselfde klas mens wat bejaardes tydens plaasaanvalle met strykysters brand en met pangas kap. Net die feit dat hulle hier op aarde mag asemhaal maak my m***ig.

Sarie ·

@Grassie. Ek stem heelhartig saam met jou. Soms as ek mý 2 “honnekinners” veearts toe neem & ‘n sekere man bring sy “baba” veghond in vir inentings ens, voel ek of ek hom ani keel kan gryp!!! Hy versorg hulle goed, koop selfs die duurste kos, sodat hulle GROOT & STERK moet wees vir die gevegte! Diè man ry ‘n duur motor & is àltyd goed geklee. Ek dink hulle maak goed geld as hul honde ‘n bewese veg-rekord het… Verkoop seker die kleintjies teen bàie hoë pryse…. Het al my veearts met my vermoedens gekonfronteer. Sê hý het gèèn bewyse nie, maar èk wonder; wiè behandel diè man se honde nà so ‘n geveg???

mags ·

Dit is vreeslik. Ek het self hondjies. Hulle word gepamperlang. Daardie arme honde kry Ek vreeslik jammer

Eliza-beth ·

Ek het net vinnig verby die foto’s beweeg want ek KAN sulke goed nie hanteer nie. Siek, siek SIEK! Arme diere wat nie vir hulself kan praat nie…

heni seemann ·

dit is mense wat geen empatie besit nie… net soos die ouens wat trots daarop is om n bok dood te skiet…

Dee ·

En dan langs die bok met ‘n geweer poseer – ‘n geweer waarmee hy die bok op 100 tree of verder geskiet het. Skep vir julself so lekker gedagte – daai honde gang saam en pak die omstanders. Lekker om so prentjie in die verbeelding te sien!

SNEL ·

Dis vreeslik, baie hartseer. Hoop hulle vang meer van die klomp wat hul besig hou met die soort van ding.

Johannes Meintjes ·

Blankes doen dit ook, en meer. Die sosio-ekonomiese probleem is omvattend en raak al moeiliker om aan te spreek in die afwesigheid van die regering, kerke en ‘n meelewende samelewing. Ons sit maar terug en hoop vir beter dae, i.p.v. om deel te neem aan wettige en indringende inisiatiewe om die gemeenskap en ekonomie positief en volhoubaar te beinvloed. Daarsonder sal ons gemeenskappe toenemend desperaat begin optree om te oorleef en in beheer of sisio-ekonomies produktief te kan voel.

Belinda Bosman ·

Kan ek die mense kry en martel soos hulle die honde martel. Ek sal hulle deur dieselfde hel wil sit as wat hulle met die honde gedoen het. Die goed is flippen siek man. Geen genade vir hulle nie.

Spike ·

@Sarie moet asb nie alle Pit Bull eienaars onder dieselfde kam skeer nie. Ek het 2 en ek vat ook veearts toe vir hulle inspuitings, koop ook die duurste kos vir hulle sodat hulle groot en mooi kan word. Ek doen dit nie om met hulle te veg nie, maar omdat ek baie lief is vir hulle. Die mense wat met hulle veg moet toegesluit word en die sleutel moet weggegooi word. Hulle vat ook nie hulle honde na ‘n veearts toe nie. Daar is gewoonlik een betrokke of daai arme honde moet op eie genade weer gesond word. Daai mense maak Pit Bull eienaars en hul honde sleg. Hierdie ras is eintlik baie liefdevolle honde en enige honde liefhebber moet sulke slegte mense aanmeld wat met hulle honde veg. Hierdie mense wat dit aangemeld het moet ‘n medalje kry.

HB ·

Sit die varke in n hok sodat die honde dit aan hulle kan doen wat hierdie gemors al jare aan hulle doen….. Ons het self twee pittbulls en ons wereld draai om hulle. Hulle kry net die beste gekookte kos, het n bediende wat net so lief is vir hulle en na hulle omsien deur die dag, ons huis behoort absoluut aan hulle en die res van ons diertjies. Hierdie is n siek spul in die sameleweing en ek sou ook graag my hande op sulke barbare wil kry. Mense besef nie dat soos ons, LEEF DIERE OOK NET EENKEER en dis waarom ons die beste vir ons sn probeer bied. Hierdie arme “victims” van honde gevegde word op die ou end net uitgesit want daar is nie vir hulle n heenkome waar mense moeite doen met rehabilitasie en hulle prober verstaan nie. SIEK

cindy ·

DIS GRUWELIK EN BARBAARS!! TRONK TOE? AG SIESTOG!!! Miskien moet hulle ook so baklei tot die dood toe en ‘n les geleer word. Jammer maar ek is ‘n diereliefhebber. Tronk gaan hierdie mense nie ‘n les leer nie. Doodstraf vir hulle!!!!!!!

broos ·

dis maklik…..laat die honde vir ‘n dag of twee honger gaan en gee dan hulle eienaars vir hulle as breakfast!

Christo Pienaar ·

Hierdie hondegevegte vind ook in Witbank plaas. Die organiseerders doen dit so subtiel dat veeartse nie besef dat die pittbull werpsels al die nodige inentings en behàndeling kry vir die gevegte nie. Ek was nou die dag by die veearts waar ‘n jongman vd die westelike voorstede twee pitbull puppies gebring het vir hulle inentings. Die een se ore was reeds geknip. Ek het hom reguit gevra of hy hulle teel om te veg. Dit ontken maar àan ‘n ander dame vertel het dat die ander honde by die huis baie àggresief is en maklik baklei. Laat mens dink né?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.