[Foto’s] Waar is Blade?

Grafika wat deur die Demokratiese Alliansie op Twitter gedeel word

Grafika wat deur die Demokratiese Alliansie op Twitter gedeel word

Gebruikers van sosiale media het hulself Dinsdag tot sosiale media gewend onder die hutssleutel, #WhereIsBlade, in ʼn verwysing na die minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, en betogings op kampusse landswyd.

Die Demokratiese Alliansie het ʼn foto op sosiale media gedeel wat lyk soos ʼn plakkaat wat versprei word wanneer iemand verdwyn het.

Talle ander gebruikers het ook reageer en soortgelyke foto’s begin versprei.

Die minister se kantoor het verlede week Vrydag ʼn verklaring uitgereik waarin vandalisme op kampusse veroordeel is.

Nzimande het in reaksie hierop Woensdag op Twitter geskryf dat hy “binnekort ‘n verklaring sal uitreik”, aangesien hy onderskeid moet tref “tussen ware studentekwessies en vandalisme”.

Maroela Media het die afgelope week berig oor betogings by onder andere die Universiteit van die Vrystaat, Universiteit van Pretoria en Universiteit Stellenbosch.



ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

chrisp ·

Hy le lekker snoesig tussen die ander stomp messe ,vurke en lepels.

Ook kan gevra word waar is die DA(gebruik sommer dieselfde sketse)?

Topster ·

Ja vra gerus waar is al die dwase nou is daar niemand te vinde of te spreke nie n regte kom slap slang ???

PJ ·

Hierdie dinge wat nou aan die gang is by universiteite pas so in ou blade se kraal hy mos ok kommunis ?

GES ·

Blade kruip weg. Hy sal sy verskyning maak as alles verby is en homself as die held voordoen.

Bach ·

Ongelukkig het ons nie sterk leiers nie. Vir Z is Van Rooyen en een of ander Afrikaland waar hy moet gaan vrede maak, belangriker en die kommie Blade kruip agter verklarings weg. Sy adjunk was darem in die nuus toe hy vandag die woord voertsek in die N V moes terugtrek. Dit als terwyl hul hengse salarisse kry terwyl die land brand. En waar is die DA se leiers? Almal ‘n spul slapga…..e en dan verwag hulle mens moet vir hulle stem.

Sarie ·

Toe die VF+ se Corne Mulder die geweld veroordeel word weer rassisme geskree. Selfs Max Du Preez, Croucamp en Anton van Niekerk is trope stil.

Daan ·

Die arme man het ‘n problem om tussen ware studente kwessies en vandalisme te onderskei!
Die groot vraag – hoekom was daar nie universiteite gebou vir swartes met hulle eie monumente, tradisisies, tale, strukture ens nie? Nou kom ‘n spul 30%ers en wil jare lange tradisies, monumente en ‘n taal wat hulle nie eens kan reg spel nie, vernietig.
Die ander vraag – as alles nou tot in die grond ingeploeg is volgens hulle eise, wat is nou volgende?
Natuurlik kan ons nie veel ingryping vanaf die regering verwag nie – hulle self sit agter die gevolge van hul opsweping teen alles wat Wit is.

GES ·

Die ontstuimighede het darem die voordeel van ‘n siftingsproses. Al die warm winde word uitgesif.

Johannes Meintjes ·

Is dit nie haas tyd dat alle leiers op alle vlakke en terreine (ook onder die Afrikaner) in SA begin lei nie? Waarom moet studente die spit afbyt in politieke oproerighede?

Dr Pieter van der Dussen ·

Neerhalende opmerkings oor mense soos help niks solank die wese en werklikheid van sake misgekyk word. Nzimande, Hoofkommunis, bly stil omdat rewolusie die Kommunisme se werkswyse is waarmee hulle ‘n Kommunistiese staat wil inrig. Daarvoor benodig hulle ‘n onkundige maklik opsweepbare massa.
Bykomend is hulle grootste vyand die Christendom. Afrikanerskap en Blankeskap vereenselwig hulle met Christendom. Dink aan die uitspraak tydens die Russiese Rewolusie in 1917: Gee ons een enkele geslag kinders en ons vernietig die Christelike Kerk.

Vanselfsprekend swyg Nzimande. Of hyself of sy Amerikaanse bondgenoot agter die opstande sit, is onbelangrik. Nzimande wil die aardse mag bekom deur die Afrikanervolk en Blanke uit te roei wat hulle simbool van Christendomlikheid is. Solank “die Kerk” geneig is om politiek-korrek op te tree en menseregte bo die Evangelie te gehoorsaam, sal hulle vorder. Ons as gelowiges is “die Kerk”. Daarom is ons geroepe om ons voorgangers daarop te wys dat ons nie in die eerste plek met ‘n staatkundige stryd te doen het nie, maar met ‘n geestelike stryd (Romeine 13). “Teenoor die rewolusie die Evangelie” moet ons slagspreuk wees. Nie vra “WAT se die Woord” maar “SO se die HERE in Sy Woord”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.