[Foto’s] Wagte beseer nadat bende op geldwa toeslaan

Die geldwa waarop die bende losgebrand het. Foto: SAPD

Die geldwa waarop die bende losgebrand het. Foto: SAPD

Twee veiligheidswagte van G4S is Maandag lig beseer nadat ʼn groep van nagenoeg tien verdagtes tydens ʼn transitorooftog in Limpopo op hulle losgebrand het.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het op die pad tussen Mokopane en Roedtan plaasgevind.

“Die tien verdagtes het in ʼn BMW en ʼn bakkie gery. Hulle het op die geldwa losgebrand en dit gedwing om tot stilstand te kom,” het Otto gesê.

Sy het gesê die bende het probeer om ʼn kluis in die wa oop te blaas met plofstof, maar het dit nie reggekry nie.

“Hulle het slegs met geldsakke vol munte gevlug. Dit is nie dadelik bekend hoeveel geld hulle gebuit het nie.”

Die polisie het die verdagtes se verlate voertuie sowat 6 km van die toneel af aangetref. “Die polisie is nog besig om vas te stel watter soort vuurwapens die verdagtes gebruik het en waar die voertuie vandaan kom.”

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Adolf ·

Waarom het die geldwaens nie begeleiding nie. Dink dit sal waaragtig help om rooftogte te verminder………………………..

Peet Schabort ·

Jy kan dit weer vra Adolf. Dan word daar ook op die wa geadverteer “Sien julle dat ons geld vervoer?”
Ek neem aan die wagte het weggehardloop met die aanval wat ook ek sou doen want hoe verdedig jy jouself met ‘n vyand wat jou vasgekeer het in ‘n ‘hok’?

Lynet ·

Die mense wat die geldwa ry doen ook net hulle werk. Tenminste is hulle nie dood gemaak
vir ‘n paar muntstukke nie. Ons maak van hulle gebruik en glo my as ek se jy bank op die meeste R9.99 in muntstukke die res van die geld word ge”drop” en net die bank het toe gang tot die geld nie eers die veiligheids mense nie. So se eerder dankie dat hulle leef en nie dood is vir niks nie. Dankie vir julle lojale en harde werk bid vir julle elke dag vir veiligheid.

T vA ·

Ek wonder hoe blaas ‘n mens ‘n kluis oop!!!? Moet seker ‘ n sterk asem besit!

Lynette ·

TvA – jy het seker die gedeelte van “met plofstof” gemis. Maar ja, jy is heel waarskynlik reg – dit moet lees “op te blaas” en nie “oop te blaas” nie – hoewel laasgenoemde nie heeltemal verkeerd is nie – iets kan wel oopgeblaas word met plofstof.

Dee ·

Niks verkeerd met die beskrywing nie en ek sou dit ook eerder oopblaas noem as opblaas want opblaas is anders as oopblaas. Opblaas is soos inflasie dat daar niks oorbly van die geld nie terwyl oopblaas van die kluis nuwe paaie na duur goete sou kon oopmaak.

Eddie ·

Dit is weer daai tyd van die jaar wat die criminals dink alles behoort aan hulle. Mense moet extra oe in hulle koppe he om seker te maak veral in Malls en plekke waar die lafarts gewoonlik hulle SHOPPING kom doen. Hulle wys geen genade so moet hulle nie eers probeur aanpak nie jy gaan tweede kom. Hulle is net daar vir een ding en dit is om te moor en steel.

david ras ·

mens kan sien daar is ‘n verkiesing aan die kom—-‘n sekere politieke party se diakens is weer baie bedrywig !!!

Gerhardt ·

Ek dink nogal jy het ‘n punt beet. Of het ons te veel keer “Arsenaal” gekyk?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.