Foto’s: Walvis by St Francisbaai gered

Foto; NSRI

Foto; NSRI

ʼn Boggelrugwalvis is bevry nadat hy in toue by St Francisbaai in die Oos-Kaap verstrengel geraak het, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) Dinsdag gesê.

“Die 10 meter lange jong walvis is Maandagmiddag omstreeks 14:00 ongeveer 18 seemyl van die kusgebied af opgemerk,” het Craig Lambinon, woordvoerder van die NSRI, in ʼn verklaring gesê. “Hy was verstrengel in drie stukke tou en ‘n drywende reddingsboei om sy stert.” Die reddingsboei is met ‘n ankerpunt aan die seebodem vasgemaak.

Spanlede van die NSRI het twee van die toue losgesny en die walvis is bevry. “Hy het weggeswem en lyk gesond. Ons is vol vertroue dat dit ʼn suksesvolle reddingsoperasie was en dat hy die voorval sal oorleef.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.