Foto’s: Walvishaai uit vlakwater gered

Foto: NSRI

Foto: NSRI

ʼn Walvishaai is uit vlakwater gered naby die Stompneusbaai-hawe aan die Weskus, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) Saterdag gesê.

Craig Lambinon, woordvoerder van die NSRI, sê die walvishaai van tussen vyf en ses meter was swak en benoud. Hy sê hulle het probeer om die walvishaai diepsee in te dwing maar sonder sukses.

“Die NSRI se seereddingsvaartuig en toue is gebruik om die walvishaaiversigtig na dieper water te sleep waar die walvishaai meer positief gereageer het en vrygelaat is.”

Lambinon sê hulle is optimisties dat die walvishaai sal oorleef. Die NSRI het ʼn beroep gedoen op inwoners om die kuslyn dop te hou indien die walvishaai moontlik weer in vlakwater beland.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.