Craig Lambinon, woordvoerder van die NSRI, sê die walvishaai van tussen vyf en ses meter was swak en benoud. Hy sê hulle het probeer om die walvishaai diepsee in te dwing maar sonder sukses.
“Die NSRI se seereddingsvaartuig en toue is gebruik om die walvishaaiversigtig na dieper water te sleep waar die walvishaai meer positief gereageer het en vrygelaat is.”
Lambinon sê hulle is optimisties dat die walvishaai sal oorleef. Die NSRI het ʼn beroep gedoen op inwoners om die kuslyn dop te hou indien die walvishaai moontlik weer in vlakwater beland.