Foto’s: Walviskalf gered na hy in toue verstrengel raak

Foto: NSRI

Foto: NSRI

‘n Walviskalf wat in toue verstrengel geraak het, is naby St. James-baai aan die Valsbaaise kus in Kaapstad gered.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), sê die suidelike noorkapperkalfie, wat glo jonger as ʼn jaar oud is, het sowat 600m van die kus af in toue verstrengel geraak. Hy sê die walvisbevrydingseenheid is uitgestuur nadat ’n ooggetuie die NSRI gekontak het. Lambinon sê die walvis was angstig aangesien die toue hom onder die water in getrek het en hy gesukkel het om bo die water te kom om asem te skep. Daar was vyf toue om die walvis se stert en een om sy kop. Die walvis se lip en stert is gesny en daar was toumerke om sy lyf. Die walvisbevrydingseenheid het die toue geknip en die kalf bevry. Dié eenheid is in 2006 gestig en sluit vrywilligers van die NSRI, die departement van omgewingsake, SANParke, CapeNature, die polisie en verskeie ander organisasies in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.