Foto’s: Walviskalf spoel uit op KZN-strand

Foto: IPSS Rescue.

ʼn Boggelrugwalvis het op Blythedale-strand in KwaZulu-Natal uitgespoel.

Paul Herbst, woordvoerder van IPSS Rescue, het gesê dié walviskalf, wat sowat 5,5 m tot 6 m lank is, het Woensdag op die strand uitgespoel. “Volgens ʼn woordvoerder van die haaieraad was die walvis waarskynlik besig om na die Antarktiese gebied te migreer,” het Herbst gesê.

Herbst het verduidelik dat walvisse na kouer water migreer om agter kosbronne aan te beweeg. “As die kalf te swak was om dié reis te voltooi, sou die ma die kalf agtergelaat het,” het hy gesê.

Volgens hom is daar geen merke op die karkas gevind nie.

Owerhede is tans op die toneel om die verwydering van die karkas te bespreek.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Pop ·

Patat ek ?????saam jou. Toe ek nou die karkas daar op strand sien ruk my hart in my bors.

Beth ·

Daar het gister hier in Dwarskersbos ook ‘n Walvis uitgespoel, ongelukkig kon hy nie gered word nie.

Simone ·

Ai dis hartseer, maar die natuur weet beter, eerder dit voor hy wreed angeval word deur die Orcas en great whites, nogsteeds baie hartseer.

Marianne ·

Moeder Natuur aan die werk… hoe sal ons as mens dit ooit verstaan? ONS SAL NIE, DIS NIE VIR ONS BESKORE NIE.
Ek dink hoe daardie walviskoei moes voel? Hoe roep sy nie na haar kalf nie?
WAAROM SORG DIERE VIR HUL KLEINTJIES EN TREUR OUR HUL KLEINTJIES, MAAR MENSE MOOR HULLE SIN UIT????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.