[Foto’s] Wapen-arsenaal in verlate huis gekry

Foto's: SAPD

Foto’s: SAPD

Die polisie in Limpopo het Donderdagaand op ʼn arsenaal vuurwapens en ammunisie in ʼn verlate huis in die provinsie afgekom.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die Westenburg-polisie het inligting opgevolg oor verdagte goedere wat in ʼn kamer van ʼn verlate huis in die Nirvana-omgewing toegesluit is.

“Die polisie het toegang tot die huis en die kamer bekom en op ʼn aantal vuurwapens en ammunisie afgekom,” het Otto gesê.

Die polisie het onder meer beslag gelê op drie AK47-aanvalsgewere, ʼn R1-geweer en duisende patrone ammunisie, waaronder 47 900 9 mm-koeëls, vir vuurwapens van verskeie kaliber.

“Daar was ook ʼn masjien wat gebruik word om leë patrone mee te vul, ʼn koeëlvaste baadjie en verskeie sakke gevul met ʼn wit poeiermiddel waarop beslag gelê is.”

Otto het gesê forensiese toetse sal op die poeier gedoen word om vas te stel of dit dwelms is. Die vuurwapens sal vir ballistiese toetse gestuur word om vas te stel of dit met enige misdrywe verbind kan word.

“ʼn Ondersoek is van stapel gestuur om vas te stel aan wie die items behoort en waarvoor dit gebruik is,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Peet Schabort ·

Nou wonder mens of daar nie vir hulle ‘n lokval gestel kon word om hulle in die huis te betrap ? Die polisie kon hulle seker ingewag het ?

Liewe lulu ·

Ja Peet, ek wonder ook. Wonder ook wie die eienaar van die huis is

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.