Foto’s: Warmbad-plaasaanval: Ma veg verbete terug, verdagte later vasgetrek

Monique de Souza en Jakes van Deventer. Warmbad plaasaanval

Monique de Souza en Jakes van Deventer. Foto: Facebook

Ure nadat ʼn verloofde paartjie in hul huis op ʼn plaas naby Bela-Bela (Warmbad) in Limpopo aangeval en die man vermoor is, is een van die vermeende aanvallers met puik speurwerk vasgetrek.

Maroela Media het Dinsdag berig Jakes van Deventer (35) is in die vroeë oggendure tydens ʼn aanval op ʼn plaas, wat in plotte onderverdeel is, vermoor. Vier verdagtes het Van Deventer en sy verloofde, Monique de Souza (28), omstreeks 01:00 in hul huis oorval. Die aanvallers het toegang tot die huis verkry deur die kombuisdeur en veiligheidshek oop te breek. Die paartjie is in hul slaapkamer aangeval, terwyl De Souza se ma, Linette en vyf ander kinders ook in die huis was. Linette het die aand by die gesin oornag omdat Van Deventer, ʼn beroepsjagter, die volgende dag sou gaan jag.

Tessa Tullues, Monique se niggie wat haar na die voorval in die hospitaal bygestaan het, het Woensdag aan Maroela Media gesê die huis lyk soos ʼn bloedbad.

“Monique en Jakes het in die kamer geslaap. Jakes se dogtertjie uit sy vorige huwelik het in ʼn bedjie voor hul bed geslaap want sy is baie erg oor haar pa. Die paartjie se babaseuntjie het langs die bed in sy wiegie geslaap. Monique het van Jakes se gille wakker geword.”

Van Deventer is verskeie kere met ʼn skroewedraai en ʼn mes in sy bors gesteek. Die aanvallers het glo ook ʼn mes teen die babatjie se kop gehou en aangedring op goud.

Linette het intussen in ʼn kamer weggekruip met die ander drie kinders wat in die huis was. “Hulle het Monique in ʼn stadium van kamer tot kamer deur die huis gesleep om waardevolle items te soek. Vir een of ander rede het hulle nie die kamer gesien waar my tannie en die kinders weggekruip het nie. Monique is seker die Here het gesorg dat die aanvallers nie daai kamer raakgesien het nie,” het Tullues gesê.

Een van die mans het De Souza aangerand en wou haar glo ook verkrag, maar sy het verbete teruggeveg en hom afgeweer. Sy het hom met haar kaal hande aangedurf en het haar hande is in die proses erg gesny met die mes wat die aanvaller gehad het. Sy het ook van haar vingers gebreek. Sy kon daarin slaag om ʼn mes, wat sy langs haar bed vir veiligheid gehou het, te gryp waarmee sy die man gesteek het. Sy het hom ook met die bedkassie se laaie aangeval.

Die aanvallers het onder andere met twee televisiestelle, ʼn handsak en ʼn vuurwapen te voet van die toneel af gevlug.

Van Deventer is in die huis dood. Monique is per ambulans na die St. Vincent’s-hospitaal in Bela-Bela geneem vir mediese behandeling.

Sy het blou kolle aan haar gesig en bobene opgedoen en word ook behandel vir ʼn steekwond aan haar boud.

“My niggie is erg verslae en is op medikasie vir skok. Die kinders is in die sorg van die familie,” het Tullues bygevoeg.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het Woensdag aan Maroela Media gesê een verdagte is laat Dinsdagmiddag in ʼn informele nedersetting naby Bela-Bela in hegtenis geneem.

“Die inhegtenisname volg ná ʼn gesamentlike poging van onder meer verskeie eenhede van die Limpopo-polisie, speurders van die Bela-Bela-polisie, die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum en die buurtwag,” het Otto gesê.

“Van die gesteelde ware is in die verdagte se besit gevind. ʼn .308-jaggeweer wat vermoedelik aan die slagoffer behoort, was ook in sy besit.”

Die verdagte verskyn Donderdag in die Bela-Bela-landdroshof. Die soektog na die ander verdagtes duur voort.

Otto het gesê die polisie ondersoek onder meer ʼn aanklag van moord en gewapende roof.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid wat na die aanval op die toneel was, het gesê die gesin was van plan om van die hoewe af te trek, juis om veiligheidsredes. “Die huis is nog vol bokse en is nou vol bloed,” het hy gesê. Cameron is vol lof vir die polisie. “Die polisie was briljant. Die toneel was baie goed beman deur belangrike rolspelers om die voorval behoorlik te ondersoek.”

WAARSKUWING: Die foto’s onderaan die berig is grafies van aard en nie geskik vir sensitiewe lesers of kinders nie.

Die foto’s van die toneel is deur verskeie bronne aan Maroela Media verskaf.

Warmbad plaasaanval Warmbad plaasaanval Warmbad plaasaanval Warmbad plaasaanval Warmbad plaasaanval Warmbad plaasaanval Warmbad plaasaanval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

anet ·

Baie dankie aan al die eenhede van die Limpopo-polisie, speurders van die Bela-Bela-polisie, die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum en die buurtwag wat gehelp het en die familie bygestaan het, en een van die verdagtes vasgetrek het. Ek hoop die ander aanvallers(moordenaars) word spoedig gearresteer. Ons het mekaar so bitter nodig in hierdie dae.
Sterkte aan die familie en vriende.

KOWIE ·

maar net nog in famielie lid wat weg gevat is deur die nuwe sa .
GEEN BLANKES IN SA IS VEILIG NIE
BAIE STERKTE AAN DIE FAMIELIE DINK BAIE AAN JUL IN
WARMBAD DIT IS HOE EK NOG DIE PLEK ONTHOU

Nestus Venter ·

Is daar statistiek van hoeveel plaasaanvallers buitelanders is?

JoeV ·

Sal interesant wees om te sien. Wil amper voorkom uit amder berigte of die betrokkenheid van buitelanders in die aanvalle hoog is!

ladybug ·

Wanneer begin ons ‘n plaaswag? Want as ons moet wag vir die regering gaan dit te laat wees vir ons mense! dis nou tyd om hierdie gemors te wys wie is baas in hierdie land, hul reign of terror is nou verby!!!!! So kan dit eenvoudig nie voortgaan nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Elfie ·

Bitter jammer vir die oorlewendes maar ek moet sê ek haal my hoed af vir me De Souza wat nie net oorgegee het maar bly veg het!

willie ·

Al hoe ons die aanvalle gaan stop of verminder is al die boer families in n sekere gebied moet “laer trek” m.a.w gebruik een van die plase as n “living estate” waar al die families bymekaar bly in n veiligheids omheinde gebied. Dis al hoe dit gaan werk. As ons land eendag weer n meer verantwoordelike regering in plek het en die land is weer veilig, dan kan elkeen weer na sy eie nes toe trek. Ons moet maar almal ons trots sluk en dink aan die gesin se veiligheid.

Jean ·

Maak my sommer naar. Ek is in ongeloof, wat het tog geword van die plek wat ek so bewonder het voor 94…. Die land se glans het verval en die ware kleure kom nou na vore…..dis nag!!! Ek begin al hoe meer wonder of apartheid regtig so sleg was as ek kyk na al die demoniese dade..Mag die Here met jul wees want die Satan loop met sy blote pote in daai land en saai verwoesting. Aan die einde met al die blanke Afrikaner bloed wat vloei sal hul tog wel die prys betaal. Sterkte .

ronel ·

Die arme mense. Sterkte vir hulle almal. Sien daar is hondjies op die fotos , weet iemand of hulle ok is? Of is hulle ook aangeval?

Jorinda ·

Wanneer gaan dit ooit ophou…Heel duidelik is geeneen se lewe vir n ander iets werd nie. Vat dan wat julle wil he en los die mense uit,n lewe is meer werd as enige aardsbesitting.

lambert smit ·

Ek sal se self verdediging moet weer intree so ook doodstraf sodra daar I aanval van toepassing gebeur ons blankes mag terug skiet en met die doel om dood te skiet want dis of hy of jy

Hendrik du Plessis ·

Wanneer sal ons leer om ons slaapkamerdeure te sluit wanneer ons in die aand gaan slaap. Hoeveel van ons mense word net nie in hulle slaapkamers verras omdat die deure wawyd oopstaan nie. Hoor jy ‘n geraas, moenie gaan ondersoek instel nie, wag hom in. Hy lok jou juis na buite of selfs in jou huis uit met ‘n lawaai wat hy maak en jy val daarvoor. Wag hom in. Hy moet jou kamerdeur afbreek en jy het dan genoeg kans en die reg om hom te skiet. Maar nou hoor jy iewers ‘n geluidjie en jy wil gaan ondersoek instel, en in baie gevalle verraai die flits jou koms en hy wag jou in.

Bekommerd ·

Ek stem saam oor Kamer deure sluit, maar wat as jou kindertjies in hulle eie kamer slapies. Wat maak jy dan? Daar is nie altyd plek vir ‘n veiligheids hek voor waar jou slaap kamers begin nie.

Ig ·

Hendrik jy sit seker HEELNAG kiertsregop en wag vir inbrekers en slap dan in die dag.

Irene ·

Ja nee!!mens sal iets moet doen!!Donderdag 16:30 by ons ingebreek,my seun van 13jr oud het op om af gekom!!Hy het hond se kop oop geslaan met n pyp om in te kom…ons het ook niks oor gekom nie!!!Maar dank vader hulle het hom gevang.Groete en sterkte.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.