[Foto’s] Wêreld se eerste artroskopie op renoster uitgevoer

'n Jong renosterbul ondergaan 'n operasie by Onderstepoort in Pretoria vroeër die week (Foto: Susan Scott)

‘n Jong renosterbul ondergaan ‘n operasie by Onderstepoort in Pretoria vroeër die week (Foto: Susan Scott)

Geskiedenis is vroeër vandeesweek in Pretoria gemaak toe die eerste artroskopie op ʼn jong renosterbul uitgevoer is.

Dié dier is ʼn paar weke gelede deur stropers geskiet en het gevolglik begin lam word in sy linkerknie.

ʼn Artroskopie verwys na ’n prosedure wat dit moontlik maak om die binnekant en die spasie rondom die gewrig te kan sien ten einde beskadigde weefsel op te spoor en te behandel. Dit is klein insnydings en pasiënte herstel vinniger en met ʼn korter na-operatiewe pyntydperk as met oop chirurgie.

ʼn Professor van Onderstepoort, asook een van die stigtersveeartse van Saving The Survivors, dr. Johan Marais, het die operasie uitgevoer.

In ons reise van die Krugerwildtuin na KwaZulu-Natal na die Oos-Kaap het ons al talle veeartseny-operasies in die veld verfilm, maar dit was die eerste keer dat ons ʼn operasie op ʼn renoster in kliniese toestande met die kamera vasgevang het, ʼn heel ander wêreld!

Veeartseny-teatersusters het ons gemaan om die maskers oor ons monde te hou, en daar was ook 15 minute se skoonskroppery sowel as ʼn asemhalingsapparaat vir die jong bul. Die artroskopie is uitgevoer om stukkies been en uitgroeisels te verwyder wat tot ʼn verlies van kraakbeen gelei het, wat algemeen is in osteoartritis, die toestand waaraan die renoster nou ly.

Met nuuskieriges wat gewissel het van professore, narkotiseurs en natuurlik veeartseny-studente waarvoor Onderstepoort bekend is, is die operasie as ʼn sukses bestempel met die pasiënt wat huis toe gestuur is om te “herstel”!

Marais is een van die karakters wat sy verskyning in STROOP maak.

Besoek STROOP se Facebook-blad vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Theresa B ·

Ag siestog. Blessings vir mense wat so vêr gaan om onskuldige diere te help!

CHRISTA ·

Gelukkig is dr Marais nog nie deur “affirmative action” vervang nie anders was ons nog ‘n renoster kwyt!! Ek hoop en vertrou dat hy intussen ander veeartse oplei wat sy plek kan volstaan en dieselfde dienste sal kan lewer wanneer hy aftree anders is ons renosters en ander wild verlore!

John ·

Dis nou wat ‘n mens ‘n operasie noem. Wat sou so ‘n renoster kwytraak as hy bykom? Laat weet asb dr Marais.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.