Foto’s: Wêreld se grootste skip in Kaapstad

'n Vrou en haar hond loop verby die wêreld se grootste skip, die Pieter Schelte, by Kaapstad-hawe (18 Desember 2014) Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

‘n Vrou en haar hond loop verby die wêreld se grootste skip, die Pieter Schelte, by Kaapstad-hawe (18 Desember 2014) Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Die wêreld se grootste hyskraanvaartuig, die Pieter Schelte, het tydens sy nooiensvaart op pad na Nederland in Kaapstad aangedoen.

Die skip het op 19 November uit Suid-Korea uit sy skeepswerf (Daewoo Heavy Industries) vertrek en sal na verwagting volgende maand in Rotterdam aankom, aldus die webwerf Vesselfinder.

Die Pieter Schelte is 382 meter lank, 124 meter breed en kan oliebore optel. Die skip, ter waarde van byna $2.97 miljard (sowat R34 miljard) is ontwerp om olibore by te staan en Allseas, ʼn maatskappy in Switserland, het versoek dat dit gebou word om bystand te verleen tydens pyplyninstallasie en ondersese konstruksiewerk.

Volgens Allseas sal die Pieter Schelte ʼn gewig van 48 000 ton kan dra.

Allseas beplan ook ʼn susterskip vir die Pieter Schelte wat 400 meter lank sal wees, 160 meter breed en in staat wees om 77 000 ton op te tel.

Die Pieter Schelte is 382 meter lank en 124 meter breed Foto: vesselfinder.com

Die Pieter Schelte is 382 meter lank en 124 meter breed Foto: vesselfinder.com

Foto en grafika: vesselfinder.com

Foto en grafika: vesselfinder.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

gert ·

Hierdie is nie sommer so alledaagse ou bootjie nie. Dit is ‘n MENEER.

Dave ·

Ek is seker daarvan dat as ek met my kayak verby roei sal die verskil in grootte ooglopend wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.