[Foto’s] Werker sterf in waterpyp, 2 vasgekeer

Reddingswerkers op die toneel. Foto: Netcare 911

Reddingswerkers op die toneel. Foto: Netcare 911

ʼn Werker is dood en twee is steeds vasgekeer nadat hulle Dinsdagoggend in ʼn waterpyp by die Rutledgeparkdam in eShowe in KwaZulu-Natal gewerk het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het aan Maroela Media gesê na wat verneem word het agt kontrakwerkers opdrag gekry om ʼn blokkasie in die hoofwaterpyplyn te gaan oopmaak.

“Dit wil voorkom of die werkers met ʼn petrolaangedrewe kragopwekker in die pyp in is om te help om die blokkasie oop te maak en lig te verskaf,” het Botha gesê. “Dit wil lyk of die dampe hulle binne-in die pyp oorweldig het.”

Hy het gesê drie van die agt werkers kon omstreeks 11:00 daarin slaag om self uit die pyp te kom en is na ʼn hospitaal geneem vir behandeling.

“Met paramedici se aankoms op die toneel het ons twee van die werkers in ʼn ernstige toestand aangetref en hulle behandel. Die ander werker was reeds dood. Die twee mense wat vasgekeer is, is voor die kragopwekker in die pyp in.”

Botha het gesê reddingswerkers is steeds op die toneel en die kragopwekker moet eers uit die pyp gehaal word voordat hulle bereik kan word. “In hierdie stadium weet ons nog nie wat die twee wat vasgekeer is se toestand is nie.”

Lees ook: [Opvolg] Drie sterf in waterpyp

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Uys ·

Die kundige werkers is afgelê, nou moet dié werkers leer uit hul foute.

NEL ·

Uys stem saam met jou, die kundiges wat die werk geken het is afgele en dit is waar die blokkasies vandaan kom omdat daar nie meer behoorlik omgesien word na die damme en pype nie. Seker weer ‘ kader wat ‘ kontrak by die Zumta’s gekry het en mense ingespan het met geen ondervinding nie, Sal sal ook nie weer ‘n haan hoor kraai oor die storie nie.

MissDemeanor ·

Dit is flippen hartseer en onnodig dat mense doidgaan omdat hul onbewus is van veiligheidsmaatreels. Hierdie mense is die slagoffers van ‘n gebreekte sisteem. Wie is verantwoorbaar vir hul leed? Waarom was hul nie beter opgelei nie? Wie is die persoon wat vir hul veiligheid aanspreekbaar is?

MissDemeanor ·

Verskoon my vrot spelling. My vingers is klaarblyklik te vet vir my selfoon se sleutelbord…

Gideon ·

Miss Demeanor- ek voel jammer vir almal wat doodgaan, maar een of ander tyd moet mens tog sien, jou party is nie die moeite werd, so hou op om vir hulle te stem!!

François ·

Waar is die risk assessment? Waar is die SHE Officer? Waar is die SHE Manager? Waar is die WSWP? Vra maar net. Daardie mense kon nog geleef het!

Kundigheid ·

Kundigheid kan nie net van die winkelsentrum se rak af gekoop word nie…….Onkunde verwoes onskuldige lewens……….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.