[Foto’s] Werkers en studente betoog by Maties

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Werkers en studente het Dinsdag asblikke en ander voorwerpe aan die brand gesteek tydens ʼn betoging by die Universiteit Stellenbosch (US).

Martin Viljoen, woordvoerder van die universiteit, het gesê die werkers van buitemaatskappye betoog oor uitkontraktering. ʼn Groep studente het hulle intussen by die werkers aangesluit. Die betogers het glo ook asblikke, tafels en stoele in die Neelsie-studentesentrum omgekeer.

Viljoen het gesê daar was Maandag ʼn vergadering tussen verteenwoordigers van die werkers, die vakbond Nehawu, die universiteitsbestuur en die studenteraad.

Volgens Viljoen het die vergadering in “goeie gees” plaasgevind en het die universiteitsbestuur insig gekry in die kwessies wat die werkers pla. “Daar is ook onder meer besluite geneem oor die frekwensie van vergaderings. Die inligting wat ons ontvang het, is dat die protesaksie nie deur Nehawu gelei word nie, maar dat dit net werkers en studente is.”

Viljoen het gesê die protesaksie het vroegoggend op die kampus begin. “Die eksamens word nie in dié stadium ontwrig nie. Die protesgangers is besig om op die kampus rond te beweeg en hulle kan studente dalk probeer keer om te studeer.”

Volgens Viljoen monitor die universiteit die situasie en is daar polisieteenwoordigheid op die kampus. Maroela Media het die Wes-Kaapse polisie genader vir kommentaar en wag vir terugvoer.

Die Open Stellenbosch-beweging het intussen op Twitter vir donasies gevra vir die stakende werkers. “Ons wil graag kruideniersware vir hul families koop.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Ben ☺☺☺ ·

Hulle kan maar regtig honger ly, en hulle kinders ook, hulle weet mos wat hulle doen. Mens moet verantwoordelikheid neem vir jou dade. My spreukwoord is – JY LEEF JOU KEUSES

anna ·

Wat jy saai sal jy maai.
Lyk my hulle het niks anders om te doen nie.
Plaas dat hulle leer – die studente – maar hulle wil seker ‘n graad kry sonder om ‘n eksamen daarvoor te skryf. Soos wat hulle alles wil he sonder om ‘n steek werk te verrig.
Die ou-ou storie.

Esther ·

Dis een din om te betoog of versoeke te rig en ʼn ander om skade aan te rig, studie te ontwrig en barbaars op te tree. Nee wat dra maar die gevolge van jul àfbrekende gedrag.

Theresa ·

My wêreld! Dis nou te sê!! Wie in sy by sy volle positiewe gaan bydraes gee vir hierdie barbare wat goed rondstrooi en aan die brand steek???? As iemand dit doen, is hul net so sleg soos daardie mense wat als vernietig. Dis NIE hoe mens oor iets beraadslaag nie. Wip my sommer vreeslik oor hierdie manier van doen. Wonder of daar nou weer mense gaan wees wat goed aanpiekel vir die “arme” goed. Soos toe jul lank in son gesit en vergaan het omdat hul nie saamstem oor goed nie. Toe dra daar mos mense water aan. Nee a.
Die wat goed wil afbrand en skade aan dinge berokken hoef nie te eet en water te kry nie. Hul hou hulself besig met verkeerde goed.

J.Z ·

Wil die mense leer of baklei,as ek so kyk stel hulle nie belang in leer nie.hulle lei aan die sindroom ,as ek nie kry wat ek eis nie .dan breek ons dit af.regte ANC gewoonte.

Francis Linstrom ·

Laat elkeen wat staak en enigiets vernietig waarvoor hulle nie gewerk het nie maar hongerly. Die land van ons se LEUSE IS MOS “WIL HE, GEE VERNIET EN VERNIEL ALLES”

Ludwig ·

‘n Bydrae vir die opneukers? Die vermetelheid! Ek is ‘n oud-Matie. In my dae het ons sulke ongure karakters met ons vuiste van die kampus af verwilder. Ou biskoop Joost de Blank, as hy nog leef, al goed onthou hoe hy en sy trawante die hasepad gekies het voor die Matie-vuiste!

Vra maar net ·

Ek hoop die rakkers van Open Stellenbosch kry ‘n hartlike middelvinger van die publiek t.o.v. die versoek vir ‘n ou geldjie vir kruideniersware. Dis vermetel van hulle om te verwag die publiek moet ‘n klomp kriminele onderhou.
Insake die staking; moenie staak nie. Bedank en kry ‘n ander werk. Met die hogere kwalifikasies wat die gemiddelde stakers het, sal dit mos nie ‘n probleem wees nie. Of hoe dan/

Natasja venter ·

Ek kan regtig nie verstaan wat hulle laat dink as hulle skade aanrig dat dit enigsins sal help nie .

Johandri ·

Hulle wil nie werk nie, maar ons moet nog vir hulle sorg?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.