[Foto’s] Wes-Kaap storm: Beserings, skade aangemeld

‘n Pad word versper deur ‘n boom wat ontwortel is in Kenilworth, Kaapstad (7 Junie 2017). Foto: Twitter via @TrafficSA

Drie mense is in die Wes-Kaap beseer nadat geboue se dakke afgewaai en ʼn muur omgeval het sedert ʼn erge storm die provinsie omstreeks 23:00 Dinsdagaand getref het.

Gemiddelde windsterkte van tussen 55 km/h en 90 km/h is deur die aand waargeneem. Die hoeveelheid reënval oor die provinsie verskil, maar tot 45 mm reën het in Grabouw geval.

Charlotte Powell van die Stad Kaapstad se rampbestuursentrum het Woensdagoggend aan Maroela Media gesê ʼn dak van ʼn woonstelblok in Lavender Hill het afgewaai en ʼn vrou en minderjarige meisie is beseer. Hulle is na ʼn hospitaal geneem. In Wynberg het ʼn muur ineengestort en ʼn man is vermoedelik beseer toe die muur op hom geval het. Hy is ook na die Victoria-hospitaal geneem.

Volgens Powell moes noodskuilings beskikbaar gestel word vir inwoners van informele nedersettings in Imizamo Yethu, Houtbaai, Maitland, Vishoek en dele van Khayelitsha wie se wonings deur die storm beskadig is. Sy het gesê gemeenskapsale is geopen om hierdie mense te akkommodeer.

‘n Plakkershut wat in Hermanus deur die storm verwoes is. Foto: Twitter via @NwabeeM

Verskeie bome is deur die storm ontwortel wat daartoe gelei het dat kragdrade beskadig is. “Daar is bome ontwortel in Elsiesrivier, Maitland, Delft, Plattekloof, Constantia en Mitchells Plain. Die krag is op verskeie plekke onderbreek, onder meer in Southfield, Newlands en Wynberg. Die stad werk onverpoosd om die kragvoorsiening na dié plekke te herstel,” het Powell gesê.

Intussen het Deidre Davids, senior bestuurder van korporatiewe sake by die Kaapstad Internasionale Lughawe, aan Maroela Media gesê geen vlugte is tot dusver deur die storm ontwrig nie. “Ons eerste vlug het vanoggend om 05:50 opgestyg en die eerste paar vir die dag het reeds by die lughawe geland. Alles verloop nog volgens skedule, maar ons hou beslis ʼn oog op die weerstoestande,” het sy gesê.

Verskeie mense het Woensdag foto’s op sosiale media gedeel van die skade wat deur die storm aangerig is. Terselfdertyd het ander inwoners van Kaapstad aan Maroela Media gesê hoewel dit gereën het, het hulle geen buitengewone erge weerstoestande ervaar nie. “Die reën het met tussenposes geval en ek het deur die nag wakker geword van die weerlig buite, maar dit was maar net soos ʼn gewone reënbui,” het een inwoner gesê.

James-Brent Styan, woordvoerder van die minister van plaaslike regering en omgewingsake, Anton Bredell, het Woensdagoggend in ʼn verklaring gesê die storm het nog nie sy piek bereik nie en die publiek is gewaarsku om versigtig te wees wanneer daar vandag deur die provinsie gereis word.

Foto: Twitter via @LindaRoodt1

“Die spoorweg tussen Bellville en Wellington is beskadig, wat die bedrywighede van Metrorail affekteer. Alle treindienste sal tot en met ʼn uur vertraag wees op die roetes wat steeds oop is,” het Styan gesê.

Volgens Styan is die N2 tussen Pletternbergbaai en Knysna gesluit nadat brande in die Eden-distrik ontstaan het weens warm en sterk winde wat in die gebied gewaai het in aanloop tot die storm. “Daar is steeds kommer rondom hierdie brande, aangesien baie min reën vir hierdie gebied voorspel word,” het Styan gesê.

Hy het ook gesê seegolwe van tot 13 m hoog het Dinsdagmiddag voorgekom, wat skade aan laagliggende gebiede naby die kus kan veroorsaak. Hy het weereens die publiek gewaarsku om vandag weg te bly van die provinsie se strande. Inwoners word ook aangeraai om buitemuurse aktiwiteite, insluitend staproetes, damme en riviere vir die dag te vermy.

Styan het gesê die Stad Kaapstad sal deur die loop van die oggend die situasie oor die provinsie evalueer en teen 13:00 weer terugvoer gee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

64 Kommentare

Nettie ·

Dankie, liewe Here, vir die seën van reën, wat ons so bitter nodig gehad het hier in die W-Kaap, maar ….. Here ….. moes U dit nou alles in een nag gestuur het?

henk ·

Mense bid vir verlossing van droogte,en kla as hulle dit kry. Ons is ons eie grootste probleem.

Nina ·

Dis geen verlossing van droogte, dis ‘n vieslike verwoestende storm en die diere en kwesbares ly nou weer daaronder! Vieslik!

sydie ·

sies Nettie en Nina, julle het geen respek vir die Een wat vir ons sorg nie. Natuurlik help die reen. Die storm was nie so erg nie. Diere is gemaak om in die natuur te oorleef. Ja, die mense wat nie in ‘formele’ huise woon nie, is die swaarste getref, maar dit is elke jaar so. Ek kry hulle jammer, maar dis die lewe. Die stormweer is nie ‘vieslik’ nie en dit was nie te veel vir een nag nie!

Boetman ·

Jaaa Nina – en die droogte is ‘n pragtige gesig – presies wat die diere en kwesbares nodig het.

Eish!

Nelis ·

Ag ou Boetman die reën wat wel geval het kan mens in ‘n koos opvang terwyl jou huis uitmekaar geruk word.

Nina ·

Mens kan sien julle het absoluut GEEN empatie met mens en dier nie. Solank julle kan geld maak en gemaklik sit is alles reg, al tref ‘n orkaan ook die weerloses!

Spook ·

Ag nina, loop soek vir jou n ander planeet as die natuur jou nie pas nie. Jammer aan die mense wat skade gely het

Peeter ·

Oo ja nee kyk, tipies Saffa, bid vir reen, kry dit, moan oor dit, moet net altyd moan en moan oor alles, alles!

Kollie ·

Totale oorreaksie. Sterk wind maar omtrent geen reen tot nou toe nie. Belaglik dat die skole gesluit is.

Kollie ·

Lyk my die reen is maar plek-plek. Dankbaar dat dit darem iewers in die opvangsgebied reen.

GrootGeluk ·

Na ek die kommentaar gelees het, bid ek dat die storm by julle verby gaan. Julle wil nie werklik reen he nie, want dan waai die wind en daar is wolke. Verstommend.

Kollie ·

Ons kan egter sonder die stomwind klaarkom wat dakke en bome wegwaai. Meer reen minder wind, dankie. Hier by ons is dit soos die wolf wat die varkies se huisie omwaai en toe vind dat daar geen varkies in die huis is nie. Moewiese lawaai maar geen reen. Of soos die Engelse sal se: Close but no cigar.

Jaco se Pa ·

Jaco loop trek die tuinslang uit die tenk en draai die kraan toe ;-)
Saam bly vir julle water!

Basjan ·

En om te dink … as dit nie vir daardie wind was nie, sou die reen presies geval het op die plek waar die droogte op sy ergste is : in die Suid Atlantiese oseaan.

Kollie ·

Ek woon so 15km uit die middestad in die noordelike voorstede. Hier het dit omtrent niks gereen nie, wind waai jou net in ‘n ander bloedgroep in. Blykbaar is die piek van die storm eintlik eers vanmiddag. Hoop dit reen behoorlik.

Jo ·

Langs die kus is dit ‘n ander storie. Donker, oorverdowend. Diere waai weg in die stormwinde. Reën en wind kom in vernielsugtige vlae neer. Hoor die ergste gaan tussen 11 en 5 vanmiddag kom.

Weet nie ·

Ek weet nie, of die Weskaap nog reën wil hê nie want dot gaan gepaart met wind en wolke. En eimtlik is hulle maar verskriklik ondankbaar wanneer if as hulle wel reën kry.

Nettie ·

Kollie, hou vas: vas, soos ons gisteraand aan die grond moes vashou, soos die wind hier in De Doorns gewaai het, voor dit BEGIN REËN het – eers sulke groot, swaar plof-druppels, toe plof-plof-plof druppels en toe sjorrrrrr-stortreën, wat nog steeds aanhou. Ons het g’n krag, g’n selfoon- of Telkomdiens by die huis nie, want as die krag af is …….. dan’s alles af! En die wind waai ons nog steeds by die een bloedgroep in en dan weer uit daai bloedgroep uit tot by die volgende een. Sterkte almal, maar DANKIE HERE vir die verligting t.o.v. reën.

Lerato lerato ·

Hope and pray that those that lost their homes will find shelters

Voorlaaier ·

Wind waai my valstanne uit my bek….durf ni my mond oop maak nie!?

Hannelie ·

Dankie Here vir die reën, ons is soms baie ondankbaar. Mag die reën nog kom sodat ons leë damme bietjie water kan kry.

Sies ·

Ai mense, Die Here voorsien altyd… mens moet net glo. Praise Him in good or bad times! Die Here verdien om geprys te word. Ek glo ook dat Die Here voorsiening sal maak vir die wat groot skade het…vir die diere ook.. Ons verstaan nie altyd hierdie dinge nie… Hou moed en bly op julle kniee en PRYS DIE HERE ALTYD!

Amem ·

Amen! Ek wil net sê dat Jesus die Here is en onthou, op aarde is Satan koning. Lees jou Bybel en kry ‘n ordentlike verhouding met God, dan word als geopenbaar deur die Heilige Gees. Word wakker SA, die Here roep! Bekeer jou en laat jou doop! Sommer nou!

Hester ·

Aai, soveel kommentaar en ondankbaarheid! Ons hele land bid vir reen in die Kaap. Nou kla julle oor wind en diere. Kan julle nie diere in veilige plekke sit nie? Ek meen almal is gewaarsku oor die storms. Dankie Here vir die reen.

Werner ·

Stem saam Hester… Bid vir reen en haweloses… En dankbaat vir water en kos en warm plekkie en en en en

storms ·

As ek my nie nou nei verbeel nie is dit n storm waarskuwing gewees…so dit kannet wind wees.
Dink julle nie elke drupel wat val een of duisend moet net dankie gese word nie..
of wil julle net die lekker in die lewe he…
wees dankbaar julle kry daar is boere wat 5 jaar laas n drupel gehad het…en hy sal wind weer en als vat vir 5 druppels…

Pieta ·

ek is geskok dat mense so kan kla. Aanvaar die slegte weer, dis al hoe ons reen kry. Ek moet bysê die storm is nie so erg as wat voorspel is nie. Die kinders hierrond kon maar skool toe gaan. Baie ouers wat nou sukkel met kinders by die huis en wat dag moes afvat by werk ens. Die reen wat tot dusver geval het, is maar min. Swembad is darem weer vol geutwater. Whatever…

Scalla ·

Wees dankbaar oor die reen na die erge droogte, skade kan herstel word en beserings word genees, sonder water kan niemand bestaan nie.

Piket ·

Nettie en Nina. Sulke pragtige name.
Ag neee…. hoekom sulke kommentaar?
Maar miskien voel julle beter?
Noudat julle dit gesê het?

Positief ·

Ek glo nie wat ek nou so pas gelees het nie. Hier in die Transvaal het ons ook ‘n droogte gehad en daarna ook storms waar mense weggespoel is in hul motors, kinders wat verdrink het.
Elke keer as dit hier by ons reen vra ek vir die Here om asb die Kaap ook genadig te wees. Ek glo nie ek gaan dit weer doen nie, want die ondankbaarheid wat hierop volg is walglik.
Ons bid elke Sondag in ons kerke vir julle vir reen……. ek wonder hoekom?

Liezl ·

Dankie, Positief. Ons bly biddend die kant. Maak nie saak wat mense sê of doen nie, moenie dat dit jou omgooi nie. Rig jou oë op Jesus en hou aan bid. Dit maak wel ‘n verskil. Ek bid teen hierdie negatiewe kommentaar in die Naam van Jesus en glo dat elke kommentaar omgedraai word vir die goeie. Dankie dankie dankie dat ons weer die grond nat kan sien. Dankie dankie dankie dat ons weer die blare kan sien blink. Dankie dankie dankie dat ons weer kan sien hoe Tafelberg skoon gewas is. Dankie dankie dankie vir U groot genade!!! Al was dit in ‘n ‘storm’ en ‘n half, ons het die storm so broodnodig gehad!!!! Ons as mens veroorsaak erger storms elke dag en ons ervaar 1 dag se storm…. nee wat. Ek sê weer dankie!

Penellope Jones ·

Dit wil voorkom asof dit nie so erg gereen het soos aanvanklik gedink is nie, maar, elke druppel wat val is n druppel wat val waarvoor mens baie dankbaar is.
Al het dit nie so baie gereen nie, is dit darem beter as die droogte en die hitte wat mens, dier en plant uitdor.

Rabes ·

Here wil U die wind asb.stop ,want ek is so bang die klomp ondankdare klakouse word tot hier in die Karoo gewaai.

Liz ·

Wel as dit reen kla ons oor mens en dier en as die water opraak agv droogte kla ons en ons wonder hoekom SA in so n gemors is gaam op jul kniee en dank die Hemele Vader vir sy goedheid al is ons so ondankbaar

Geskok ·

Sies. Ons bid elke dag dat julle in die Kaap reen kry. Nou kry julle reen en dis die kommentaar. Alles in een nag, wou julle dit oor 5 jaar gehad het?

Kollie ·

Dit reen nie hier by my nie, ons dakke waai net los. Ek het rede om te kla.

Mnr Doepies ·

Dis die eerste keer dat ek Marula Media gebruik, en my hart gaan uit na die mense wat skade ly, veral die wat al hul besittings verloor, maar die ontdankbaarheid, minagting van Almagtige God en die klagtes en voorskrifte aan God is skokkend. My mond hang oop.

Liezl ·

Hi Mnr Doepies. Hierdie is die uitlaatklep. Ons almal kom sit ons gedagtes hier neer. Elke ou is mos maar verskillend. Geniet Maroela media. Hier ‘sien’ jy hoe baie mense hulself uitlaat. Dis ‘n lekker geselsery somtyds en somtyds huil jy ook. Baie opbouend, gaan kyk Gedagte vir die dag of Toekomsvenster. Hierdie is regtig ‘n lekker Afrikaanse blad. GENIET DIT :)

job jobson ·

Hoe lyk Clanwilliam dam – gebore en getoë daar maar was tien jaar gelede daar. Sal graag weer i draaikie daar wil maak met my diamant vrou(Kimberley)

Santie ·

Gelukkig is die meerderheid Kapenaars dankbaar vir die reen so moet asseblief nie almal onder dieselfde kam skeer nie. Gelukkig weet God beter as ons hoe ons mense dink en optree. Ek weet net dat ek skaam kry vir die kla-kouse se part! Daar is beslis baie dankgebede vir die reen wat ontvang is.

rene ·

Ek stem saam met jou Nina, almal het gebid en gevra vir die reen, nou is hulle nog ondankbaar ook vir die reen, Dankie Here vir die reen wat ons so brood nodig het.

rene ·

ekskuus, ek bedoel ek stem nie saam met Nina nie, dis vieslik om so iets te se,

Nuvé ·

Nee wat, die Kapenaars soek nie regtig reen nie, laat die droogte julle nou maar eet. Daar’s soveel wat aangaan maar julle moan oor die skole wat vir 1, EEN dag toe is.

Kollie ·

Dit was heeltemal onnodig om die skole te sluit. Hierdie stormpie was maar effentjies in vergeleke wat ek al in my 50 jaar in Kaapstad beleef het. Genade, dit het skaars gereen. Toe ek so 10 jaar oud was, was ons een dag in die middestad. Die wind het daai dag geboue se vensters uitgewaai, busse omgewaai en jy kon nie op jou eie stap nie. Mense het bymekaar ingehaak om kettings van so minstens sewe mense te vorm, dis al manier hoe jy nie weggewaai was nie. Dit was ‘n STORM.

VanAfrika ·

Ek klok ook nou eers in en kan nie glo wat ek lees nie. Soos al die ander het ons hier uit Johannesburg gebid dat julle reen kry dan word daar gekla oor storm, wind en reen. Ek is lief vir diere en is jammer vir hulle wat geoffer moes word sodat julle water kon kry. Julle kla terwyl boere oor hul vee kyk en huil omdat hulle sterf van die honger. Ek het gister n artikel gelees van n lammertjie wat reg langs n droe dam net opgegee het en gesterwe het omdat daar niks water in die dam is nie. Julle wat kla sal nou jul knieg buig en begin bid vir water vir julle droe damme en terwyl jy kniel vra sommer vir God Sy genade en verskoning omdat julle so selfsugtig is

anne ·

Stem 100% saam. Ons het gebid en HY het gehoor, wees dankbaar.

Elize C ·

My wange is bloedrooi van skaamte hier waar ek sit en lees …..! Figuurlik gesproke (en met alle respek gesê) hoop ek God is te besig om al hierdie ondankbaarheid, klagtes en voorskrifte te “lees”, want ek kry so, SO skaam. Want wragtag: as Hy nie ‘n God van liefde en genade was wat die mens se klein breintjie en sy redenasies verstaan nie, sou Hy sekerlik nou ‘n gekrenkte kind se redenasie gebruik het en gesê het: nou maar vlieg in julle peetjies man, en sorg self verder as My manier van doen nie vir julle aanvaarbaar is nie!! Ek besef almal is moedeloos weens verskeie redes: daar is skade en ongerief agv die storm, daar is steeds nie reën op sekere plekke nie, ens, ens. Maar sulke disrespek en voorskrifte aan die Allerhoogste laat letterlik my keel toetrek as ek dink aan die moontlike toorn wat kan ontvlam. En Nettie, ek weet jy het net humor in ‘n moeilike situasie probeer inbring, kan nie glo daar is sommiges wat dink jou kommentaar was letterlik bedoel nie. Bly om te sien daar is nog mense wat hul humor kan behou ten spyte van moeilike tye.

Kollie ·

Julle kan julself regmaak vir ergerlike koue daar in die noorde. Dit raak nou vrek koud hier.

hannes marais ·

weskaap se damme nogsteeds leeg..hopelik kom daar meer reen

Stufe ·

Almal wat so aangaan “50 jaar terug toe ek kind was” “dit was erger toe en klein was” “oorreaksie” ens. Die dorp, stad het ontwikkel, meer mense, meer karre, meer huise, meer kantore ens ens ens, 50 jaar terug het niks te doen met vandag nie, want 50 jaar terug kon ek in die middestad ook rondstap,veilig. Het dit dieselfde gebly? nee. Eks bly as julle dink dis “normale Kaapse weer” ek wet mense in Knysna, Plett sal verskil? Die mense wat dood is sal verskil, want hul leef dan nog elke ander jaar. Dis nie normale wind nie, ook nie swellings nie, gaan lees op.

Stefanie ·

Ek stem 100% saam jou. Snaaks hoe al die data ens wys dis erger as enige iets in die afgelope 30jaar, het die mense erger al gehad. Story toppers.

Estelle ·

HERE baie dankie vir die welkome reen. My innige simpatie ook vir die verliese en skade. Ek geniet dit baie om mense se verskillende kommentare te lees. As ons almal dieselfde moes dink en doen sou die lewe regtig verveeld gewees het.

Minette ·

Aan sommige van die dames hierbo: Vader, gee my asb my daaglikse brood, solank dit nie bruinbrood of rogbrood is nie…. A nee a!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.