Foto’s: Wit tiertjies steel harte

Foto’s: Phillip Bruwer

Die geboorte van twee wit tiertjies in dieselfde werpsel van twee oranje Bengaalse tiere, het ʼn dierepark se eienaar baie opgewonde.

Die twee wit tiertjies, Zeus en Spirit, is onlangs by Mystic Monkeys and Feathers-dierepark in Rust de Winter, buite Pretoria, gebore. Volgens Christa Saayman, die dierepark se eienaar, is dit vir hulle ʼn rare gebeurtenis, want die tiertjies se ouers, Alex en Tiffany, is albei oranje.

ʼn Oranje boetjie, Apollo, is ook saam die twee wittetjies gebore.

“Die drie welpies steel almal wat die park besoek se harte. Dit is die tweede keer in die park se geskiedenis wat ons met wit babatjies geseën is. Maar dit is die eerste keer dat daar twee wit welpies in dieselfde werpsel is,” het Saayman aan Maroela Media gesê. “Die drie welpies is bedrywig en rond en gesond. Hulle hou behoorlik vir Maria Manganye, wat na hulle omsien, op haar voete.”

Die park beoog om ʼn teelprogram vir wit tiere te begin.

Buiten die tiere het die park ook wit leeus, cheetahs, oselotte, sjimpansees, meer as 44 aapspesies en verskeie eksotiese voël spesies.

[nggallery id=42]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.