[Foto’s] Wits-betogers saai chaos in Jhb-strate

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Die gewelddadige betogings by die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) het Maandag oorgespoel na die strate van Braamfontein waar betogers onder meer ʼn bus aan die brand gesteek het.

Nadat betogers en polisiebeamptes vroeër vandag voor die Grootsaal op die Wits-kampus gebots het, het betogers die strate ingevaar waar hulle paaie afgesper en verbygaande motors in Jorissenstraat met klippe bestook het. Die polisie het by verskeie geleenthede traangas en skokgranate afgevuur in ʼn poging om die studente uitmekaar te jaag.

Sakeondernemings in Braamfontein het vinnig hul deure gesluit terwyl die skermutseling tussen die betogers en polisie al meer gewelddadig geraak het.

Intussen het Shirona Patel, woordvoerder van die universiteit, gesê die bestuur is vasbeslote om akademiese bedrywighede op die kampus te laat voortgaan. “Verskeie van die klasse gaan vandag voort op die kampus, hoewel die bywoningsgetalle baie laag is. Waar die hoofde van die departemente voel dit is veilig, gaan die klasse voort,” het Patel gesê.

Volgens die universiteit het die bestuur probeer om ʼn “tweerigting imbizo” met die betogende studente te reël wat deur ʼn onafhanklike persoon gefasiliteer sou word, maar is hulle deur die studente gedreig. “Ons kan nie toelaat dat studente die reëls van die universiteit oortree en hierdie imbizo te midde van dreigemente hou nie. Dit is nie demokratiese gedrag nie,” het sy gesê.

Volgens Patel weier die betogers steeds om met die bestuur te vergader, omdat hulle sê die betoging vorm deel van ʼn nasionale stryd en daar moet ʼn “sterk gesamentlike boodskap” aan die regering gestuur word deur die universiteit heeltemal tot stilstand te dwing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Mossie ·

My pa het altyd gesê “meng jou met die semels dan vreet die varke jou”

Johann ·

Wat moet nog gebeur voordat die ANC regering die impak van hierdie barbaarse fandalisme op ons land se toekoms het? Nie dat enige van die Zumaters hulle steur aan enige beeld wat mag skade ly nie…maar die Wereld kyk ons met verdwaasde ongeloof aan. Hoe kan n KLEUN groepie anargiste wat met brand en breek en intimideer DREIG on iets te bekom die hele land aan hul skippende voete he? Wat het geword van die beskerming van die meerderheid se regte en voorregte?

marlene ·

Hierdie is ons toekomstige landsleiers. Dis regtigwaar skrikwekkend, om die minste te sê.

Grassie ·

Marlene – nie een van hierdie betogers gaan landsleiers word nie. Hulle gaan nie gradueer nie want hulle is misdadigers en uitvaagsels wat niks in die lewe gaan bereik nie. Die toekomstige leiers sal jy vind tussen die beleerdes wat ondanks die chaos en geweld besig is om te swot en ‘n manier sal vind om hul studies te voltooi, al vat dit ‘n bietjie langer. Die anargiste wat nou op die voorgrond is sal mettertyd van die toneel verdwyn en vergaan van ellende.

Lilla B ·

Sovêr my kennis strek het Zuma slegs standerd 2…dus kan een van hulle dalk nog president word!!

Johann ·

Wat moet nog gebeur voordat die ANC regering die impak van hierdie barbaarse fandalisme op ons land se toekoms het? Nie dat enige van die Zumaters hulle steur aan enige beeld wat mag skade ly nie…maar die Wereld kyk ons met verdwaasde ongeloof aan. Hoe kan n KLEUN groepie anargiste wat met brand en breek en intimideer DREIG on iets te bekom die hele land aan hul skippende voete he? Wat het geword van die beskerming van die meerderheid se regte en voorregte?

Bella van Zyl ·

En hul reken hul is….uhhhmmm….’beskaafd’…..????!!!!

Benè ·

Dit is baie veiliger om klasse deur sosiale media voort te sit.

Liewe heksie ·

Wat de hell wie het die vrot eiers uitgebroei hulle speel nou regtig op afbob se stoep

Ronna ·

Om ‘n president in SA te wees, verg nie ‘n ordentlike kwalifikasie nie, met oor die 700 aanklagte van bedrog, watter tipe voorbeeld stel hy?

John ·

Van die opstokers is ook lektore. Een het skynbaar op internet gese die arrogante witmense wat so onaangetas bly moet dit nou ook aan hul lywe voel. Mmmm? Daar is dus mense wat wil he dit moet uitkring en polisiehoof is so rustig soos ‘n pa op ‘n kinderpartytjie wat net oplet dat ‘n kleintjies nie te veel roomys eet nie… ander kry hulle dalk maagpyn.

Johan ·

Ek is nie ‘n persoon vir geweld of die aanstoking van geweld nie maaar ek glo dit is nou tyd dat die weermag die polisie en sekuriteit moet bystaan in die STRYD teen ‘n klomp lighoofdige jongelinge wat geen respek het vir ander se menslike en konstitusionele regte nie. Maar ek glo nie dit sal gebeur nie want die ( opperhoof ) van die weermag is weer (steeds) nie in die land nie.

My opinie ·

Ek dink daar is ‘n politieke agenda agter hierdoe hele gemors.

L ·

Wapenhandelaars wat baat uit onluste en dit Wat daarop kan volg.

Lance ·

En die polisie …waar is hulle …hoe kan hulle dit toelaat of is hulle SO onopgelei …wat is die probleem kyk hulle net ? Om die president van SA te word het jy verseker nie n graad nodig nie …jy moet net lekker kan lag , giggel ,koddige daanspassies kan uitvoer , skelm en korrup kan wees …so dis byna meer as helfte van die staatsdiens seker

Ouman ·

Dit is wat jy kry as jy regte uitdeel sonder verpligtinge. Absolute anargie. Dit is net ‘n kwessie van tyd voor die spul iemand onskuldig se dood gaan veroorsaak. Dalk is die tyd vir rubberkoeels en skokgranate nou verby. Ek wonder net of al die betogers wel ingeskrewe studente is Hulle gedrag maak dat mens nie simpstiek teenoor hulle kan staan nie.

Celeste ·

Die ergste is dat meeste van hulle nie eers studente is nie. Die wat wel studente is en wat n graad wil he moet saamstaan teen die wat dit op die oomblik van hulle ontneem. Die president het die gemors gemaak maar hy gaan dit nie oplos nie.

PERSPEKTIEF ·

Inligting in media meld dat 3e magte betrokke is. Studente wat nie vir toelating tot eksamens verkry het nie weens swak bywoning en standard en / of vordering nie, wil staads as studente verder as studente gereken word. Die werklikheid is dat die hele sisteem van onderwys vanaf ouerhuis tot na skoolse opleiding standaarde betref, ver tekort skiet. Die akademie moet voorskriftelik, duidelik en met die nodige waardigheid en dissipline die kultuur skep van uitnemendheid. Betogers bestuur die “disinformasie” veldtog met hul focus op SA Polisie, regereing, akademie ens. Gratis beteken nie noodwendig kwaliteit nie. Ook nie integriteit nie.

Mooi man ·

Mooi man, ek het nog altyd gedink as jy busse uitbrand en polisievoertuie omgooi, en ander mense se winkels beroof, gaan jy VERSEKER volgende jaar verniet studeer. Dit is mos die pad om te volg, jy vernietig alles voor jou, dan kan jy gratis studeer ..

Johannes Meintjes ·

Jip, – 22 jaar se onbevoegde regering in ‘n altyd-potensieele multi-dinamiese SA wat toenenemd onvolhoubaar inplof of onproduktief onderdruk word, moet iewers in al groter verval begin manifesteer!

HANS ·

Ek sal nie verbaas wees as hierdie hele chaos deur Zumpie en sy trawante self aangevuur word nie. Dit sal hom die geleentheid bied om n noodtoestand af te kondig en by wyse van dekreet “for life” te regeer, sonder vrees vir die howe en sonder om verantwoording aan die land se mense te hoef doen.

Johann Smith ·

Nog weereens ‘n bewys dat geleerdheid glad nie outomaties beskaafdheid teweeg bring nie. Hier is dit ‘n geval van mense met ten minste matriek, tweede en derde jaar studente wat soos barbaare tekere gaan as hul nie hul sin kry nie Hul het die vermeetelheid om die woord belasting te gebruik wat hierdie onrealistiese verwagtings moet finansier sonder dat een van hulle al ooit persoonlike belastings betaal het. Dit is net nog ‘n bewys hoekom daar nie een land van die Limpoopo tot Kairo is wat nie soos toilette lyk, selfs na hulle ordentelikke infrastruktiere van vorige kolianiste geerf het nie. Selfs hulle wat met groot ryk grondstowwe spog hgert geen vooruitgang getoon nie. Dit bewys weereens dat beskawing jare van ontwikkeling neem en nie geleer kan word nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.