Foto’s: Zuma as president ingehuldig

Verbyvlug tydens die seremonie Foto: Antoine de Ras/Independent Newspapers/Pool

Verbyvlug tydens die seremonie Foto: Antoine de Ras/Independent Newspapers/Pool

Nog foto’s volg onderaan die berig. President Jacob Zuma het Saterdag gesê hy voel geëerd om Suid-Afrika vir nog vyf jaar te lei.

“Ek is geëerd om vandag hier voor julle te staan en die mandaat te aanvaar,” het Zuma tydens sy inhuldigingseremonie as president by die Uniegebou in Pretoria gesê. “Dit is 20 jaar van vryheid en 20 jaar sedert [voormalige president] Nelson Mandela by dieselfde amfiteater sy eed gesweer het.”

Hoofregter Mogoeng Moegoeng het Zuma as president van die land ingesweer.

ʼn 21 geweer-saluut is daarna gevuur en die weermagorkes het die volkslied gespeel. Die lugmag het ook ʼn indrukwekkende vertoning gehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Mike ·

Ek sien nie blankes daar nie en dis goed so. Die afrikaner moet hom eerder besig hou met sy eie toekoms en selfbeskikking as om deel te wees van die sirkus by die uniegebou.

Ania ·

Uiteindelik, nou kan hierdie geraas van die afgelope week se vliegtuie bo Pta ook ophou. Hoeveel het dit die belastingbetaler nie uit die sak gejaag nie? En wat sien die massas wat soos skape nou maar weer vir die ANC gestem het van hierdie weelde? Niks.

Rienie ·

Dink maar net daaraan hoeveel huise kon gebou word, om nie eens te praat van die nodige geriewe vir ons mense wat dit so nodig het nie. Is al die vertoon werklik nodig?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.