[Foto’s] ‘Zuma must fall’-plakkate laat sosiale media gons

Een van die plakkate wat op sosiale media versprei word

Een van die plakkate wat op sosiale media versprei word

Plakkate met die woorde “Zuma must fall” wat kwansuis skielik wêreldwyd in bekende openbare plekke soos New York en Londen opgesit is, het sosiale media aan die gons.

Die foto’s is egter met programme soos Adobe PhotoShop geredigeer en verskyn nie werklik op die geboue (of bus in Londen of warmlugballon) nie.

Die plakkate is op sosiale media begin versprei nadat ʼn reusagtige plakkaat met dieselfde woorde Vrydag in Kaapstad teen ʼn gebou opgerig en Saterdag deur ANC-ondersteuners afgeskeur is.

“Mens kan nie die plakkate op sosiale media afskeur nie,” het een van die gebruikers verduidelik.

Floyd Shivambu, EFF-LP, het self ook ʼn geredigeerde foto, wat lyk soos ʼn “Zuma must fall”-plakkaat teen Tafelberg, op sy Twitter-rekening gelaai.

Lees alle vorige berigte oor “Zuma must fall” op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Francois ·

Eerder: #ANC-en-al-hul-rassistiese-meelopers-moet-val
#RedSAvanANCenEFF

Johan ·

Dink hy nou rerig hy so belangrik dat dit reg oor die wereld opgesit sal word rerig die ander lande het hulle eie probleme as om oor hom te worry

Ja'nee ·

Ag nee wat Zuma sal nie “fall” nie, hy bly dan op die grootste kontinent ,die res van die wereld pas in by Afrika…lol

Hannie ·

HAHAHAHAHA!!!! Ek het nou net gelag dat die trane loop, die hele kantoor het kom kyk of ek nog al my varkies het! Ek ril van die lekkerkry, leer wereld LEER! ………. van ons (on)regeerder!

Berhalet Beukes ·

Humpty Dumpty sat on a wall… Jammer Zumie, die internet versprei ‘n boodskap vinniger as wat jy kan sê eentien en twee…

Trots Afrikaans ·

Maar hy het dan sewe en tagtig duisend vier honderd en 22 miljoen en 3 ondersteuners….

Ek is seker Rhodes of van Riebeec is agter die plakkate terbakel.

Martin ·

Ek dink die klomp het probleme. Eers vreemdelinge haat, fees must fall, Zuma must fall, nou wil hulle hê die ding wat die ANC versprei – rasse haat – moet deur almal beveg word. Mooi so ANC, dit is hoe dit gedoen word.

Loeis ·

Mens moet in gedagte hou dat Zuma maar net een klein deel van die probleem is. As Zuma vandag uittree, is dit dieselfde ANC wat hom daar gestel het wat steeds regeer, en wat nog ‘n keuse soos hy kan maak (Ramaphosa is nie die enigste kandidaat om Zuma op te volg nie).

Jy mors jou tyd deur te se “Zuma must fall”. Se eerder “Voters who not think must fall”.

Ooeps, dis meeste.

Lafras ·

As groot verwoerdmustfall plakate destyds op geboue geplak was, was die skuldiges summier in die tronk gestop. Of erger. Die regering sal rassiste nooit tevrede kan stel nie, en dis hoekom julle sit waar julle sit!

Riaan ·

Lafras,hierdie saak het niks met rassisme toe doen nie, dit het te doen met mense wat die land tot in die grond in vernietig, daar is wel rassisme in die land,maar dit kom nie van die blankes af nie,ons het nie selfbeeld probleme nie.

Danie Kok ·

Ag Lafras, kom oor jouself. Dr Verwoerd was die laaste eerlike en eerbare leier wat Suid-Afrika gehad het. Daar was stabiliteit, vrede en voorspoed vir almal gewees. Die rand was sterker as sy eweknieë, werkloses wou eenvoudig nie werk nie en misdaad het bykans nie bestaan nie – en dis maar net om ‘n paar suksesse te noem. En nou? Nou het die massas die “vote” en kyk net hoe het Utopia oor die suidpunt van Afrika gedaal… Jy kan eenvoudig nie vir Jacob Zuma ooit met Dr Verwoerd vergelyk nie,

Sê maar net ·

Die waarheid sal uit al moet die kraaie dit uitbring. Gaan hulle nou die valke se hulp in roep? Óf CIA óf Franse vreemde legion óf KGB óf watter sjianeese organisasie. Skuldiges moet gevang word en van rasisme aangekla word. Wêreld moet sien waartoe ANC in staat is.

Willie ·

EK het dit geweet!!!! Dis wragtig alweer JanVan Riebeeck!!! dis hy wat dit op sosiale media gesit het..hy sit agter die hele “Zuma Must Fall campaign”….Dit is waaragtig alweer Jan Van Riebeeck!!!!
Eish….
Groete
Willie

Jacoba ·

SM kan enige DING tot ‘n val bring. Lewe en werk onberispelik, deusigtig maw Eerlik opreg. Grawe gat vir ander en jy val self daarin. KLEUR is ‘n kop ding. MISDAAD MOORD en ‘n gelag daaroor ONBEKOSTIGBAAR.

HEVW ·

anc het dit afgeskeur en kyk nou die onvermydelike gevolge. Die hele wereld, ook sy sg. vriende weet nou dat onse presedent baaaaie ongewild is. En hulle weet ook waarom. n Ander metode maak miljoene klein plakkertjies en plak oral waar saak maak.

Nikolaas Pienaar ·

‘n Stuk gereformerde kritiek op die ‪#‎Zumamustfall‬ veldtog:
nav H.K. Sondag 39 en NGB artikel 36.

(Dis ook belangrik om dit ingedagte te hou dat die gereformeerde besinning oor die staat, soos dit uit sowel die Nuwe Testament as die tyd van die reformasie toe ons belydenisskrifte geskryf is kom, in ‘n konteks plaasgevind het waar die staat Christene en gereformeerdes vervolg en wederregtelik vermoor het.)

Christene word geroep om die vyfde gebod te gehoorsaam, d.i. “eer jou vader en jou moeder.”

Hieronder word verstaan dat ek nie net aan my pa en ma nie, maar aan almal wat oor my gestel is, alle eer, liefde en trou moet bewys.

Insluitend ons president en die owerheid.

Om te eis dat iemand moet val is nie eer-, liefdevol, of getrou nie.
Ek behoort dit daarom nie te doen nie. Dit is ondermynend.

Soos ek bedoel is om myself aan my ouers (met hul gebreke) se goeie leer en tug met die verskuldigde gehoorsaamheid te onderwerp, so moet ek dit ook aan die staat (met haar gebreke) doen.

Ek is bedoel om ‘n verantwoordelike en aanspreeklike burger te bly.

Die NGB stel ondubbelsinnig dat elkeen verplig is, van watter hoedanigheid, rang of stand hy ook al mag wees:
*om hom aan die owerheid te onderwerp,
*belasting te betaal,
*aan hulle eer en onderdanigheid te bewys,
*hulle te gehoorsaam in alles wat nie met die Woord van God in stryd is nie,
*en vir hulle voorbidding te doen dat die Here hulle in al hulle handelinge mag bestuur sodat ons in alle godsvrug en eerbaarheid ‘n rustige en stil lewe kan lei.

Daarom behoort ek nog op sosiale media, nog om die braaivleisvuur, nog op die parlement se stoep te eis dat die leier wat God oor ons gestel het moet val.

Eerder behoort ek te bid en myself te beywer dat ons staat en president die hoogs moontlike integriteit sal openbaar – dit is ‘n baie positiewer stelling as #Zumamustfall.

Die Kategismus praat wel van “verskuldigde gehoorsaamheid” dit beteken dat ek die staat in dit wat reg en billik is, moet gehoorsaam.
Indien ek dit nie doen nie is ek ‘n rebel, en verdien ek dat die staat my soos ‘n rebel hanteer.
(nou dit het nog nie gebeur dat betogers soos rebelle begin hanteer word nie, maar ek kan nie dink dat as betogings aanhou soos wat dit doen, dat daardie dag ver weg is nie.)

Nou hoe gemaak met ‘n regering wat nie goeie rentmeesters is oor waaroor hulle aangestel is nie?

Eerstens:
soos die NGB stel is ons eerste taak om te bid dat die staat die ‪#‎Hoogsmoontlikepylvlak‬ sal nastreef. Doen dit voor dat jy iets anders doen.

Tweedens:
Stel die NGB: “Ons verfoei (dit beteken verafsku) alle oproerige mense en almal in die algemeen wat die owerheidsgesag en regeerders wil verwerp en die regsorde omver wil stoot, terwyl hulle die eerbaarheid wat God onder die mense ingestel het, versteur.”
En let wel: Guido de Bres wat die NGB opgestel het is deur sy staat vir sy godsdienstige sentiment tereg gestel.
Die Christen behoort daarom sy oproerige naaste te vermaan.
Die gereformeerde vader, Calvyn het gesê dat ‘n swak regering beter as geen regering is.
Ons moet besef dat so sleg as wat dit op die politiese front in SA gaan, ons nie in anargie leef nie.
Ons het ‘n plig om die orde in die samelewing te handhaaf deur ‘n voorbeeld van ‘n wetsgehorsame burgers te wees.

Derdens:
Die Christen word eerder geroep om lydsaamheid in die aangesig van ‘n swak regering te openbaar as verontwaardiging.
Watter vrug openbaar mense wat stel: #zumamustfall?
Is dit liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing?
Of word rusies, vyandskap, haat, naywer, woede, verdeeldheid, skeuring, afguns, uitspattigheid en al derglike dinge met die #Zumamustfall veldtog geassosieer?
myns insiens is die #Zumamustfall veldtog nie ‘n positiewe dryfveer vir verandering nie, maar ‘n negatiewe een.
Onthou, ons Here Jesus en sy apostels het nerens ‘n staatsgreep aangepak nie. Die gelowige se koninkryk is nie van hierdie wêreld nie.

Vierdens:
Moenie van die Here se sowereiniteit en voorsienigheid sig verloor nie.
Ons leef nie onder ‘n Romeinse Keiser, of ‘n Katolieke Koning wat lewenslank regeer en wat soek om Christene uit te moor vir politiese gewin nie. – daarvoor kan jy die Here dank.
Dalk wil die Here hê dat ons ‘n les oor materialisme moet leer met die feit dat die rand gedaal het…

Vyfdens:
Maak wettig gebruik van die geleenthede wat God gee om inspraak op ons regering te maak.
Dws maak gebruik die politiese proses.
nie net jou stemreg nie, maar ook jou gesprek met jou medeburger.
Die oomblik wat jy iemand met agressie en ‘n negatiewe, afbrekende standpunt benader, gaan hy of sy tot verdediging toe oor. As jou benadering is om te sê/of te skreeu: “#Zumamustfall” come hell or high water”, gaan jy vir die mense wat in b.v. Zuma en die ANC groot vryheid en bevryding gekry het, net antagonisme opwek.
En pleks van mense na jou argument toe wen gaan jy hulle polariseer. Daar is mense in ons land wat sê dat hulle “sal doodmaak vir Zuma” om hulle emosies aan te vuur gaan jou saak nog minder help.
Voer daarom eerder ‘n redelike, rasionele gesprek met jou naaste oor die bestuur van die land, en spoor mense aan om op grond van wêreldbeskouing, waardes, en beleid hul stem verantwoordelik te gebuik. (praat veral met ANC lede as jy diesulkes ken, want die ANC het, na my mening, ook ‘n vernuwing van binne af nodig.

Om klaar te maak:
1 Timoteus 2:1-2
“Ek dring daarop aan dat daar in die eerste plek met smeking, voorbidding en danksegging gebid moet word vir alle mense,
vir die wat regeer en vir almal wat gesag uitoefen,
sodat ons ‘n rustige en stil lewe kan lei n volkome toewyding aan God en in alle eerbaarheid.”

Elfie ·

Ds Nikolaas- dit sal die DAG wees dat ek Zuma ooit sal eer….

Nikolaas Pienaar ·

@ Elfie dit wat ek stel geld net vir diegene wat ‘n christelike etiek konsekwent wil navolg.

Danie Kok ·

Nikolaas, nêrens in die Bybel staan daar dat Christus en die satan langs een vuur sit nie. Christene en satan se gesante kan gevolglik ook dus nooit langs dieselfde vuur sit nie en beslis ook nie mekaar se naaste wees nie…

Nikolaas Pienaar ·

@Danie, die punt van my plasing is nie om te sê wie ons naaste is nie, dit gaan oor die gelowige se houding tot die staat.
Maar in die gelowige se nadenke oor wie sy naaste is moet hy hom deur wat in die Skrif staan laat lei, nie deur ‘n braaivleisvuurbeeld nie.
Oor die vraag oor wie mens se naaste is, is bv. Lukas 10:25-37 en Handelinge 10 van belang. Hier is dit duidelik dat jou naaste die mens is wat oor jou pad kom, nie die een met wie jy noodwendig jou geloof deel nie.
En dit is juis aan daardie mense wie die evangelie uitgedra moet word.

Danie Kok ·

Nikolaas, jy is dubbelsinnig. In jou eerste kommentaar praat jy van “rasionele gesprek met jou naaste” voer en jy verwys duidelik na die ANC. Nou sê jy dat die punt van jou plasing is die gelowige se houding teenoor die staat? Jy negeer my standpunt tot “braaivleisvuur” status – wat bedoel jy daarmee?

As jy Lukas 10 vers 36-37 (1933/53 Bybel) aandagtig lees sal jy agterkom dat Jesus kwalifiseer duidelik deur daardie gelykenis, dat nie almal jou naaste is nie. Lees ook Handelinge 10 verse 34-36 ewe aandagtig deur en jy sal ontdek dat jou naaste, (ongeag kleur) is die bloedgewaste, wedergebore kinders van God.

Oor die uitdra van die evangelie aan verlorenes is ek dit met jou eens, dit is ‘n duidelike opdrag aan elke wedergebore Christen. Die Bybel sê egter ook dat die geloof nie die deel van almal is nie.

Wat my gebruik van “langs dieselfde vuur sit” betref – dit was bloot om te beklemtoon dat Jesus geen kompromieë met die satan ooit sal aangaan nie, ook nie met die satan se gesante nie. As jy iets “anders” sien in wat ek gesê het is jy bloot moedswillig. Bloedgewaste Christene kan derhalwe ook nie kompromieë met die sielevyand of sy volgelinge aangaan nie.

Net ‘n vraag. As die banier oor Zuma se val verkeerd is, maak dit die laakbare manier waarop sy volgelinge dit verwyder het dan geregverdig in jou oë? Hoekom rep jy geen word van Bybelse vermaning daaroor nie? Of is jy bloot selektief blind oor die gebrek aan naasteliefde by Zuma en sy volgelinge?

‘n Laaste opmerking oor die gelowige se houding teenoor die staat en sy hoof. Die Bybel praat nêrens van algemene verkiesings en kruisies trek nie. Is dit dan geoorloof vir ‘n gelowige om teen die huidige bestel te stem? Word die gebod oor naasteliefde dan nie juis oortree nie? Nee wat, jy moet die Bybel in sy geheelbeeld lees en verstaan. Dit is nie vir gebruik om slaafse onderhorigheid aan ‘n Godlose owerheid te propageer nie. As die ANC die land regeer het volgens Bybelse beginsels en die lewende God eer, dan sou jou vermanings relevant wees en sin maak. As jy wil hande vat met God se vyande en goed voel daaroor, moet jy dit doen. Ek is eerder gehoorsaam aan God as aan mense.

Nikolaas Pienaar ·

Haai Danie,
Dit is duidelik dat ek dan jou reaksie om my gedagte verkeerd geinterpreteer het. Jou paragraaf was kort en ek was nie seker na watter aspek van my skrywe jy verwys of kritiek op uitspreek nie.
Ek vra daarvoor om verskoning.

Om jou vraag oor die afhaal van die Zuma banier te beantwoord: terwyl ek nie met die sentiment agter die zuma must fall veldtog saamstem nie, regverdig dit geensins die onwettige afhaal van plakate nie. Dit is duidelik verkeerd.

Oor die vraag of ek selektief blind is:
Nee, ek is nie.
‘n Motivering agter my plasing is dat terwyl mens maklike blatante sondes en misdrywe (veral aan die kant van die staat) kan uitwys, is daar myns insiens subtiele sondes en misdrywe aan die zuma must fall veldtog gekoppel – en daardie subtiele (dog meer sosiaal aanvaarbaar, want die meeste van ons sal eerder wil hê dat ons ‘n president van die hoogs moontlike integriteit moet hê, wat maak dat ons onnadenkend enige veldtog teen ‘n president wat nie so ‘n integriteit openbaar nie sal navolg.) sondes sal ook nagevolge in die samelewing hê.

Oor jou vraag oor of dit geoorloof is om teen die huidige bestel te stem: Ja, dit is.
In die vraag oor die betaal van belasting, is dit duidelik dat gelowiges binne ‘n gegewe politiese bestel, dit wat daardie bestel vereis behoort na te kom, soos die betaal van belasting, maar myns insiens sluit dit ook die hele politiese proses in, (mens kan ook na die Apostel Paulus se beroep op sy Romeinse burgerskap en gepaartgaande reg om deur die Keiser self verhoor te word kyk as motivering om die bestel waarbinne jy is regmatig te gebruik). Vandag sluit dit dinge soos die lidmaatskap van bugerregte organissasies en waardegedrewe stem vir politikee partye wat my christelike waardes die beste verteenwoordig (selfs al is daar net twee of drie partye in SA wat teen aborsie is).

Waartoe die gelowige duidelik nie geroep word nie is om as rebel binne daardie bestel op te tree.

Oor jou vraag oor of die gebod tot naasteliefde oortree word indien daar teen die huidige bestel gestem word: Nee, dit word nie. die gebod tot naasteliefde word eerder oortree wanneer daar oor die verkeerd in die samelewing geswyg word – of dit nou die verkeerd van die regering, of die verkeerd van die opposisie is.

Ek propageer ook nie ‘n slaafse gehoorsamheid aan “‘n Godlose owerheid” nie, maar wys uit hoe die gelowige binne ‘n bestel waar baie goddelose dinge gewettig is, met die wettige regering behoort om te gaan.
Ek is dit nie eens met jou dat dit wat ek aanbeveel alleenlik relevant tov ‘n christelike regering is nie.
Ek probeer eerder uittrap hoe 1 Petrus 2:13-16 –
“Wees dan onderdanig aan elke menslike verordening ter wille van die Here — of dit die koning is as opperheer, of die goewerneurs as sy gesante, om wel kwaaddoeners te straf, maar die wat goed doen, te prys. Want so is dit die wil van God dat julle deur goed te doen die onkunde van die dwase mense tot swye sal bring, as vrymense en nie asof julle die vryheid het as ’n dekmantel vir die boosheid nie, maar as diensknegte van God.”
in die SA konteks konsekwent uitgeleef behoort te word.

Op hierdie manier soek ek om aan die woord van God gehoorsaam te wees ongeag wat die wêreld sê.

Ek hoop dit maak my standpunt meer duidelik.
groete

Danie Kok ·

Nikolaas, ek stem glad nie met jou saam nie maar ek respekteer jou reg tot jou standpunt. Persoonlik ondersteun ek ook nie optogte teen die despoot Zuma nie, maar dis bloot oor ek nie tot die vlak van die massas daal wat wil “toi-toi” oor elke ding nie. Ek glo egter dat Christenskap nie gelyk is aan ruggraatloosheid nie. Somtyds moet die gelowige die stryd voer met ander middele. Die Bybel bevat talle voorbeelde daaroor en Bloedrivier en Majuba getuig in ons volksgeskiedenis daarvan. Die stryd in ons land is tussen Lig en donker m.a.w tussen Jesus en satan. Dit is voor die hand liggend. Aanmoediging tot blindelingse passiwiteit jeens hierdie Godlose bestel waaronder ons staan moet nie versuiker word as “gehoorsaamheid aan die Woord van God nie”. Die ANC is geensins die “wettige” regering nie. Enige iemand wat die ongerymdhede in elke verkiesing sedert 1994 opgemerk het weet dit. Niemand sal die ANC by die stembus verslaan nie want hulle sal dit nooit toelaat nie. Dit is die nare Afrika realiteit, kyk maar net na ons noordelike buurland as voorbeeld.

Paul Koen ·

Dis omdat die kerk hom met politiek bemoei dat hulle sukkel om vol te bly!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.