[Foto’s] Zuma stem by Nkandla

Pres. Jacob Zuma stem op 3 Augustus 2016 by Ntolwane Primary School in Nkandla, KwaZulu-Natal (Foto: Presidensie)

Pres. Jacob Zuma stem op 3 Augustus 2016 by Ntolwane Primary School in Nkandla, KwaZulu-Natal (Foto: Presidensie)

Ntolwane Primary School was Woensdag ʼn miernes van bedrywighede waar pres. Jacob Zuma ook sy stem uitgebring het in die munisipale verkiesing.

Die eerste persoon wat by dié stempunt gestem het, was net voor 07:15 klaar gestem.

Pres. Jacob Zuma het voor 11:00 sy demokratiese reg om te stem, uitgeoefen.

Beamptes van die Inkatha Vryheidsparty (IVP) en die African National Congress (ANC) het buite die skool tente opgerig. Verskeie voertuie van dié twee partye kom en gaan om ondersteuners af te laai om te stem. Daar was nie tekens van ander partye nie.

Sibongiseni Bhengu, huidige wyksraadslid, is vol vertroue dat hy die herverkiesing sal wen. “Die getal kiesers het toegeneem. Ons stemme sal toeneem. Ek is seker ons sal goed doen.”

Die ANC het tydens die vorige verkiesing beheer oorgeneem van die munisipaliteit toe dit ʼn koalisie aangegaan het met die IVP. Ná ʼn paar tussenverkiesings het die IVP weer beheer oorgeneem en Bhengu moes op die opposisiebanke sit in die Nkandla- plaaslike raad.

Een persoon wat aangedui het dat sy vir die ANC gaan stem, is Sthandiwe Hlongwane, vir wie die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) ʼn huis, ongeveer 500 m van Zuma se huis in Nkandla, gebou het. “Ek stem ANC,” het sy gesê. Sy het gesê sy sukkel nog steeds met probleme met die huis wat die EFF gebou het te midde van groot publisiteit.

ʼn Buurman in ʼn ANC-T-hemp, wat nie sy naam bekend wou maak nie, beweer pres. Zuma se seun, Edward, het aan Hlongwane beloof dat hy na haar huis sou omsien. Edward was nie dadelik vir kommentaar beskikbaar nie.

Die presidensie het verskeie foto’s beskikbaar gestel van pres. Zuma wat stem:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Niel ·

Dit is a “spoilt” stem, want hy weet nie hoe om a kruis te trek nie.

Tong innie kies ·

Niel.Hy het sy “Duimafdruk” op die stembrief geplaas.

lynette ·

Die dame wat so naby aan Zuma woon, bewys weereens hoe hulle aard is. Toe EFF die huis bou, was hulle die beste, nou dat sy paar probleme het is daar geen dankbaarheid teenoor hulle nie. ANC beloof om na haar huis om te sien en net daar swaai sy gat om!!!! Geen dankbaarheid vir die huis nie, net gee, gee, gee my iets verniet!!!!!

Chris ·

Ek het netnou gelees dat dit onwettig is om in n stem lokaal te stem. Hoekom word daar fotos van hom geneem en toegelaat?

Cherokee ·

Onwettig om in ‘n stemlokaal te stem? Dit is immers waarom jy daarheen gaan.

Jef ·

Hy wil se …..Kyk ek kan toor, nou sien julle my stempapiertjie en nou gooi ek dit in die box en kyk nou het ek niks in my hand nie.

Johann Marx ·

Ek hoor hy’t EFF gestem……Soek ook “Everything For Free”.

Veritas ·

Met die foto kan hy nou bewys dat hy al in die skool was.

Tinktinkie ·

Skerp Veritas!!! Jy slaan die spyker op sy kop!!! LOL!?

Lance ·

Hy giggel mos oor alles ..kom baie swak oor ….mens moet darem dom wees om SO n leier te kies ….so goed jy vra n kleuter om n A380 te vlieg ….jip hy gaan val …en SA is besig om te val met die man aan die stuur ….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.