Fout in iOS 9 frustreer gebruikers

iOS9

iOS9

Apple stel vandag ʼn nuwe weergawe van hul bedryfstelsel, genaamd iOS 9, aan die publiek beskikbaar. Dit bevat egter ʼn fout wat talle apps regoor die wêreld breek – insluitend Maroela Media se nuus-app.

Apple is bewus van die probleem en werk reeds aan iOS 9.1, maar volgens kenners kan dit tot ʼn maand duur voordat die opdatering vir die publiek beskikbaar is.

Die fout veroorsaak dat ʼn skoon bladsy vertoon wanneer die gebruiker tussen verskillende bladsye binne ʼn app rondblaai. Slegs apps wat op webbladtegnologie staatmaak om inhoud uit te lê (oftewel hybrid apps) word aangetas.

Hierdie fout kan ʼn ernstige demper plaas op die entoesiasme waarmee gebruikers en ontwikkelaars Apple se produkte aangryp. Dit bied ook uitdagings vir organisasies wat aan hulle app-gebruikers die fout moet verduidelik en verwagtinge louter.

Apple het op 9 September die sluier van sy jongste bedryfstelsel vir iPhones en iPads, genaamd iOS 9, gelig. Volgens Apple verbeter iOS 9 die manier waarop apps saam gebruik word (multitasking) en Siri is slimmer en ken jou gedagtes nog voordat jy vra. Toestelle se batterylewe word verleng en sekuriteit word strenger toegepas.

Skryf vir ons in die kommentaar hieronder of jy al hierdie fout teëgekom het en of dit jou siening oor Apple en hul produkte beïnvloed.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Dirk ·

Pure native iOS apps are more stable. Facebook used a hybrid app until about 2013 but rewrote it from the ground up to be a fully native iOS application which is more stable and much faster. Creating hybrid apps is unfortunately not a very stable solution (as is evident in this instance).

Delia ·

Ag toe nou, lees jy nie Engelse boeke nie…o.a. Clive Cussler?
Miskien is Dirk net baie goed tweetalig!

Francois le Cochon ·

@Jaco. Dit is niks. Jy moet Engeland toe gaan. Die kleinste kinders daar praat al almal vlot engels!

Jan ·

Ja, ek het ‘n fout teëgekom aan die einde van die proses van opdatering toe ‘n telefoonnommer gegee moes word vir keychain se registrasie. My nommer wou nie registreer nie en wou ook nie voltooi nie. Ek het derhalwe keychain geïgnoreer, en maar ná die installasie keychain gaan registreer wat toe heel skaflik my telefoonnommer aanvaar het. Wat betref die Engelse Dirk hierbo: ek dog Maroela is ‘n Afrikaanse nuus en kuierplek. Ons almal kan Engels verstaan en ingewikkelde terme snap en woordjies rond gooi, maar ons kies om hier lekker te kuier in ons moedertaal. Dit gaan dus nie oor of ons Engels kan praat of nie, dit gaan oor dat ons hierdie platvorm Afrikaans wil hou.

Leon ·

Ek het oorgeskakel sonder probleme. Nee wat, ek dink nie ek sa ooit van apple weggaan nie. Ek hou baie van die nuwe uitleg.

Joa ·

Ek speel Hay Day op my ipad en nadat ek opgedateer het na iOS 9, vries die skerm gereeld terwyl ek speel. Die bewegings op die ipad se skerm is ook nie meer glad nie, dit is baie rukkerig. Dit is alles baie frustrerend. Wens ek kon terug gaan na vorige OS.

Theoniel ·

Wanneer ek op die terugpyltjie klik, vertoon ‘n skoon skerm. Ek moet dan die app delete en herlaai. Elke keer….

Sune van Heerden ·

Dagsê Theoniel

Ek is jammer dat die fout nog nie opgelos is nie! Besoek gerus intussen ons webwerf direk uit jou webblaaier by http://maroelamedia.co.za.
Ons ontwerp is van só aard dat dit optimaal op enige skerm sal vertoon.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.