Fout om Omikron-variant ‘matig’ te noem – WGO

Tedros Adhanom Ghebreyesus, direkteur-generaal van die Wêreldgesondheidsorganisasie. (Foto: Fabrice Coffrini/AFP)

Die Omikron-variant van Covid-19 veroorsaak sterftes wêreldwyd en moet nie as matig afgemaak word nie, het die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) vandeesweek gewaarsku.

Tedros Adhanom Ghebreyesus, hoof van die WGO, sê die rekordgetal mense wat die nuwe variant opdoen – en wat vinnig die oorheersende variant in talle lande word – beteken hospitale word oorweldig.

“Hoewel dit lyk of Omikron minder ernstig in vergelyking met Delta is, veral in diegene wat ingeënt is, beteken dit nie dit moet as matig gekategoriseer word nie,” sê Tedros.

“Nes vorige variante veroorsaak Omikron hospitalisasie en sterftes. Inteendeel, die vloedgolf gevalle is so groot en so vinnig, dat dit gesondheidstelsels wêreldwyd oorweldig.”

Net minder as 9,5 miljoen nuwe Covid-19-gevalle is verlede week by die WGO aangemeld, ʼn nuwe rekord en ʼn styging van 71% sedert die week tevore. Selfs dit is ʼn onderskatting, sê Tedros, omdat dit nie die agterstand met toetse oor Kersfees en Nuwejaar in ag neem nie, ook nie self-toetse wat nie geregistreer word nie en oorlaaide moniteringstelsels wat gevalle mis.

Tedros het ook ryk lande gekap wat verlede jaar entstofdosisse opgegaar het en sê dit was die ideale teelaarde vir die verskyning van nuwe variante.

Hy het ʼn beroep op die wêreld gedoen om dosisse vanjaar meer billik te versprei en om ʼn einde aan die “dood en verwoesting” van Covid-19 te bring.

“Entstofongelykheid maak mense en werksgeleenthede dood en ondermyn wêreldwye ekonomiese herstel. Versterkingsdosis op versterkingsdosis in ʼn klein getal lande gaan nie ʼn pandemie beëindig terwyl miljarde steeds nie beskerm is nie.”

Die WGO waarsku ook dat dit onwaarskynlik is dat Omikron die laaste variant van kommer sal wees voor die pandemie agter die rug is. Die organisasie sê sonder entstofgelykheid gaan die wêreld teen die einde van vanjaar steeds dieselfde gesprek oor die pandemie hê, wat op sigself ʼn tragedie sal wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Corne123 ·

Nee die fout is om soveel aandag aan covid te gee daar baie erger siektes die ding is net nog n siekte hoe lank gaan dit die wereld nog vat

Jacobus ·

Eerstens, die ou het min geloofwaardigheid oor. Trouens die hele propogandisties stortvloed toon dat daar min waarde in inenting is, behalwe finansieël. Indien die werklike data voorgehou word gaan groot alarms af. Werklike kwesbare mense se lewens word vermorsel. Ek hoop die verantwoordelikes word eendag deur die reg bygekom!

Pietertjie ·

Dit klink asof hulle vreeslik graag wil hê dat die pandemie erger moet wees as wat dit is. Is hulle bang die ding verloor stoom?

VaalDonkie ·

Ja want ons is nog nie almal arm en afhanklik van die staat nie.

Samuel ·

Pietertjie, ek stem 100% saam met jou. Hulle is bang die pandemie verloor stoom. Hulle, die WGO, moet voortgaan om paniek te saai.

Stofdonkie ·

Hoekom sal inentings enigsins ‘n effek hê om die pandemie te beëindig? Mense wat geënt is kan steeds die virus kry, en kan ook steeds dit oordra. Daar is gesê die ent maak net die simptome ligter, dus doen dit niks aan die aansteekbaarheid daarvan nie en kan dit dus nie eers ‘n bydrae lewer tot die beëindiging van die virus nie

pestilensie ·

Eerste 5 persone se kommetaar wat ek lees , almal negetief . Ons sal nog jare met covid sit vanwee hardkoppigheid . Wat is so moeilik om te verstaan . Dit is al oor en oor bewys inenting help . Kom tog net by of gee ons n werkbare oplossing in die plek van inenting as julle so slim is

Julia ·

As die sogenaamde entstof dan so goed werk waarom is jy dan bang, pestilensie? Ek is nie bang om siek te raak nie, trouens klaar die gogga gekry en sonder enige “entstof” of medikasie deur die genade van my Vader gesond geraak. Hierdie propaganda moet nou stop. Elke mens kan vir homself en vir sy kinders besluit en nie die sogenaamde medisie nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.