Foutiewe stelsel dalk skuldige in Sassa-bedrog

Argieffoto

Die Vereniging vir Staatsamptenare (PSA) het Woensdag gesê hy is bekommerd dat werknemers by die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) miskien verkeerdelik blameer word vir ongerymdhede by dié instelling.

Dít volg nadat ʼn video waarin kriminele in die besit van talle Sassa-kaarte en kontant is, onlangs wyd op sosiale media versprei is.

Die beweerde kriminele spog in dié video met honderde Sassa-kaarte wat hulle glo bekom het met behulp van Sassa-werknemers. Volgens hulle het werknemers hulle gehelp om toegang tot toelae te kry wat eintlik bedoel is om armes in die land by te staan.

Die PSA, wat die meerderheid werknemers by Sassa verteenwoordig, het egter gesê dié misbruik van staatsdienste is die gevolg van ’n stelsel genaamd SOCPEN wat deur Sassa gebruik word om miljoene aansoeke om toelaes te verwerk.

Ivan Fredericks, hoofbestuurder van die PSA, het gesê daar is reeds bewys dat dié stelsel kwesbaar vir bedrieërs is.

“Voorvalle is aangemeld waar iemand in die vroeë oggendure en oor naweke toegang tot die stelsel verkry het wanneer Sassa se kantore toe is. Bedrieglike aansoeke word dán op die stelsel goedgekeur deur gebruik te maak van Sassa-werknemers se besonderhede,” het Fredericks gesê.

Volgens Fredericks is sommige werknemers hieroor aangespreek terwyl ander afgedank is.

Die PSA het daarop aangedring dat ’n taakspan aangewys word om die oorsaak van die agterdogtige transaksies te ondersoek. Hy het gesê die taakspan moet die tekortkominge van die stelsel hanteer en aanbevelings aan Sassa doen oor hoe om die probleem op te los.

Fredericks het ook gevra dat Sassa alle dissiplinêre optrede teen werknemers in verband met die SOCPEN-stelsel moet staak, aangesien die probleem heel moontlik by die stelsel lê. “Dié werknemers kan die slagoffers van een of ander vorm van sindikaat wees,” het hy gesê.

Paseka Letsatsi, woordvoerder van Sassa, het gesê die video word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Hanna Hoekom ·

Die enigste foutiewe stelselin ons land is die BEE stelsel. Alles stort in duie sodra hierdie stelsel geimplimenteer word…

Gert ·

Ek stem 100% saam. ‘n Stelsel met swak sekuriteit en morele gebruikers is 1000 keer beter as ‘n stelsel met goeie sekuriteit en immorele gebruikers. Soos Steve sou sê “Go figure”.

Linda ·

Ek het hierdie Video gesien wat ek ook aangestuur het na ons President se kantore ! Wat so kommerwekkend is, is dat hierdie pakke Sassa kaarte wat die bedrieers het, die NUWE POSKANTOOR GOUE KAARTE IS, dan lag hulle wanneer hul die geld onder mekaar deel !!!!

Anoniem ·

Verskonings, verskonings, mense bedryf stelsels, hulle kan nie hulself programmeer nie.

Jacques ·

Dit is n baie swak verskoning . Stelsels word deur mense hanteer en foutiewelik gebruik .
Geen stelsel kan vanself fouteer nie . Volgende verskoning ? “Inside Info” dit is die fout . Ek stem ook saam met Hanna hierbo , BEE is n ressep vir enige stelsel fout .

Sassa ·

JA DIS DAAI STELSEL MET DIE TAAI HANDJIES. Jacob het ook gese hy het niks gevat nie en EFF se ook hulle het nie die VBS bank beroof nie.

Alida ·

Wonder hoeveel geld is na die personeel se eie rekenings toe. As niemand in SA die stelsel kan skelm proof maak nie kry dan IT mense van oorsee. Genade die arm mense kry swaar en miljarde rande raak weg.

Tanya ·

Die is die mense wat ek ooit in my lewe gesien het wat so kan lieg. Nou weer iemand se fout ek het self die video en die vrou se dat sy die jaar tie by werk gekry waar in so lag omdatsy spot en se dat sy duisende rand trek en die geld wys. Hoi op om anders die skuld te gee

Jack Daniel ·

Verbasend dat a stelsel tot jou vinger afdrukke Kan verander.
Ons het dit nou ondervind. Tot ons vingerafdrukke stem nie eens ooreen met toe ons gaan aansoek doen het vir pension nie. Die system word deur operators gewerk.
A fear of a fool is a sign of wisdom.

Sandy ·

Huh?? Het die foutiewe stelsel die bedrog gepleeg? I think not. Dat die stelsel nou beskuldig word vir die korrupsie en bedrog is nou verregaande.

MW ·

Enigeen ‘n idee watter huidige staatsdepartement nog nie onder die vergrootglas was nie? Liewe deug!!!

Anita ·

DIT STINK EN IS VAN BINNE HEEL MOONTLIK…Sassa werkers moet afgedank word as hulle deel in die buit, want hulle moet dit aanmeld en nie deel nie. Maar wat maak dit saak, soveel onwettige persone kry Sassa, en vir die dogter wat skool gaan word betaal , dan word sy swanger en trek vir haar kind, en sy mag nog skool toe gaan ook met swangerskap. Die wet moet verander soos oorsee…twee kinders Kinderbystand, vanaf 3 de nie. As die skoolkind swanger raak , geen geld, dit het die toekoms van armmoede binne gegaan…en so sal vir die volgende generasies aanhou

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.