Francois Hougaard praat oor gerugte ná Reeva se dood

Francois Hougaard. (Foto: Instagram)

Francois Hougaard, voormalige Springbok- en Blou Bul-rugbyspeler, het in ʼn seldsame onderhoud gepraat oor gerugte dat hy in 2013 ʼn selfoonboodskap aan sy voormalige meisie, Reeva Steenkamp (29), gestuur het en dat dít aanleiding gegee het tot ʼn rusie wat uiteindelik tot haar dood gelei het.

Steenkamp is op Valentynsdag 2013 deur haar kêrel, Oscar Pistorius, in ʼn badkamer in Pistorius se spoghuis in Silver Lakes, Pretoria, doodgeskiet. Pistorius is in Junie 2016 tot ses jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op Steenkamp, maar die appèlhof het later sy vonnis tot 13 jaar en vyf maande verleng.

Pistorius se aansoek aan die konstitusionele hof om teen sy vonnis te appelleer het misluk. Die 32-jarige voormalige Paralimpiese atleet dien tans sy tronkstraf in die Atteridgeville-gevangenis uit.

Destyds, kort ná Steenkamp se dood, het gerugte die ronde gedoen dat Hougaard, ʼn voormalige kêrel van Steenkamp, ʼn selfoonboodskap aan haar gestuur het en dat sy en Pistorius die tragiese aand van haar dood oor dié boodskap rusie gemaak het.

Hougaard (31) het onlangs in ʼn onderhoud met Daily Mail uiteindelik oor dié gerugte gepraat en gesê hy het teen daardie tyd niks meer met Steenkamp te doen gehad nie. “Almal het gesê ek het vir Reeva ʼn boodskap gestuur en dit is hoekom hy [Pistorius] haar geskiet het. Ek het niks meer met haar te doen gehad nie, maar dit is al waaroor mense my gevra het. Dit was geestelik ʼn baie moeilike ding om deur te gaan,” het hy gesê.

Reeva Steenkamp. Foto: Boikhutso Ntsoko/SAPA

Hougaard het in die onderhoud vertel hoe swaar Steenkamp se dood vir hom was, aangesien hulle “’n hele ruk lank” in ʼn verhouding was. “Een van my beste vriende het my teen 07:00 gebel terwyl ek besig was om gholf te speel om my te vertel wat gebeur het. Hy was die eerste om by die huis te kom. Dit is ʼn skok om so iets te hoor, nie waar nie? Dit was moeilik.”

Hy sê hy het daarna ʼn sielkundige gaan sien om hom te help om die gebeure te verwerk. “Dit het my geleer om negatiewe situasies te hanteer. Dit het my geleer om dinge om te swaai in positiewe dryfkrag en nie in sak en as te sit nie.”

Hougaard speel tans vir die Worcester Warriors en woon op die Worcestershire-platteland in die westelike Middellande van Engeland. Buiten sy rugbyloopbaan het hy ook verskeie sakebelange in onder meer ʼn vitamienmaatskappy, ʼn kapitaalbefondsingsmaatskappy en eksotiese wild.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Groete Hougaard ·

AG vergeet dit .. geen mens verdien om doodgeskiet te word vir GEEN selfoonboodskap nie .. so vergeet nou daarvan en gaan aan met jou lewe . OSCAR was die moordenaar nie jy nie …

Anni ·

Ek wou nog altyd weet tydens en na di hof saak, hoekom is Reeva se selfoon boodskappe nooit onthul nie, met wie het Sy gepraat in di badkamer. Ek voel nog altyd jammer vir Oscar, hy is nie di enigste skuldig nie. N saak het maar altyd 3kante, joune, syne en die waarheid. Hy dien nou straf uit, niks kan daaraan gedoen word nie.

NET EK ·

Na al die jare wil hy skielik nou iets se???? hy soek aandag!!!

Jonette ·

Haha!
Ja ek stem. En hy se eintlik niks…. Net hoe moeilik dit vir hom was. Shame. Publisiteitsfoefie as jy my vra.

Petro ·

Ek stem, soek seker nou bietjie aandag…Shame
“Reg het geseevier en skuldige sit agter trallies”

Dries Moolman ·

Die koerant sou self die vrae gevra het, ek is doodseker hy het nie na hulle toe gehardloop om oor Reeva te praat nie. So kalmeer met die suur kommentaar, hy het meer in die lewe bereik as julle.

Derek ·

Die man mag tog sekerlik sy hart ook uitpraat en sy opinie lig,hmm…mense?

Jonette ·

Hy kan sy hart uitpraat by sy sielkundige. Hy hoef nie in die publieke arena daaroor te praat nie.

Lia ·

Nee-ag mense! Moenie so bitsig wees teenoor die arme man nie……en ja, dis tragies van Oscar, Reeva en die hele gebeure, maar wie is ons om te oordeel en te sê “na al die jare” en “hy soek aandag’?? Was enige van ons al in sy skoene……en geen mens kan sommer “trigger-happy” raak en met ‘n wapen links en regs siet soos soos dit hul pas nie……soos wat aan die lig gekom het met Oscar tydens die hofsaak….en dis nie ‘n oordeel van my kant af nie, maar daar is wel dinge soos reg en verkeerd waarna die gevolge gedra word.
Was enige van julle al in so ‘n situasie waar iemand aan wie mens na was eens op ‘n tyd, op ‘n tragiese manier gesterf het? Ek was al……..en die skok is groot….en traumaties……al is bande verbreek. Moenie hom veroordeel as hy nou daarop reageer in ‘n onderhoud nie……hy is ‘n publieke firguur en mense sal vra.

Rosalie ·

Presies waaroor jy te velde trek doen jyself al draai jy dit in watte toe nl. veroordeling. Ek wou ook altyd weet hoekom haar selfooninligting nie bekend gemaak is nie. Maar soos almal tereg sê, ons was nie daar voor, tydens of na die verhouding(s) nie. Tragies en hartseer gebeure.

Monica Grobbelaar ·

Lia, ek kon dit nie beter gestel het nie. Mense oordeel te gou en te maklik. Die geliefdes, familie en vriende van die betrokkenes het deur hel gegaan en gaan seker steeds deur hel. Dit bly baie tragies.

Janie ·

Want wat sou dit bewys het? Sou dit verander het dat dit verkeerd was van hom?

Sy was dalk net op Youtube of besig om ‘n game te speel lol. Sy is ook net ‘n normale mens en daar hoef nie ‘n sappige storie te wees nie.

LK ·

Hier is my storie van die begin en het dit vir baie mense gesê. Oscar en Reeva het stry gekry oor die selfoon boodskap. Oscar wou die foon he en sy wou dit nie vir hom gee nie toe hardloop sy in die toilet. Hy wou die deur oopskiet wat verkeerd was ek stem. Hy het nie bedoel om haar dood te skiet nie. Jaloesie is ‘n lelike ding!!! hoekom sê mnr Hougaard nie nou openlik WAT het hy in daai boodskap gesê nie. Toe “Gentleman” vra jou sielkundige om jou te help om EERLIK ook te wees.

Lina Smit ·

Lk, klink of jy daar was, jy praat met soveel sekerheid. Was jy daar?

JohanL ·

Jo LK, gelukkig is jy nie ‘n regter nie – maak jou eie storie op sonder enige klinklare bewyse. As jy bewyse het om jou storie (vermoede) te staaf – goed en wel. Maar DIT is hoekom party mense teen die herinstelling van die doodstraf is. Dink net as daar regters is wat soos jy dink (en die skrikwekkende is daar is).

Karen ·

Hoekom begin jy nie eerlik met jouself te wees nie, OP is n moordenaar, hy het n geskiedenis van jaloesie en om sy meisies aftejap en verbally te abuse. 4 keer deur n deur skiet is nie “perongeluk nie” hyt alles probeer om by haar uit te kom. Self met n krieket bat, as jy wil praat oor eerlikheid, hoekom nie begin by OP nie.

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

.
.
Spoghuis in Silver Lakes sonder n Aircon.
.
.

SL ·

Daar is baie estates wat die aircons toelaat as dit van buite gesien kan word nie.

Connie ·

Wel ek hou van Oscar Pistorius en voel baie jamner vir hom. Hy het dit nie verdien nie. Sal maar liewer nie se wat ek van haar dink nie. Ek bid vir hom elke dag. Sy het sy lewe verwoes.

CAROL ·

Baie dankie nog iemand wat darem saam my stem. Weereens dankie !!!

Cloris ·

Hy het darm nog sy lewe…hy het haar vermoor. Wonder of jy opkom vir elke moordenaar.

Nooit ·

Hoe het sy sy lewe verwoes, hy is die een wat besluit het om die sneller te trek? Accountability

Ella ·

Ag man hoekom het nie gese wat jou NOU pla toe dit saak gemaak het?
Jy soek net aandag en krap onnodig ou wonde oop.
Los dit uit jy is mosterd na die maal.
Lia As hy toe nie wou praat hoekom nou?
Watter mense “vra” hom nou nog oor dit?
En hoekom?
Dit is afgehandel en die “skuldige” dien sy straf uit.

LK ·

hoekom sê Hougaard nie wat het hy geskryf nie????????????? Wat sal jy doen as jou vrou, man, meisie of ou ‘n “boodskap” van X kry, kom wees eerlik…. jou humeur verloor en dalk onverantwoordelik optree?????

Sê Maar Net... ·

JAN….JAN….JAN DUIDELIK IS JY NIE ‘N MAN WAT KAN!!
Soveel meer geleerde woorde wat jy kon gebruik het as gebreklike man, afgesien van wat hy gedoen het, het hy soveel vermag in atletiek kringe.
KAN JY DIESELFDE Sê?

HARTSEER ·

Mense oordeel baie gou. Hierdie hele proses neem nie ure of dae om uit mens se sisteem te kom nie maar soms jare. Soos hyself noem het hy n sielkundige gaan sien en hierdie is dalk deel van die herstelpad agv hierdie tragedie. Moenie mense oordeel en uitjou as jy nie self in daardie persoon se skoene staan nie.

anton ·

Hy se hy het niks meer met haar te doen gehad nie maar hy ontken of erken ook nie of hy wel n boodskap gestuur het nie!!!
Nee maat, jy weet goed wat die waarheid is en jy moet met jou gewete saamleef.

Jacques Venter ·

Wonder net hoekom hy wat Francois is nie se wat hy en Reeva die aand voor ha dood by Irene Village Mall gedoen het nie ?? Ja dit wat Oscar gedoen het was verkeerd gewees, geen mens verdien om op so manier te sterf nie, maar kom ons wees eerlik sy was geen engeltjie nie. Ek weet ook mense gaan my stenig omdat ek se hoekom se hy nie wat hy en sy daar gemaak het nie, maar ek het by n winkel in die Mall gewerk en kan julle belowe hulle was die aand voor ha dood saam in die Mall.

Klaus ·

en vir die aandaghonger pistrorius familie nóg aandag gee? nee wat, SA moet net vergeet van die monster, hopenlik sommer vergeet in die tronk

Speedguard ·

Ai ons ou volkie met hulle weishede en dwars trekery, kan nie wag om mekaar te beledig nie, los die man , dink julle nou vir een oomblik hy steur hom aan al die snert wat julle kwytraak!! Dit is vir my baie snaaks dat niemand nog oor die vlag gekerm het op die berig nie !!

Attie. ·

Toe gaan verf hy sy arms swart oor al die stres wat hy moes verduur. Arme man. Ek sou hom graag in die 60 s op die grens gesien het, dan was sy bene ook vol prentjies.

Piet ·

Wat maak dit saak of hy ‘n boodskap geskryf het of nie? As jy iemand koelbloedig kan vermoor oor ‘n selfoonboodskap hoort jy in die tronk – punt.

HPV ·

Jy is reg Piet. Ons staan elke dag voor keuses, Oscar het ‘n keuse gehad om haar te laat leef of haar te vermoor, sy keuse was moord. Die regter se keuse was om hom te straf. So maklik soos dit.

HPV ·

Jy is reg Piet. Ons staan elke dag voor keuses, Oscar het ‘n keuse gehad om haar te laat leef of haar te vermoor, sy keuse was moord. Die regter se keuse was om hom te straf. So maklik soos dit.

LK ·

Dankie Jacques Venter en Connie. Ek is toe NIE so vlak in die dak nie!!!

Onnodig ·

Soos dit nog altyd vir my geklink het was daar reeds n bakleiery en dat sy haarself in die toilet gaan toesluit het en die telefone wou gebruik om hulp te soek.

Cathy ·

Mense wat het dit met enigeen te doen wat in daai boodskap gestaan het. Hoe kan julle iemand beskuldig van ‘n lewe verwoes terwyl sy nie eers hier is nie. Skaam julle. Ek stem saam almal het ‘n keuse. Oscar het gekies om haar te skiet.

John Barnard ·

Tipiese reaksies van moderne Afrikaners! Mense, volg die skakel wat Maroela gegee het na die oorspronklike onderhoud met die Britse koerante en lees dit voor julle bogstories opdis soos dat hy skuldig voel of aandag soek. Hougaard is ‘n baie suksesvolle rugbyspeler is Engeland en hierdie was ‘n doodnormale onderhoud deur ‘n media-instansie met hom. Hulle het aan hóm ‘n vraag gevra oor Reeva en hy het slegs geantwoord. Dis dit, niks meer nie. Waarom nou so histeries raak oor die hele Oscar/Reeva saak? Hougaard het mos gesê hy het niks daarmee te doen het had nie. Dit lyk of mense graag skinderstories WIL glo. En dan word die man se persoonlikheid uitmekaargeskeur omdat hy ‘n joernalis se vraag geantwoord het. Goeie genugtig, Afrikaners, kry ‘n lewe of kry ten minste ‘n bietjie perspektief!!!

Dries Moolman ·

Kon dit self nie beter gese het nie. Voel vir my party dae die Volk is net soos ou Zumpie, hulle LEES nie!

Blondie ·

Genade mense. Is dit nodig om so persoonlik te raak??? Elkeen van ons is uniek

DS ·

Die skuldige sit in die tronk waar hy hoort. Francois jy het niks om oor skuldig te voel nie. Gaan aan met jou lewe en geniet dit JY is nie die obsessiewe patetiese mal jaloerse persoon wat Reeva doodgemaak het nie. En al het jy vir haar ‘n boodskap gestuur dan het dit nog steeds niks met enige iemand uit te waai nie. As jy iemand oor’ n boodskap doodskiet moet jy in elk geval PERMANENT uit die samelewing verwyder word!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.