Francois Pienaar: ‘1995 bring steeds vloed van emosies’

Die 1995-Springbokspan tydens Woensdag se verrigtinge by Ellis Park. Foto: ANA

Die 1995-Springbokspan tydens Woensdag se verrigtinge by Ellis Park. Foto: ANA

Die oorlewende lede van die 1995-Springbokspan het Woensdag op Ellispark saamgetrek om hul Wêreldbeker-oorwinning van presies twintig jaar gelede te vier.

“Daar was hierdie haas om op die veld te kom, hierdie vrees dat jy teleur gaan stel. Dieselfde ding het vanoggend gebeur. Dit is net baie spesiaal. Wat 20 jaar gelede gebeur het, het tot gevolg gehad dat die land vir die eerste keer opgestaan het. Ons het vir die eerste keer ’n nasie geword. Ons het nie geweet dit gaan so groot wees nie. Ons het ’n gevoel gehad dat dit iets buitengewoon is, maar ons sou nie in ons wildste drome kon raai hoe dit sou wees nie,” het Pienaar gesê.

Die Springbokke het op 24 Junie 1995 met 15-12 oor Nieu-Seeland geseevier nadat Joel Stransky in ekstratyd ʼn skepskop tussen die pale deur gestuur het. Volgens Pienaar het oudpres. Nelson Mandela ʼn deurslaggewende rol gespeel om die Springbokke te help om as Wêreldkampioene gekroon te word.

“Madiba was die 16de man. As hy nie daar was nie, sou die land nie bymekaar gewees het nie. As dit nie vir hom was nie, dink ek nie ons sou vandag hier gewees het nie. Die span het die leuse ‘een span, een land’ aangeneem. Ons sal hom vanaand mis en ons sê dankie vir die ‘Madiba Magic’.”

Pienaar het ook hulde gebring aan die afrigter Kitch Christie en Ruben Kruger wat sedertdien oorlede is.

Stransky het onthul dat sy wenskepdoel ‘n vinnige besluit van hom was nadat Pienaar ‘n ingeoefende beweging geroep het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Malissa ·

Ja, ja. Sal nie verbaas wees as dit uitkom dat hier ook omkoopgeld betrokke was nie.

Alwyn Beetge ·

Nog dieselfde “useful idiots” op die openbare verhoog?

Peet Schabort ·

GEEN Afrikaans op foto. Duidelik om te ‘please’.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.