Frankryk besorg oor ANC se onteienings- en beleggingswetsontwerpe

Elisabeth Barbier, Franse ambassadeur in Suid-Afrika Foto: http://www.ambafrance-rsa.org/

Elisabeth Barbier, Franse ambassadeur in Suid-Afrika Foto: http://www.ambafrance-rsa.org/

Elisabeth Barbier, die Franse ambassadeur in Suid-Afrika, het in ʼn gesprek met die VF Plus haar kommer uitgespreek oor die ‘rigting’ wat die ANC-regering inslaan en sê hulle voel nie ‘gemaklik’ oor Franse beleggings in Suid-Afrika nie.

Anton Alberts, woordvoerder van die VF Plus, het gesê hy en Barbier het oor die ANC-regering se reeks wetsontwerpe oor onteiening en belegging gesels en sy het laat blyk dat dit die Franse regering bekommer en dat hulle die situasie dophou om te sien hoe dit ontwikkel.

Barbier het bygevoeg die Franse regering is bekommerd oor die toekoms van Franse beleggings in Suid-Afrika.

Luidens ʼn artikel wat Vrydag in die Business Day verskyn het onder die opskrif ‘Barrage of new laws alarms US firms in SA’, word geskryf dat die Amerikaners oor dieselfde aspekte bekommerd is, het Alberts bygevoeg.

Volgens die artikel het die hoof van Amerika se Kamer van Koophandel in Suid-Afrika, Carol O’Brian, gesê hulle is bekommerd oor dieselfde wette, asook die voorgestelde wet rakende eiendom wat buitelanders in Suid-Afrika mag besit.

Die Kamer verteenwoordig sowat 250 van die sowat 600 Amerikaanse maatskappye in Suid-Afrika, insluitend General Electric en Google. Alberts sal aanstaande Woensdag die kwessie met Amerikaanse ambassadeur bespreek.

Alberts het gesê die ANC kry dit op hierdie manier weereens reg om ʼn eie doel te skop met sy ekonomiese beleid en hy gaan in die toekoms verantwoordelik wees om de facto-sanksies teen Suid-Afrika ingestel te kry weens disinvestering wat gaan plaasvind, veral as die onteienings- en beleggingswetsontwerpe wat tans in proses is, wette word.

“Dit sal seker die eerste keer sedert 1994 wees dat ʼn regering dit regkry om de facto sanksies teen homself in te stel deur beleggers weg te jaag weens amptelike beleid- en wette,” het hy gesê. “Ons gaan dalk terug na die jare van apartheid-isolasie weens ʼn ideologies-gedrewe regering wat eintlik beheer word deur die SAKP. Dit sou snaaks gewees het as dit nie so hartseer was nie. Baie onskuldige mense sal uiteindelik hul werk verloor weens disinvestering.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Asjas ·

Die buiteland het lekker druk toegepas destyds om van apartheid ontslae te raak. Gaan hulle dieselfde doen met die anc en al die praktyke wat hulle toe pas?

Philip Roets ·

Nee kyk, as ons in hierdie mooi land wil voorentoe gaan sal alle partye moet besluit om hande te vat en na mekaar te luister en dan te implimenteer wat tot voordeel van die land en sy mense is en nie om gewildheid na te jaag om stemme te kry nie.
As ek ‘n buitelander was, sal ek twee keer dink voordat ek enige beleggings in die RSA maak.

Philip Roets ·

Nee kyk, as ons in hierdie mooi land wil voorentoe gaan sal alle partye moet besluit om hande te vat en na mekaar te luister en dan te implimenteer wat tot voordeel van die land en sy mense is en nie om gewildheid na te jaag om stemme te kry nie.
As ek ‘n buitelander was, sal ek twee keer dink voordat ek enige beleggings in die RSA maak.

Hendrik ·

Die probleem indien al fie politieke partye handevat het die ANC nog steeds 62 persent van die stemme. So daar is geen kans in die parlement om enige verandering te maak. Die ANC lag vir die naiefwe oposisie partye. Waarom hulle daar opdaag weet ek ook nie. Die enigste manier is om die parlement te ontwrig soos die EFF.
Burgeregtegroepe soos Afriforum, Section 23, Outa, Right to know, VVK het baie meer impak as die parlement,opposisie in munisipaliteit ,

david ras ·

Genade tog—-‘n mens soek ‘n stukkie intellek in hierdie ANC se beleid ! Adv. Alberts is reg oor ‘n party beheer deur die SAKP en die gevolge daarvan.
Herinner so ‘n bietjie aan iets wat ek gelees het oor sekere kommuniste se uitsprake in die vyftigs of iewers daar rond–Carneson en Bunting uiter die volgende onsinnige eis:
“we Communists are peaceful people. We do not want war. But if the government does not hand over power immediately, we wil have to start a war. But we will not be guilty of starting a war, because e are peaceful people”
As mens DIT kan verstaan, sal die ANC se beleid seker ook sin maak !

Drieks ·

As almal wat omgee net aansluit by burgeregtegroepe soos genoem bo. Ek glo saam kan ons meer doen..

Phillip Fourie ·

Hoe gouer ons besef dat daar geen toekoms bestaan om met die ANC saam te werk nie, hoe beter sal ons die toekoms tegemoet kan gaan. Ongelukkig moet die landsgrense opnuut verander word om die land te red van algehele verwoesting.

jacques ·

Vergeet maar daarvan dat hulle ons oot sal help,hulle is eintlik maar net bekomer oor hulle belegings.Ons mense bestaan nie meer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.