Frankryk gaan Rugbywêreldbeker aanbied

Argieffoto

Frankryk is Woensdagmiddag in Dublin ietwat onverwags aangewys as die gasheerland vir rugby se 2023-Wêreldbekertoernooi.

Die Franse het die stemming oortuigend gewen nadat dit twee weke gelede bekend gemaak is dat die Wêreldrugbyraad eenparig besluit het om Suid-Afrika aan te beveel as die gasheerland vir 2023 se Wêreldbekertoernooi.

Daar was Woensdag nie met die eerste stemming ʼn volslae wenner nie. Om aangewys te word, moes ʼn land 20 stemme kry. Frankryk het in die “eerste ronde” 18 stemme gekry, Suid-Afrika 13 en Ierland 8, met laasgenoemde wat daardeur uitgeskakel is.

In die tweede en finale stemming het Frankryk ses van die stemme gekry wat in die eerste ronde ten gunste van Ierland uitgebring is en Suid-Afrika net twee. Frankryk het dus met 24 stemme teenoor 15 sy tweede Wêreldbekertoernooi 16 jaar ná 2007 se toernooi verseker.

Die evaluering van die gedetailleerde bodvoorleggings is gelei deur ʼn span van Wêreldrugby en eksterne kenners. Daar is onder meer gekyk na infrastruktuur, politieke en ekonomiese stabiliteit en ʼn finansieringsmodel voordat Suid-Afrika as ʼn aanbevole gasheerland aangewys is.

Dit het tot groot ontevredenheid in Ierland en Frankryk gelei wat onder meer die hoë misdaadsyfer in Suid-Afrika genoem het as ʼn rede waarom húlle verkies moes word.

Sedert 30 Oktober is daar toe intensief deur hierdie twee lande gekoukus en ʼn mens het die indruk gekry dat die Iere, ondanks kleinerige stadia, Suid-Afrika se vernaamste teenstander met die finale stemming Woensdag sou wees.

Suid-Afrika het ná hierdie terugslag met slegs een uit vyf suksesvolle aanbiedings geslaag. Dit was in 1995.

Daarna het sy bod vir die 2011-, 2015- en 2019-toernooie ook tekort geskiet en is dit aan onderskeidelik Nieu-Seeland, Engeland en Japan, en nou aan Frankryk, toegeken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Eish ·

Ek wonder nou of my eposse aan van die oorsese rugbyunies iets daarmee te doen gehad het?
Ek het net die misdaad situasie verduidelik en gesê hul moet n genoegsame vooraad swart toeritssakke saambring want paar van hul sal in die vragruim van die vliegtuie terugkeer.

Eish! Ook maar bang nè!

Boksom ·

Dink daar’s duisende gestuur.

Ek’t gevra dat Ierland dit moet kry. Te veel terreur in Frankryk

Kosie Kramer ·

Dis goed. Dis `n plettervat wat ons (hopelik) bietjie terugbring aarde toe. Weens al die politiek in sport tans, en die feit dat goeie spelers soos Heinrich Brussow en Adriaan Strauss in die verlede erg benadeel is weens provinsialisme onder afrigters soos Heineke Meyer, stel ek nie meer belang in rugby nie. (Ek moet darem erken dat ek so verarm het dat ek nie meer `n TV het nie.) Cyril Ramaphosa kla oor wittes se ikone, maar wou ons heuning om die mond smeer met rugby.

Boerseun ·

Heynike Meyer , rerig? Verduidelik wie van die bulle het kastig in daai spelers se plek gespeel.

Niklaas ·

Nou hoekom is ek nie juis hartseer nie ? Sou ons land wat tans erg so agteruit gaan , dit teen daardie tyd suksesvol sonder korrupsie en misdaad probleme kon aanbied ? Nee ek twyfel. Baie rooi gesigte is so verhoed…..

Jan ·

SA Rugbypubliek bedank vir Coetzee vir sy besonderse bydrae in SA rugby wat getel het in die besluit tov Wêreldbeker

Rynoster ·

Ag lekker man. Miskien het die Plaasmoorde optog tog n uitwerking gehad. Ek is bly om te sien die res van die wereld is nie so onnosel om n worldcup aan SA toe te staan nie. Ek kan nie sien hoe daar enigsins in die toekoms ooit weer een hier aangebied sal word nie. Een van die evaluerings punte is egter “Politieke en ekonomiese stabiliteit”, en met ons land wat op die afdraende pad is en die EFF wat die blankes wil uitroei, is die kanse nul.
Lekker Frankryk. ek drink sommer n dop op julle vanaand.

kat ·

Groot is my vreugde!!!!!!!!!!!! Die mense het begin oplees oor SA en agtergekom dit is nie die aangewese land met al die moorde en korrupsie nie!!!
Mooi man!
Geluk Frankryk!!!!

JO ·

Yes Kat – I wonder how long Z and his co-mamps thought the world would not notice the genocide!!!

Gatvol ·

So bly die wereld begin tot n ander insig kom. Geld koop nie alles nie. Handelsmerk van Afrika. Baie geluk aan Frankryk. Ek weet hulle kan dit weer laat gebeur.

PJ ·

Geluk Frankryk soos dai Nederlandse toeriste gesè het as jy S.A. besoek moet jy vir jouself n pantser voertuig aanskaf

Stephen Namibia ·

Wonderlike nuus! Laat dit vir die arrogante lamsak SA Regering n les wees. Met die stygende misdaad syfers is dit nie n verrassing nie.

LR ·

Dit moes verwag word. Hulle sou dit in elk geval nie aan n kleptokrasie toeken nie, die risiko is net te groot want hulle weet nie wat sal die situasie in 2021 in SA wees nie.

Chris ·

Die Franse praat van ons misdaad rekords en korrupte regering. Wonder net hoe gaan hul toernooi aanbied met al die “onwettiges en insypelaars” in hul land, die selfmoordlustige lorriedrywers en die stadiumbomplanters. Die ideale terreur venster vir almal om te sien en te ervaar.

Ouman ·

Ons het ongeveer 50 terreuraanvalle per dag in SA. Dan is daar ook nog onsekerheid oor wat die toestande in hierdie tipiese Afrika land gaan wees in 2023. Dit moet ‘n les wees vir almal die wereld skuld ons niks. Dink 1995 was ook maar net ‘n troosprys

Rupert Ashford ·

Waar woorde Chris. Europa mag dalk ook ‘n hool wees teen daardie tyd maar let wel “mag”. SA is reeds een…ongelukkig. Die Franse wetstoepassing is ook ongenaakbaar en ten spyte van die politici wat hulle ondermyn, jag die veiligheidsmagte die terroriste en misdadigers. In SA is die polisie “minder effektief” daarmee.

Vierkleur ·

Jippieee !!!!

Land van annargie, moord, misdaad, verkragtings, ens. verdien dit nie !!!

Jippieee !!!!

Stephanus ·

Misdaad, korrupsie en swak rugby weens kwotastelsel is die oorsaak!!!

Coenie ·

Dis enersyds jammer, andersyds verstaan ek hoekom die meeste kommentators hier eintlik bly is dat Suid-Afrika uitgestem is. Jan het tereg aangedui vir wie die Franse moet bedank.

janneman ·

Geen normale sport in n abnormale land nie!

Nou waar het ek dit vantevore gehoor…………………….

Marinda ·

Goeie nuus. Baie bly vir Frankryk. Ons land kan dit in elk geval nie bekostig nie. Nie met alles wat hier aan gaan nie.
Lag te lekker vir van die kommentaar.

ChrisE ·

Dit was te wagte. Ongelukkig kan die regime en die se meelopers nie die verlies van inkomste wat die geleentheid kon genereer verreken nie. Kyk ook na die SA afvaardiging wat daar was. Dit spreek boekdele.

Niel Mare ·

Die uitdrukking : algaande leert men , is so waar . Ons rugbyvriende in die wereld se oe gaan nou oop .. Danksy ons bekwame regering . Danie Craven het soveel aansien in rugbylande gehad , dat hy by talle geleenthede sy rugbyvriende kon oorhaal om hier te kom speel . Nou staan ons alleen en die keiser is kaal .

JohanC ·

Dis n bedekte seen dat Frankryk die wéreldbeker toernooi in 2023 gekry het.
Die springbokke sou in elk geval weer soveel skande gemaak het want solank politiek soveel sé het oor die kies van n springbokspan sal ons nooit weer kompeterend wees nie en met ons misdaad in hierdie land wat buite beheer is sal die besoekers ook nie hulle lewens veilig wees nie

dries ·

Ek wonder hoe gaan ons land lyk in 2023. Ek dink dit is waarna hulle gekyk het. Ons al die pad afdraande.

DB ·

Laat dit so wees solank ons die land is wat nie sy sterkste spanne kies nie.

HV678 ·

Alhoewel ek ‘n paar wedstryde sal wou gaan kyk het, is dit vir die beste. Suid Afrika is nie veilig vir toeriste nie. Hulle is maklike teikens vir die misdadigers. Kyk maar net wat gebeur het met die Nederlandse toergroep en die Singapoor trou paartjie. Ons land is nie veilig nie. Punt. Daardie arme oorsee ondersteuners sou beroof en aangeval gewees het, en dit sou net tot NOG meer negatiewe kommentaar lei en NOG verdere potensiele toeriste wegdryf.

SjN ·

Proudly sponsored by ANC , baie dankbaar die bod het misluk, almal is nie morone nie, n klap in hul gesigte

Chris Ws ·

Geluk Frankryk! Nou moet julle die bokke Saterdag net nog ‘n rugby les leer!!

Awie Opperman ·

Nogal interessant dat die hele wêreld omtrent ‘n bydrae gemaak het om hierdie regering tot stand te bring, maar nou te bang is om hierheen te reis vir 6 weke. Duidelik is ons lewens minder belangrik as hulle lewens. Kom kuier en kom sien die “droom” wat julle help bewerkstellig het.

Paul ·

Wie onthou nog die gewilde slagspreuk so 25 jaar gelede: “There can’t be normal sport in an abnormal society”! Die wiel draai stadig maar seker!

Nico ·

Nou is die Protea rugby se kanse om te kwalifiseer as gasheerland soos met 2010 ook daarmee heen. Baie geluk aan Frankryk, ons bolanders se kultuurland, julle verdien dit want in 2023 is die tussen ons gaping nog groter..

Callie ·

Gelukkig. Bokspan het nie gemaak tot 2019 nie. SA gaan dit nie maak tot 2023 nie

Gatvol ·

Nou hoekom het die vier menere nie vanmiddag op DSTV die werklike redes bespreek hoekom SA se bod misluk het nie?? Soek allerhande ander verskonings en kom nie by d waarheid uit nie! Niemand is só blind soos dié eat nie wíl sien en hoor nie! Geluk Frankryk!

Johanna Botha ·

Misdaad neem net toe jaar op jaar so hulle het seker besef en somme gemaak van hoe die misdaad in 2023 sal lyk …..

Francois ·

Baie geluk aan Frankryk. So ontsettend bly dat dit nie aan SA toegeken is nie. Dit sou net petrol op die vuur van die regering en die ander vraatsugtiges gewees het wat alreeds so vetgevreet is aan al die vergrype in die land.
Dit sou ook goedkeuring aan politieke inmenging in sport en toepassing van kwotastelsels gegee het wat heeltemal sou indruis met die stipulering van die IRR se stipulasies.

Johannes ·

Ek kan nie meer met jou saam stem nie Francois ek glo SA Rugby het hulle siel aan die
duiwel ( regering ) verkoop om deel te neem aan die bod. Eks vas oortuig dat hulle die regering n 100 persent getransformeerde span beloof het.

Herman Goosen ·

So goed om te hoor nie eens politiese korrektheid kon hierdie onbevoegde lomp regering se aansien red nie. Tragies dat die IRB nie die moed het om SA rugby aan te vat oor die onreg en wanbestuur van goeie talent nie. Uiteindelik is ons vir ons eie geregtigheid verantwoordelik, en moet ons opstaan en veg met die pen en mond om vir onsself op te staan. Die internasionale gemeenskap sal slegs reageer as die druk hard genoeg toegepas word.

WEG MET DISKRIMINERENDE POLITIEK IN SPORT!!

Henk ·

En so kry ons toe nou NIE die 2023 Wereldbeker Rugby toernooi nie. En daar kan seker baie gedebateer word oor die aangeleentheid. En dit is seker maar jammer dat ons dit nie gekry het nie. Maar een ding het ek op die hart en ek moet die se: SA Rugby en sy “teleurgestelde ghuru’s – weet julle nou hoe dit voel wanneer julle ons land se eie “klein unies” soos die Pumas, Griffons, Bulldogs, NoordWes, Griekwas en dies meer oor die afgelope 30 tot 40 jaar so lekker in die bek geskop het met julle agterbaksheid en sameswerings daar in julle “heiligdom”?

Anoniem ·

Ek dink dit is n goed dat Frankryk die wereld beker kan aanbied. Wie wil tog nou in n land waar toeriste beroof word, die moord syfer hoog is en wit mense gehaat word en die bokke swak rugby speel kom. As ek n toeris is sal ek glad nie na Suid Afrika kom nie net omdat die wittes so gehaat word, maar die witman se geld is goed.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.