Frankryk help ontsoutingsaanleg in Wes-Kaap finansier

Argieffoto: Stad Kaapstad

Nicolas Hulot, die Franse minister vir ekologie, het Maandag bekendgemaak dat Frankryk die eerste sonkragaangedrewe-ontsoutingsaanleg in die Wes-Kaap gedeeltelik sal finansier.

Dié aanleg sal in Witsand wat onder die Hesseque-munisipaliteit val, geleë wees.

Die finansiering vir die aanleg, sowat R8,6 miljoen, word deur Frankryk en die Wes-Kaapse regering gedeel.

Hulot het by die Wes-Kaapse regeringskantore gesê dat die aanleg ʼn model sal wees wat later in Frankryk en Suid-Afrika gebruik sal word.

Hulot meen Frankryk word deur dieselfde uitdagings in die gesig gestaar in terme van die gebruik van fossielbrandstowwe vir die laai van batterye wat tradisioneel gebruik word om ontsoutingsprojekte aan te dryf.

“Ons het dieselfde uitdaging in Frankryk. Ontsouting is een van die oplossings, maar dit kom teen ʼn prys. Jy sal globale verhitting verhoog as jy water drink wat geproduseer is deur fossielbrandstowwe te gebruik.”

Patrice Boyer, die projekbestuurder, het gesê die aanleg sal teen Oktober operasioneel wees en water in ʼn bestaande reservoir in Hessequa inpomp. Volgens Boyer is Hesseque gekies as ʼn toetsterrein as gevolg van die bestaande infrastruktuur.

Die aanleg sal volgens Boyer outomaties aan- en afskakel afhangend van die beskikbare sonlig en ʼn gemiddelde hoeveelheid van 100 kiloliter drinkbare water per dag produseer.

Die tegnologie vir die aanleg word deur Mascara, ʼn Franse watermaatskappy, vervaardig en gebruik omgekeerde osmose vir die ontsouting.

Die eerste aanleg wat van dié tegnologie gebruik gemaak het, is in 2016 in Abu Dhabi van stapel gestuur. Nog een is in die pyplyn vir die Bora-Bora-eiland en ses is reeds operasioneel in Mosambiek se Gaza-provinsie.

Volgens Boyer is daar ook planne vir ʼn soortgelyke aanleg om in die Kaap-Verde gebou te word.

Damvlakke in die Wes-Kaap het volgens inligting tot 50% gestyg, maar volgens Wes-Kaapse owerhede kan die droogte nog nie as iets van die verlede geag word nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Nico ·

Dit is jammer dat SA nie bereid is om die beste goedkoop ontsoutings tegnologie ter wêreld by die Israelis te bekom nie. Hulle help graag. Israel ontsout miljoene liter seewater uit die Middellandse see en voer selfs vars water uit. Nou poer poer ons aan met ou duur tegnologie. Eish , dom verby !!!

Anoniem ·

Net oor politiese redes…Israel het aangebied – nogal twee keer- om dit gratis the doen

Mariska Meyer ·

Nico, ek stem met jou saam. Dit is op skinkbord aangebied vir SA. Dit is tog wyd bekend hoe vêr voor die Israeli’s is tegnologies gewys. Kon net n aanwins vir ons land se waterprobleem gewees het.

Danie ·

Wel hoeveel van die geld gaan reg bestte word en hoe lank gaan dit bedryf word sonder dat daar enige korupsie betrokke gaan wees.

volla ·

8,6 miljoen klink nie vir my baie vir ‘n projek van die omvang nie. Genade, ‘n redelike weelderige huis kos daai prys.

realis ·

R8.6 miljoen vir ‘n aanleg wat 100 kiloliter water per dag voorsien.
n’ Gewone huishouding gebruik sowat 25 kiloliter per maand.
Iewers ruik iets nie lekker nie.

André ·

100 kiloliter per dag? Dis 100 kubieke meter. Dis rêrig nie veel nie.

corne ·

Kaapstad se water raak klaar kaapstad water dag zero dit is om van te skree.Gaan kyk biedjie hoefeel ander plekke is droeer as kaapstad.PE is tans op 50L per person per dag en kla hulle heele tyd nee. dit is maar net een voorbeeld.Kaapstad kla net omdat hulle aandag soek en ek ruik n rot iemand gaan baie baie geld maak uit die ontsoutings aanleg hou maar dop.

bgj van der westhuizen ·

almal vergeet dat kaapstad n rede moet he vir die duur water wat net aan die een kant van die stad gevra word en die water word net betaal deur die ou wit areas dis hulle moet n verskoning he om ons te melk en daar moet ook gevra word wie word agter af weer betaal

Wondermaarnet ·

Is daar ‘n eerlike persoon wat gaan toesien dat die geld wel aangewend word vir slegs die aanleg? Hier in SA kry geld vinnig voete en daardie voete verander in duur wiele waarmee die kaders rondry om te kyk of die werk gedoen word.

jaco ·

Vreemd dat WIT mense van ‘n WIT land wat oë toegemaak het oor apartheid, goed genoeg is vir die ontsoutingsaanleg, maar toe ‘n plaaslike wit entrepreneur so ‘n jaar gelede a planne voorgelê het vir’ n groot goedkoop ontsoutingsaanleg, is hy summier nogal deur die DA afgeskiet omdat sy besigheid te min regstellende aksie en BEE het.

IK ·

Pragtig! Ek vertrou dat die plaaslike bevolking se kundigheid gebruik sal word soos vereis deur die ANC. Die kwessie van ‘if you show me I can do it’.

Waarom ·

1) Waarom is daar nog nie met so ‘n ontsoutingsaanleg begin nie? Is daar nie gesé dat dit in proses is nie?
2) Is R8,6 miljoen genoeg om so iets te finansier?
3) Is 100 kiloliter drinkbare water per dag genoeg om in Kaapstad se behoeftes te voorsien?
Seeing, is believing!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.