Die Franschhoek-veldbrand wat sedert Maandag in die Kaapse Wynland woed, het reeds ongeveer 6 800 hektaar se plantegroei verwoes.
Volgens Jo-Anne Otto, adjunkdirekteur van kommunikasie by die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit, het die munisipaliteit se brandweerdienste, CapeNature en Wynland BBV, goeie vordering gemaak om die brand in die Franschhoekberge te beheer.
“Die warm weer gedurende die nag het veroorsaak dat die brand in die Assegaaibos-area versprei het na die digte plantegroei. Die digte plantegroei het probleme vir die brandbestryders veroorsaak, maar die spanne het goeie vordering gemaak en die brand in hierdie area beweeg tans weg van die bebosde areas.”
Otto het gesê die brand in die hoër, minder toeganklike gebiede word vir vandag geprioritiseer, aangesien dit steeds buite beheer woed. “Hierdie brande is die oorblyfsels van die oorspronklike brandlyn, maar die hoë kranse en ruwe terrein maak dit moeilik om dit te bereik.
“Daar is gebiede waar die brande vir die afgelope 24uur reeds as ‘koud’ verklaar kan word; dit beteken egter bloot dat daar nie vlamme is nie. Spanne hou hierdie plekke fyn dop sodat enige opvlammings vinnig geblus kan word.”
Daar is vandag 170 brandbestryders en grondpersoneel, 14 voertuie en twee helikopters, het Otto gesê. Die helikopters sal onder meer spesifiek aandag gee aan die hoër gebiede.
Die Franschhoekpas is oop vir verkeer. Die branddienste het nietemin versoek dat die publiek nie die geaffekteerde gebiede besoek nie.
Die bestuurspan het die gemeenskap van Franschhoek bedank vir die ongelooflike ondersteuning in die vorm van kos, water, toerusting en mannekrag.
Die Wes-kaap loop erg onder brande deur hierdie somer. Toegegee, dit is droog en ‘n winterreënval streek, maar ander jare gaan dit nie so erg nie. Selfs geboue in die moederstad loop deur.
Kan dit deel wees van die ANC se plan om stemme daar te werf?
Helen Zille het ook al gemeld dat daar tè veel brande in die Wes-Kaap uitbreek die laaste tyd……Dis my nederig opinie ook…
Dis baie eienaardig dat daar hoofsaaklik in die Wes-Kaap brande uitbreek gemiddeld elke 10 dae. Ja, dis droog, maar dit is soms ook droog in ander gebiede van die land waar ons nie hoor dat so baie brande “uitbreek” nie – tensy dit net nie in die pers verskyn nie?
Die Wes-Kaap kan nou amper gesien word as ‘n provinsie wat sy eie “Ring of Fire” het want dit het nou letterlik rondom Kaapstad, Paarl. Tafelberg self, Kogelbaai, Pringlebaai Bettiesbaai, Kleinmond, Hermanus, nou Franschhoek, ens. gebrand
Al rondom Kaapstad. . . . . . .
Martin, James, Lance, Mark, Nicky, julle is ysters! Dankie …ook aan die gemeenskap vir al die heerlike eetgoed en water wat juk vir die pilots aandra