Franschhoek-brand in bedwang

Foto: Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit

Die Franschhoek-veldbrand wat sedert Maandag in die Kaapse Wynland woed, is onder beheer gebring.

Volgens Jo-Anne Otto, adjunkdirekteur van kommunikasie by die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit, het die munisipaliteit se brandweerdienste, CapeNature en Wynland BBV, se brandspanne gister onophoudelik met die ondersteuning van vier helikopters geveg om die brand onder beheer te bring.

“Dié sukses beteken dat die demobilisasieskedule nou ingestel kan word,” het Otto gesê, maar bygevoeg dat ʼn brand eers as geblus beskou kan word wanneer dit vir ʼn tydperk van 48 uur heeltemal “koud” is.

Ondanks dié vordering is daar twee faktore wat kommer wek. “Die eerste is ʼn kouefront wat deur ʼn noordwestelike wind gedryf word en die potensiaal het om kole wat nog nie heeltemal koud is nie, weer aan te stook en moontlike opvlammings te veroorsaak.”

Otto het gesê die ander faktor is die brandlyn wat oor die berge na die High Noon-gebied toe beweeg het. “Dít is die gedeelte wat in die hoë kranse gebrand het en wat operasies beperk en vordering belemmer.”

Volgens Otto sal 60 brandbestryders en grondspanne Sondag met twee helikopters na die gebied geneem word. “Dit neem egter heelwat tyd aangesien die helikopters slegs vyf passasiers per vlug kan neem.”

Daar is tans 75 brandbestryders en grondpersoneel, ondersteun deur nege brandweervoertuie en twee helikopters. Otto het gesê die voorvalbestuursentrum sal operasioneel bly vir minstens die volgende 24 uur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Maritz ·

Maar die groot vraag is, gaan die brandstigters in bedwang gebring kan word?

Erika ·

Ek wil net eending weet……
HOEKOM ALTYD INDIE KAAP DIE BRANDE???
Nooit in Limpopo of Gauteng nie!! Laat mens dink nê!!!!
Wens hierdie mense kan gevang word wat brandstigters is….

richard bold ·

Die DA behoort pro-aktief op te tree deur n GROOT beloning aan te bied vir die inhegtenis neming van brand stigters wat sekerlik binne ANC en EFF geledere gevind sal word.
DA word wakker julle is naief en ondoeltreffend in hierdie saak. Enige in die privaat sektor wat die inisiatief wil neem?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.